Share

Verseker dat seekos vars en gesond is

As seekos  hierdie feesgety op die spyskaart verskyn, is daar 'n aantal maniere om te verseker dat dit vars en veilig is om te eet.

'n Effense seegeur is normaal, maar volgens Kantha Shelke, 'n voedseltegnologie-deskundige van die Instituut van Voedseltegnoloë, behoort vars seekos nie na vis te ruik nie. Vars, skoongemaakte vis, uitgedopte skaaldiere (garnale, rotsgarnale, kreef, sagtedopkrap) en uitgedopte weekdiere (kammossels, oesters, mossels en gapermossels) moet klam, en nie slymerig of droog aan die kante wees nie.

Vars vis moet helder, geronde oë hê, nie troebel, droog en ingesink nie. Die kiewe behoort helderrooi en nie donker of slymerig wees nie, en die lyf moet klam en elasties voel, nie pap nie, voeg Kantha by.

Sy sê verder vars garnale, kreef, sagtedopkrap en rotsgarnale se sterte moet almal ’n eweredige, ligte kleur hê, sonder enige verkleuring. Weekdiere in hul doppe moet nog lewendig wees en styf aan hulle doppe vaskleef wanneer hulle hanteer word, en daar moet aangedui word teen watter datum hulle verkoop moet word, of wanneer hulle uit die dop gehaal is.

Wanneer jy vars oesters koop, soek ’n natuurlike romerige kleur binne ’n helder vloeistof.

Die beste is om vars seekos te koop op die dag wanneer jy dit wil eet. As dit nie moontlik is nie, stoor dit korrek in die yskas of vrieskas tot dit gekook en voorberei word. Shelke het die volgende stoorwenke:

  • Vars vis, garnale, kammossels, varswatergarnale en kreefsterte kan in goedverseëlde sakkies of plastiekhouers op ys in die yskas gestoor word. Op hierdie manier sal vars kammossels en skaaldiersterte vir drie tot vier dae hou, en vars vis vir vyf tot sewe dae.
  • Kammossels, skaaldiersterte en vis kan in water gevries word en vier tot ses maande in 'n vrieskas gestoor word. Om te ontdooi, laat dit oornag in die yskas staan, of hou onder 'n koue kraan net voordat jy dit kook.
  • Lewendige harde-dop weekdiere kan vir 'n week tot 10 dae sonder ys in die yskas by 'n temperatuur van 1 tot 2 grade Celcius lewendig gehou word.
  • Vars geskulpte weekdiere kan tot 10 dae lank vars bly as hulle in ys gepak is en in die yskas gehou word.
  • Vars sagtedopkrappe kan tot twee dae hou as hulle in plastiek toegedraai en in ys gepak in die yskas gestoor word. Hulle kan tot ses maande hou as hulle in verskeie lae plastiek toegedraai word en in 'n vrieskas (by -17 grade Celcius) gestoor word. Dit is belangrik dat sagtedopkrappe alleenlik oornag in 'n yskas ontdooi word.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE