Share

Oorgewig-brein hunker na hoë-kJ-kos

’n Nuwe studie koppel lae bloedsuiker by vetsugtige mense ’n groter begeerte vir hoë-kilojoule kos, ’n bevinding wat insig bied oor hoekom mense wat vet word, neig om oorgewig te bly.  

"Hulle breine dryf hulle moontlik aan om meer te eet en skep ’n groter begeerte vir hierdie soort kos, wat hulle dalk aanmoedig om te ooreet,” verduidelik die skrywer van die studie, Kathleen A. Page. "Ons weet nie of dit ’n gevolg van vetsugtigheid is of slegs bydra tot die toestand van vetsugtigheid nie. Is hulle breine vanuit die staanspoor anders bedraad? Of gebeur dit eers wanneer hulle vetsugtig word?”

Wat ook al die geval, die navorsing beklemtoon hoe belangrik dit is om bloedsuikervlakke stabiel te hou, sê Page, ’n assistent-professor aan die mediese fakulteit van die University of Southern California.

Bloedsuikervlakke word direk gekoppel aan energie, en daardie vlakke daal dikwels skerp ná middagete en veroorsaak ’n energie-insinking in die loop van die middag. Bloedsuikervlakke daal ook soggens, veral nadat jy kos met baie suiker geëet het, sê Page. In daardie geval is dit moontlik die manier hoe die liggaam die oortollige suiker prosesseer wat bloedsuikervlakke skerp laat daal.

Bloedsuikervlakke anders by vetsugtiges  

In die nuwe studie wat in The Journal of Clinical Investigation gepubliseer is, probeer Page en haar kollegas om uit te werk of skerp dalings in bloedsuiker vetsugtige mense anders affekteer as mense wat nie oorgewig is nie.

In die studie het funksionele MRI-skandeerders die breine van vyf vetsugtige en nege nie-vetsugtige mense gemonitor, terwyl die navorsers die suikervlakke in hulle bloed van normaal tot laag gewysig het. Terselfdertyd het die navorsers aan hulle foto’s gewys van lae-kalorie-kos (verskeie vrugte en groente, tofu, sojabone en slaaie) en hoë-kilojoule kos (‘brownies’, oliebolle, gebraaide hoender, steak, roomys, ens.) 

Die navorsers het gevind dat die vetsugtige mense minder breinaktiwiteit het in die area wat as die prefrontale korteks bekendstaan, waar inhibisie (die keuse om nie dinge te doen nie) gebaseer is, selfs wanneer hulle bloedsuikervlakke normaal was. “Dit impliseer dat dit vir vetsugtige mense moeiliker is om die begeerte om te eet, te weerstaan, veral wanneer hulle suikervlakke onder normaal is,” sê Page.  

Jean-Philippe Chaput, ’n assistent-professor aan die Universiteit van Ottawa se School of Human Kinetics, meen dié navorsing is relevant omdat dit ’n beter begrip voorsien van hoe bloedsuiker eetgewoontes affekteer. “Toekomstige behandeling vir vetsugtigheid sal daardie aspek in ag moet neem as ons ons kanse vir sukses wil verbeter,” sê Chaput.

Maar Dr. Marc-Andre Cornier, ’n medeprofessor aan die mediese fakulteit van die Universiteit van Colorado, beveel versigtigheid aan, aangesien die studie nie bo alle twyfel bloedsuiker aan aptyt kan koppel nie. "Die laer glukosevlak het miskien ’n ander faktor beïnvloed wat op sy beurt dié effek veroorsaak het, sê hy en voeg by dat dit “suiwer spekulasie” is om te beweer dat die handhawing van stabiele bloedsuikervlakke mense se aptyt sal verlaag. 

Meer inligting  

Vir meer inligting oor vetsugtigheid, probeer die U.S. National Library of Medicine.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE