advertisement
Question
Posted by: M&M | 2004/10/27

2 jarige seun klou vas aan doeklap

My 2 jarige seun is by 'n dagmoeder - ek werk. Hy sukkel baie met tande kry en met adenoids (mangels en keelseer). Hy dra gedurig sy lappie rond ('n doek). By die huis is dit nie so erg nie, maar die dagmoeder is bekommerd daaroor want hy val aanmekaar daaroor. Hy gebruik die lappie vir sy gums wat so seer is - vryf dit teen sy gums. Moet ek nou al probeer om die lappie af te vat by hom? Die dagmoeder het al probeer om dit weg te vat, want sy is bang hy val - maar hy skree dan ontsettend baie daarvoor. Hy was nog nooit op die dummy nie en is al lankal van die bottel af - dis net die lappie waaraan hy so klou. By my huis gebruik hy dit net vir sy gums, slaap daarmee en hou daarvan om dit vas te hou as hy iets drink uit sy beker.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Hello M&M,
Well, our experienced online moms have made some useful suggestions here ! Personally, I'd be quite strongly against trying to remove his lappie, for several good reasons. The lappie right now is being helpful to make his sore gums feel better, but it also sounds very much like what we shrinks call a "Transitional Object". Without going into needless technical details, it is very frequently a normal part of normal development, for a child to pick an object ; often a blanket or other piece of cloth, or a teddy or other soft toy ; and they use this to mediate between the security of being with mom ( like mamma's daughter who uses a satyn nagrok which smells a little of mom ) and the frightening big world out there --- it's what the Americans sometimes call a Security Blanket. It's like a comforting symbol of Mom, Home and Safety, which he can carry with him, to bring him comfort out there. Its an important aid towards growing self-confident enough to venture liut there along. And it gets used when liteally going out ( like to nursery school or visiting others ) and when going to sleep, or when things get a bit upsetting.
There is no known benefit to taking it away from a child, and many benefits to leaving it alone. OK, one sometimes runs into a snag on the issue of cleaning it. I suspect that the way it feels is important, and also the way it smells, so there can be considerable resistance when you want to pop it in the washing machine ! And they don't often accept substitutes ! Sometimes you can, with care, arrange for him to accept a primary Object and a spare, to use when number one is being washed.
But sometimes it's like a dog. You wash him sparkling clean, and then he promptly runs off to roll on the grass and try to recapture what for him feels like his natural smell.
The Day Mother seems to be over-reacting ---I agree with Lucia here. Don't kids without a lappie or doekie fall over every day at her place ? Falling down is one of the things kids do, and they're quite skilled at it, and rarely come to harm by it.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: lulu | 2004/10/27

Ek stem saam, die dagmoeder moet ook relax. As hy agterkom die lappie laat hom struikel, sal hy self plan maak daarmee. Dis nie vir haar om te besluit nie.

My seun het 'n trui van my so rondgedra oral. Ek moes die trui eers aantrek vir 'n rukkie nadat hy gewas is "sodat hy soos 'n stukkie van my Mamma word"... Ek het eintlik half gevlei gevoel omdat die kind 'n stukkie van my heeltyd by hom wil hê, eerder as bekommerd.

Jou seuntjie is doodnormaal. Moenie dat ander vir jou voorskryf hoe hy moet ontwikkel nie. Daar skort niks met hom nie.

Sterkte!

Reply to lulu
Posted by: Bull | 2004/10/27

Ag nee, jy worrie verniet!!!!!

My man het 'n "liefiekombers" gehad tot hy omtrent 10 jaar oud was. Dit was so erg dat as sy ma die kombers gewas het, het hy voor daardie wasmasjien gesit totdat sy liefiekombers klaar gewas is. Wel, vandag is hy 'n geleerde man, sosiaal aanvaarbaar en 'n wonderlike man en pa vir sy kinders. So, die "liefiekombers" het hom glad-nie benadeel nie.

My suster se kind het weer 'n kombers waarvan die een punt al deur gevryf is. Die soom is ook al uit op daardie punt maar as sy vaak raak dan soek sy die puntjie. Een keer het sy die kombers by haar ouma vergeet en toe dink ouma dit goed om die puntjie se soom weer vas te werk. Was dit nou vir jou 'n ding toe sy die kombers terugkry en iemand het met haar puntjie gepeter. My suster was genoodsaak om daardie soom dadelik los te trek voor sy daardie nag kon slaap.

Sterkte en hou op worrie oor jou kind. Plaas hom in die Here se hande en op daardie manier sal jy hom groot kry.

Reply to Bull
Posted by: Lucia | 2004/10/27

Hi M&M

Soos Marconi_love se - dit is sy troostertjie en hoekom dit van hom af wegvat. Elke kind het maar sy/haar ou dingetjie wat hulle aan vas klou en ek sien niks daarmee verkeerd nie. Hierdie mannetjie is nou eers twee en dit is bitter klein om van hom te verwag om nou al sy troostertjie op te gee. Die dagmoeder se vrees dink ek is 'n bietjie "over the top". Hoeveel keer het hy al geval en seer gekry agv sy doekie wat hy rond dra ? Ek dink voordat julle die arme outjie se lewe upside down gooi, moet julle eers die voordele en die nadele van die doek teen mekaar opmeet en dink eerstens aan jou kind se gemoeds toestand voordat jy die ongegronde vrese van 'n dagmoeder in ag neem.

Reply to Lucia
Posted by: Mamma | 2004/10/27

My dogtertjie (2 jaar in Desember) het al van baie klein af 'n satyn nagrok van my waarmee sy altyd slaap. Sy vryf dit met haar handjies en streel haar gesiggie daarmee. Sy is ook mal oor die satyn 'labeltjies' agter in klere en vryf dit ook graag. Die rooi satyn nagrok is egter haar gunsteling en wanneer sy dit sien, lag sy sommer so 'n lekker laggie en koester dit teen haar lyfie! Sy het ook nog nooit 'n fopspeen gehad nie en drink nog bottel, maar is nie geheg daaraan nie. Ek bekommer my nie veel daaroor nie, want dit gee haar sekuriteit en wanneer ons op vreemde plekke oorslaap, voel sy nie bank nie, want sy het haar satynlap by haar. Ek stem saam dat 'n elke mens maar iets het wat vir hom sekuriteit gee en die groot ou wêreld is maar 'n skrikwekkende plek vir so 'n ou kleine kindjie - veral as mamma in die dag moet gaan werk en jy 'alleen' moet bly.

Reply to Mamma
Posted by: Q | 2004/10/27

So bietjie raad vir die tande, kry vir hom n botteltjie wisky, maak jou vinger punt nat en speer daai tand vleise, hy sal nie verslaaf raak daar aan nie maar dit sal sy tande vleise dood maak en dan sal hy nie die doek in sy mond hoef te druk nie, nog iets is koop vir hom sout biltong stukke(heel) om aan te kou sal sy tande help deur sny, as mes n baba hond bv been gee om te kou is daai tande een twee drie deur selle vir mense biltong is die in ding. Dan die mangels gedeelte jong die kans dat hy sinus kry en dit dan die mangels aantas is 100%, kry iets by die doc wat kan help om sy lugweg op te droog, n neus sproei of selestone dit sal sy mangels better maak en tien teen een het hy n bors probleem ook soos knaende kroep of nat slym hoes dis maar een groot kettang reaksie, eers die neus dan die mangels en dan die bors.

Oor sy doek moet ek saam stem met ML GOED GESE!!!!

Sterkte jong hoop die raad help!!!

Reply to Q
Posted by: marconi_love | 2004/10/27

Ons het almal so half n troostertjie wat ons aan vashou. Hy gebruik wel die lappie op die oomblik vir sy gums. Maar die feit dat hy met hom slaap is dit ook tot n mate sy troostertjie. My friendin se seuntjie is al 8 jaar oud en gaan slaap elke aand met n klein teddie wat lyk soos n jakkals. Hy noem dit ou foxy. En hy sal nooit sonder ou foxy gaan slaap. Sommige groot mense het hulle eie kombersie, en sal nooit sonder die kombersie of self sy eie kussing kan slaap. Persoonlik dink ek jou seuntjie heg baie waarde aan die doeklap. Maar gebruik dit dan ook om sy gums te vryf. Hoekom hou jy nie vir hom een doek uit of koop net van daardie exstra small doeke. Hou so 4 of 5 doeke apart maar wat heel wat kleiner is as die normale. Dan hou jy genoeg aan sodat hy elke dag n skoon doekie het om aan vas te hou. En as die doek kleiner is maar dieselfde dikte met die selfde gevoel sal hy dit nie so agter kom nie. En so is hy gelukkig met sy doeklap en jy is gelukkig hy sal nie sommer val nie. Alhoewel die kans is tog daar dat hy sal val.

As hy val is dit okey, dit is deel van groot word. Met die kleiner doeklap verminder jy net die kans. Maar ek dink nie dit is goed om die doeklap heel temal weg te neem nie. As hy bietjie grooter is gee hom n klein spesiale teddie om vas te hou. Miskien as jy hom so met die tyd laat begin slaap met n klein spesiale teddie sal hy die doek begin los.

Reply to marconi_love

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement