advertisement
Question
Posted by: Michelle | 2004/01/22

14 1/2 mnde seun skree vreeslik wanneer gaan werk

Goeie dag,
My 14 1/2 mnde seun skree elke oggend as ek werk toe gaan en in die middae ook as ek weer werk toe gaan na lunch. My bediende kyk na hom sedert hy 4 mnde oud is. My bediende is 26 jaar oud. Sy kyk ook na my 9 jaar oue dogter. Dit bekommer my dat my seun nou nog skree as ek gaan werk. Is dit normaal, moes hy nie nou al inge"settle" gewees het nie? My bediende, het ek al agter gekom is baie vergeetagtig en agterlosig, maar sy is saggeaard en hou baie van die kinders. Sy en my dogter kom goed oor die weg. Sy praat engels, maar haar engels is nie 100% nie - soms moet ek oor en oor 'n ding herhaal of vir haar wys - dis vir my 'n bietjie onverstaanbaar, want sy leer na-ure haar Standerd 8 (graad 10) wat in Engels is. Ek het 'n hele lys van goed wat ek vir haar gegee het wat sy moet doen of nie doen nie - sy maak ook my huis skoon, maar helfte van die tyd doen sy nie of vergeet om te doen wat ek vra. Ek het haar geleer hoe om wasgoed te was, ens. maar my blou handdoeke sal met wit kolle uitkom en my wit langbroek met swart kolle - al het ek vir haar gewys hoe om dit te was, dit vir haar neergeskryf, alles. As dit is hoe sy met my huis is, hoe is sy net nie met my seun nie? Ek weet nie of dit normaal is dat hy so verskriklik huil as ek gaan werk nie. Jare terug toe my dogter by 'n bediende gebly het, het my dogter gehuil as die bediende moes huis toe gaan - so ek het geweet my destydse bediende het goed na haar gekyk. Ek het aan die begin as ek by die huis gekom het baie vir haar voor die DSTV gekry sit, maar het hulle nou verbied om tv te kyk, want hulle stel aan die DSTV en videomasjien - dan het ons probleme om dit weer ingestel te kry. Die vorige mense by wie my bediende gewerk het, die vrou het baie oor haar gekla, maar haar 2 jarige dogtertjie was weer baie lief vir my bediende. As my seun by my is, kry hy glad nie brand boude nie, maar by my bediende kry hy brandboude. Ek dokter dit dan net naweke weer reg. Ek het vir haar gesê dat sy moet elke uur sy doek kyk, nou gaan dit darem beter. Laat weet my asb of dit normaal is dat my seuntjie so skree, want my vriendin dink dis nie normaal nie - sy sê hulle skree die 1ste week van die vreemdheid, maar daarna nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Dear Michelle,
I'm wondering who's the patient here ! I'm not experienced at solving problems with forgetful servants, but I dare say our other readers might be full of ideas. As for your son, it's significant that he cries, not when the bediende comes near him, but when you go away from him. Children at different ages, including this one, can get what we call Separation Anxiety, when they dont feel fully secure in themselves, when Mom goes away or out of sight. It's a nuisance, but it's usually a phase that passes.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Zeena | 2004/01/24

Ag dankie tog jy het ons boodskappe gelees!! Ek het my dood bekommer oor jou seuntjie! Iets was verkeerd, al vind jy nooit uit wat nie. Ja, laat hom liewer waar hy gelukkig is. Sterkte! Ma-wees is maar 'n moeilike taak.

Reply to Zeena
Posted by: Michelle | 2004/01/23

Hi, baie dankie vir julle raad. Ek het hom nou vir 2 dae by 'n dagmoeder gehad (almal se sy's baie goed). Ons bly op 'n klein dorpie so almal ken vir almal. Ek glo nie my bediende loop rond nie, ek gaan check so nou en dan onverwags en bel gereeld. My dogter is darem van 1h00 af by die huis. My seun het in die oggende geskree sodra ek hom gee vir die nuwe dagmoeder, maar as ek hom gaan haal in die middae - het hy NIKS geskree nie. Dis die 1ste keer wat ek by die huis kom en rustig kon aantrek, terwyl hy buite met die honde speel, want gewoonlik as ek by die huis gekom het, moes ek hom eers 'n uur lank vashou voor ek my werksklere kon uittrek. Ek gaan hom nou 3 dae in die week by die dagmoeder hou en kyk hoe gaan dit. Gewoonlik as ek by die huis gekom het is hy skreeuend honger, maar nou nie. Wat my ook heeltyd pla is dat hy dalk honger en dors ly by die bediende.

Reply to Michelle
Posted by: woman | 2004/01/23

Michelle

My baba het ook lank by my bediende gebly. Aanvanklik het dit vir my baie goed gewerk want dit het gelyk of hy mal is oor haar. Toe kom ek later agter sy sit meeste van die tyd voor die TV en hy moet homself maar entertain. Einde van die saak - ek het my kind na 'n dagmoeder naby my gevat wat baie min kinders het.
Ja, dit kan seperation anxiety wees - my kind is nou nog nie altyd happy om afgelaai te word nie, maar ek dink jou kind mis uit op bietjie stimulasie. My bediende het GEEN moeite gedoen om iets lekkers met hom te doen nie. Jou kind mis tien teen een die aandag wat jy vir hom naweke gee.
Een ding het ek geleer met die hele ding - om my gutfeeling te vertrou. As jy dink jou kind is ongelukkig, dan is hy. Kyk of jy nie ander reelings met hom kan maak nie - dalk is daar iemand in jou omgeweing wat na min kindertjies kyk. Hoor by jou plaaslike munisipaliteit se gesondheidsafdeling - die dagmoeders moet almal daar registreer.

sterkte. Om te werk en 'n kleintjie te he is nie 'n walk in the park nie.

Reply to woman
Posted by: Zeena | 2004/01/22

Michelle, ek hoop jy lees weer hier -- ek was self 'n ma en ek dink dis baie meer as "separation anxiety". Daardie bediende is nie betroubaar nie. As sy nie eens jou instruksies oor jou wasgoed kan of wil volg nie, hoe weet jy sy volg ENIGE instruksies oor jou kosbare kind??

Wie sê sy gaan nie weg om te kuier in die buurt, en los hom alleen nie? Wie sê hy ly nie dors of honger nie? Jy het mos geen idee wat aangaan as jy by die werk is nie! As jy bel, selfs al is sy tuis, gaan sy mos vir jou jok. Jou kind is desperaat ongelukkig, en ek dink jy moet dringend aandag gee aan die saak. Ondervra die bediende en oppas vir leuens -- sy gaan jou tog nie vertel sy verwaarloos jou kind nie! Trust your gut feelings. Sy kan hom afknou sonder dat jy dit weet, soos hare trek of knyp. As hy brandboudjies kry, is dit omdat sy nie sy doeke omruil nie ...

Ek glo glad nie dat sy "vergeetagtig" is nie -- daarvoor is sy te jonk. Ek dink sy is 'n slegte hulp en jy sal baie vinnig moet ondersoek instel. Ek ys as ek daaraan dink hoe ongelukkig jou hulpelose kind is. DOEN IETS en GOU OOK!!

Reply to Zeena
Posted by: Michelle | 2004/01/22

Thank you so much for your reply, I feel much better now, but at what age will my son's Separation Anxiety go away?? I thought about taking him to the creche for 3 half days in the week, but will this worsen his Separation Anxiety or will it be better? He loves playing with other children, he does not like playing alone.

Reply to Michelle

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement