Share

Vrugte en groente: hoeveel is 5-per-dag?

Ons weet almal dat ons daagliks ten minste vyf porsies groente en vrugte moet eet om ons 5-per-dag vir optimale gesondheid in te kry, maar presies hoeveel is 'n porsie?

Volgens die 5-per-Dag vir Beter Gesondheid TRUST is dit baie eenvoudig. Volwassenes moet daagliks ten minste 500g groente en vrugte eet, en één vars, rou of gekookte eetbare porsie moet ongeveer 80g tot 100g weeg. 'n Droë porsie is ongeveer 30g en 'n versapte porsie omtrent 200ml.

Dit is gelykstaande aan:

  • Een hele middelslag vrug van omtrent 100g, soos bv. 'n appel, piesang, lemoen of peer
  • Twee kleiner vrugte, soos nartjies, pruime of lietsjies   
  • 'n Halwe pomelo of 'n dik skyf spanspek  
  • ½ koppie gekookte of rou groente, ½ koppie gekookte peulvrugte, een koppie slaaigroente, een middelslag aartappel (vars of bevrore groenteporsie)  
  • Een opgehoopte eetlepel rosyntjies, drie appelkose of pruimedante, twee vye, een handvol gedroogte piesangskyfies (gedroogde vrugte porsie) 
  • 200ml onversoete 100% vrugte- of groentesap (sap-porsie)  

Vir kinders is 'n porsie ongeveer die hoeveelheid wat in die palm van hul hand pas. Dit is belangrik om daarop te let dat alhoewel kinderporsies kleiner is, die aantal porsies dieselfde bly – hulle moet nog steeds hul vyf porsies groente en vrugte per dag inkry.

Het jy geweet dat jou 5-per-dag ook uit bevrore groente en vrugte kan bestaan? Dit maak dit soveel makliker om jou inname van groente en vrugte op te stoot, sodat jy jou 5-per-dag kan haal.

Maar maak seker dat:

  • 3 van jou 5 porsies vars of bevrore groente en vrugte is
  • Net 2 van jou 5 porsies verwerkte (versap, gebottel, gedroog, ens.) groente en vrugte is (geblikte vrugte in stroop uitgesluit)   

Besoek die 5-per-Dag vir Beter Gesondheid TRUST webwerf vir meer wenke oor porsie-groottes.
 

- (Health24, Maart 2011)

Lees verder:
5-per-dag vir beter gesondheid
Vrugte en groente: superkos
Gesonde eetgewoontes: Wat is ’n porsie?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE