Share

Werkende ma's = hoër liggaamsmassa-indeks by kinders

Kinder-vetsugtigheid in die VSA het gedurende die afgelope drie dekades meer as verdriedubbel, en navorsing assosieer werkende ma's met kinders se liggaamsmassa-indeks (BMI), 'n maatstaf vir gewig volgens lengte.

'n Nuwe studie in 'n onlangse uitgawe van die joernaal Child Development het bevind dat kinders se BMI gestyg het in direkte verhouding met die aantal jare wat hul ma's gedurende hulle kinderjare gewerk het.

Navorsers het deursnee inligting van die Study of Early Child Care and Youth Development gebruik, wat deur die Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development (NICHD) geborg is.

Hulle het 900 kinders in Graad 3, 5 en 6, wat in 10 stede dwarsoor die land gewoon het, bestudeer.

Toename in vetsugtigheid

Die navorsers het bevind dat die totale aantal jare wat die ma's gewerk het 'n klein, maar kumulatiewe invloed op hulle kinders se BMI gehad het, iets wat met die verloop van tyd tot 'n toename in die waarskynlikheid van oorgewig of vetsugtigheid kan lei.

Die bevindings was die beduidendste by kinders in Graad 5 en 6. Verbasend genoeg kon veranderings in die kinders se fisieke aktiwiteit, tyd sonder toesig en tyd voor die TV nie die verbinding tussen die ma's se werkstatus en hulle kinders se BMI verklaar nie.

Redes vir bevindings onduidelik

Volgens die skrywers is één moontlike verklaring dat werkende ouers beperkte tyd vir kruideniersware-inkopies en voedselvoorbereiding het. Dit mag bydra tot 'n groter afhanklikheid van uiteet, of die eet van klaargemaakte kos wat neig om baie vet en kilojoules te bevat.

Aangesien meer as 70% van Amerikaanse ma's wat jong kinders het, werk, is dit duidelik dat hierdie families ondersteuning nodig het.

Na aanleiding van hulle bevindings doen die navorsers 'n oproep vir groter beskikbaarheid van bekostigbare, maklik bekombare, gesonde kos en die ondersteuning en opvoeding van werkende ouers oor strategieë oor hoe om voedsame maaltye te midde van 'n besige lewenstyl te voorsien.

"Omtrent 'n vyfde van Amerikaanse kinders word as vetsugtig beskou en vetsugtigheid gedurende 'n mens se kinderjare word geassosieer met gesondheid-, gedrag- en akademiese probleme in adolessensie en volwassenheid," sê die leier van die studie, Taryn W. Morrissey, assistent-professor in openbare administrasie en beleid by die American University.

"Gemeenskap- en skool-gebaseerde programme toon groot belofte vir die bevordering van gesonde gewigsvlakke deur inligting aan kinders en hulle families te verskaf oor voeding en oefening, asook oor hoe om vinnige, gesonde maaltye voor te berei." - (EurekAlert, Februarie 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE