advertisement
Question
Posted by: Cornel (Smiley) | 2007/06/06

1962: Opvolg

Hi Dok. Baie baie dankie vir gister se raad.

Ek het gister-middag 'n nood afspraak by Internis gekry (dieselfde een wat my April behandel het en T.E.E. Prosedure aanbeveel het). Hy het nog ekstra bloedtoetse aangevra vir verskeie vreemde virusse, allergie toetse. Hy sal my skakel as daar iets is wat in die bloed wys.

Hy het iets interessants genoem wat ek nie geweet het nie, aangesien ek nog nie regtig na die T.E.E. met die Kardioloog gaan praat het nie: ek het nie 'n ASD nie, maar wel 'n ASA.

Wat beteken ASA? en wat gaan in die toekoms daarmee gebeur?

Wat vir my egter bietjie verwar is die medikasie wat ek gekry het vir my huidige simptome: ZANTAC en ATERAX. Ek het vanoggend sy kantore geskakel en gevra dat hy my terug skakel, want ek gooi op van die ZANTAC (dit is ongelooflik soet en maak my onmiddelik naar) en toe ek die pamflet lees kom ek agter dat dit vir Gastro-probleme is en my maag/binnegoed is op die oomblik fine! Ek het wel seker die ATERAX nodig omdat my nek styf en seer is (spanning?) maar waarom die ZANTAC? Ek het iedergeval gevra dat hul dit vir hom noem en dat hy 'n plaasvervanger voorskryf vir die ZANTAC. Iets wat verkieslik nie bruis nie.

Ek sal Dok op hoogte hou.

Nogmaals baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Dit staan vir Atriale septum aneurisme en is eintlik net 'n ander naam vir ASD lyk dit my.
(Atrial septal aneurysm has been defined as an abnormally redundant septum primum flap which extends at least halfway across the left atrium)

Hy het dalk iets opgetel wat deur verhoogde suur veroorsaak word, soos irritasie in die keel of longe - dis dalk waarvoor die Zantac is..
Aterax werk goed vir die spanning en is nie so verslawend soos kalmeer pille nie - ook een van die pille wat ek eerder voorskryf.

laat weet my wat se die bloedtoetse?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement