advertisement
Question
Posted by: MMM | 2004/10/20

10jarige dogter konsentrasie probleem?

Hoe leer ek my 10 jarige dogter om meer bewus van haar omgewing en ander mense te wees. Sy't regtig 'n konsentrasie probleem en kan nie vooruit dink nie. Byvoorbeeld haar 2 jarige boetie sal voor in die kar sit en teen die deur leuen. Dan sal sy die deur oopruk en hy sal uitval omdat sy die deur oopgeruk het - sy kan nie vooruit sien wat sal gebeur as sy dit doen nie. Daar gebeur gedurig sulke klein dingetjies rondom haar - nie net met haar boetie nie. Ek weet sy's baie lief vir haar boetie, want as hy byv haar hare trek, sal sy net huil en niks verder doen nie, sy's baie erg oor hom en huil saam met hom as hy seerkry, sy hou nie daarvan as hy seerkry nie - so dis nie asof sy dit aspris doen nie. Sy is amper net soos 'n ongeluksvoel, want omdat sy nie oplet nie kom sy en ander mense rondom haar ook dinge oor. Hoe kry ek haar om meer op haar omgewing en ander mense te konsentreer?? Ek dink sy dink aan 'n klomp goed op 1 slag en konsentreer nie op wat sy doen op daai oomblik nie. Sy stap ook vreeslik hard in die huis, dan kan haar pa en die ander mense nie op hul studies konsentreer nie - mense kla hieroor omdat sy so hard stap, hard praat, nie konsentreer nie. Haar kamer is ook gedurig in 'n toestand, rommel en vuil klere word in die kaste gebondel tussen die skoon klere. Ek het vir haar gese sy moet net die huisreels gehoorsaam en luister wat ons grootmense se dan sal sy uit die moeilikheid uitbly. Hoe kan ek haar leer om vooruit te dink, te konsentreer wat sy op die oomblik doen en om ongelukke te vermy?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

See my previous answers ( check the Archive of this forum ) discussing concentration and study problems. You sound like an unusually good observer ( and mother ) ! Kids this age often do seem to lose their ability to concentrate, but, as you suggest, it;s often because they're suddenly trying to concentrate on many different things, rather than on the task in front of them. Much of what you're describing is annoying and frustrating, but really normal in a child of that age. alking with her may help, but dont expect a total transformation just yet !

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement