Share

Pak 'n gesonde kosblik

Pak jou eie kosblik. Dit bespaar geld – en dis baie gesonder as om gemorskos op 'n drafstap te koop.

Van die dinge wat jy in ag moet neem, is weersomstandighede, of die kos teen die regte temperatuur gehou kan word, hoe maklik dit is om te eet en die tydsverskil tussen inpak en eet. Hierdie en ander faktore sal bepaal wát en hoeveel daarvan jy in jou blik, sakkie of pakkie plaas.

- Toebroodjies van volkoring, lae-GI- of saad-brood het meer voedingswaarde as witbrood of enigiets anders wat van verfynde meel gemaak is. Die volgende is goeie vulsels:  

  • Dun repies hoender, beesvleis of ham
  • Tuna, sardientjies of eier-mayonnaise
  • Kaas met komkommer, tamatie (vars of songedroog), konfyt, Marmite of Bovril
  • Hummus
  • Laevet, gegeurde maaskaas* en agurkies
  • Grondboontjiebotter

- Vulsels wat jy liewer moet vermy, sluit in salami, polonie, lewersmeer, spek en eiers.

- Gekoopte kolwyntjies (muffins) bevat dikwels baie vet en bygevoegde suiker, maar 'n tuisgemaakte piesang- of semel-kolwyntjie kan 'n goeie plaasvervanger vir 'n toebroodjie wees.

- 'n Tuisgemaakte hamburger met blaarslaai, tamatie en agurkies.

- 'n Hamburger-broodjie met gemarineerde, geroerbraaide, vellose hoenderborsstrokies met blaarslaai en tamatie.

- Laevet kraakbeskuitjies soos Pro-vita met laevet Melrose* of 'n hoenderboudjie.

- Tuisgemaakte springmielies.

- Kersietamaties, plat peul-ertjies, jong worteltjies, mini-mielies en sampioene.

Gedurende die warm somermaande is dit veral belangrik om te verseker dat jou liggaam gehidreer bly. Maniere om te verhoed dat jou liggaam uitdroog, sluit in:

- Neem 'n sluk of twee uit 'n waterbottel wanneer jy dors is – onthou net dat gegeurde water dikwels nie veel van kleurlose koeldrank verskil nie!

- Ystee

- 100% vrugtesap

- Gegeurde suiwel-* of soja-melk

- Drink-joghurt*

- 'n Bakkie joghurt*

- Sportdrankies moet net deur mense gedrink word wat vir meer as 'n uur per dag oefening doen.

Om jou te help om jou 5-per-dag vrugte en groente inname te bereik, plaas heel, maklike-eetbare vrugte, droë vrugte, vrugtestafies of -lekkers in jou kosblik.

Voorbeelde van weeklikse lekkernye:

  • Koekies
  • Soutbeskuitjies  
  • Klein sjokolades  
  • Klein melktertjies  
  • Wortelkoek
  • Piesangbrood  
  • Paasbolletjies  
  • Tuisgemaakte hawermoutkoekies of -beskuitjies
  • Neute of neute met rosyntjies  
  • Energiestafies  
  • Graankosstafies
  • Droplekkers (liquorice)
  • Jelliebabas of jelliebone  
  • Malvalekkers
  • Suiglekkers  
  • Volstruis- of wildbiltong (beesbiltong bevat meer vet)

Vir ongereelde "bederfies", byvoorbeeld een of twee keer per kwartaal: 

  • Pasteitjies en soetgebak  
  • Worsrolletjies
  • Samoesas  
  • Tjip-rolletjies  
  • Tjips  
  • Vetkoek
  • Gekoopte rooties  
  • Oliebolle (doughnuts)
  • Brownies
  • Klapperys
  • Fudge
  • Toffies
  • Weense worsies
  • "Gatsbys"
  • Droëwors

*Let daarop dat kinders onder vyf nie vetvrye of laevet suiwelprodukte moet eet nie omdat hulle liggame 'n hoër vetinname as volwassenes vereis.

Vir verdere inligting oor gesonde eetgewoontes, tree met die Hart-en-Beroerte-Stigting van SA se Heart Mark Diet Line by 0860 22 32 22 in verbinding vir raad deur geregistreerde dieetkundiges. 

- (Hart-en-Beroerte-Stigting SA, Januarie 2007)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE