advertisement
Question
Posted by: ciska | 2004/01/23

2 vrae

Hi doc,

Ek het 2 vrae wat ek graag vir doc wil vrae. Ek hoop regtig doc kan my help.

1) Onthou doc nog dat doc 'n rukkie terug aan my gesê het dat ek dalk 'n maag probleem kan hê. Die afgelope tyd werk my maag om een of ander rede, maar ek voel 100% reg. Dis nie asof ek naar of sleg voel nie. Ek eet nogsteeds als wat 'n mens kan en moet eet, maar my maag bly werk. Dit was het donderdag laas week begin. Gister was my maag reg, maar toe drink ek 'n blikkie coke. Toe begin my maag vreeslik te swel, ek dink dis dalk die gas, en van daar af is dit nou weer niks lekker nie. Ek is tans van die pil af omtrent 2 weke al en die gynae doc sê dit kan dalk wees omdat ek die pil gelos het. As ek baie water drink, dan kramp hy meer. Ek drink die afgelope tyd al amper 2 liter water 'n dag. As my maag so is kan ek glad nie water drink nie. Dit vererger die situasie. Ander kere dan is ek weer hardlywig. Ek verstaan dit nie.

2) My ma het osteopirose en osteoartritis. Sy is al baie geopereer, maar loop nog soos 'n normale mens, maar as dit koud is het sy nogal pyne in haar bene. Toe sy vir die eerste keer met dit gediagnoseer is, het sy vir haar dokter gevra of dit oorerflik is en hy dit gesê dat dit nie is nie. Die afgelope 3 weke omtrent sukkel ek met my linker knie. Hy pyn soms en bly knak. Ek het van skooldae af partykeer krampe in my bene en veral skouers gekry. As ek dit in my skouers kry, raak my arm so lam. Dit voel amper soos wat hulle sê "groeipyne", maar dis baie seer. Dit voel of 'n hammer op my been geslaan word.

Ek het so pas aan nog iets gedink. Voor ek so baie water begin drink het, was my urine wit. NOu dat ek so baie water drink, is my urine goud geel. HOe op aarde kan dit wees? Is dit dan nie veronderstel om skoon te wees nie, want al die gifstowwe word nou uitgeskei.

Ek sal regtig bly wees as doc my kan help. Ek het altyd die eienaardigste simptome!

Baie dankie en 'n lekker naweek! :-)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ciska, dis moeilik om jou vrae te antwoord sonder om jou te kan ondersoek. Dit mag wees dat jy ‘n prikkelbare derm, galblaas probleme, ‘n derminfeksie of ‘n wanabsorbsie probleem het. Die probleem is dat ek nie regtig van die kant van die skerm kan sê watter een dit is nie. Die beste sal wees om jou dokter te vra.
Dit is te vroeg om te sê of die knie pyn as gevolg van artritis is. Jy kan probeer om ‘n anti-inflammatorikum vir ‘n week of so te drink, maar as dit nie beter word nie sal jy maar moet dokter toe gaan.
Die urien mag geel wees omdat jy ‘n multivitamien of iets drink. Maar jy is reg, gewoonlik word die uriene se kleur ligter as jy jou water inname verhoog. Sterkte en laat maar weet as jy nog vrae het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement