advertisement
Question
Posted by: Melanie | 2004/11/03

2 Kat-vrae

Ek het 'n kat 'geërf' nadat sy oorspronklike eienaars geïmmigreer het en hy by die vrou se suster opgeëindig het. Daar was reeds katte en hulle het hom vreeslik afgeknou. Sy kon weens finansiële redes nie meer na die kat omsien nie, en wou hom laat uitsit het, maar ek het gesê ek sal inneem.

My probleem is dat die kat vreeslik vreemd optree. Hy soek permanent aandag, en is onder mens se voete van jy in die huis inkom. Hy volg 'n mens orals waar jy gaan. As jy sit wil hy op jou skoot sit. As jy lê dan wil hy bo-op jou lê. 'n Mens kan nie eens na die badkamer toe gaan nie, dan wil hy saamgaan. As mens hom dan uitsluit, dan staan hy voor die deur en huil totdat mens vir hom oopmaak.

Hy het ook 'n bisarre fasinasie met 'n mens se voete, en wil heeltyd teen dit vryf of lek. Ons kry hom ook nie afgeleer om die kaste en kombuistoonbank of mikrogolfoond te spring nie. Hy klim ook gereeld in 'n kas as die deur oopgemaak word.

Ek het nou al 'n hele paar keer per ongeluk op hom getrap, en het al self 'n ongeluk of drie gehad na ek oor hom geval het. Ek is net bang een of albei van ons doen 'n ernstige besering op as dit so aangaan.

Is daar enigeiets wat 'n mens kan doen om hom van hierdie maniertjies te laat afsien?

My tweede vraag: Die afgelope week is sy vliesies so halfpad oor sy oë die heeltyd. Hy is redelik lusteloos in vergelyking met sy normale gedrag. Hy nies ook so af en toe. Ek het gekyk, maar ek sien geen vreemde askeidings by sy oë, ore of neus nie. Hy eet ook minder as normaalweg, maar drink baie water.

Moet ek hom veearts toe neem? (Hy het al sy inspuitings gehad toe hy nog klein was.)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Ek sal vraag 2 antwoord, die eerste vraag is vir Karen, ons gedragskundige. Die simptome is maar die van virus verkoue (ook genoem snuffels). In volwasse katte is dit gewoonlik relatief lig en addisionele behandeling (soos antibiotika en koorsweerders) is gewoonlik nie nodig nie. Net soos mense herstel dit gwoonlik binne 'n week. As dit erger word mag veterinere hulp nodig word.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: jojo | 2004/11/07

My kat het dieselfde simtome gehad as joune ( die ogies) en die gevolgtrekking was dat sy niere verklein en hard geword het. vat hom veearts toe dalk probeer hy vir jou se dat daar iets fout is met hom en dit is hoekom hy so vreemd optree. Sterkte

Reply to jojo
Posted by: Chill | 2004/11/03

Ek kan nie juis baie help met die gedragsprobleme nie, anders as om te se dit klink vir my die kat is baie 'honger' vir aandag... maar die storie met die oogvliesies klink vir my nie lekker nie, veral omdat dit gepaar gaan met 'n verminderde eetlus. Dis mootllik dat die kat siek is - ek sou se dis verstandig om hom veearts toe te vat vir 'n ondersoek.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement