Share

Jou inkopielys om verkoues te beveg

Deur Kenrya Rankin vir Raad vir Sniffle Solutions

Die koms van die winter bring helaas die onvermydelike mee: verkoue en griep. Jy weet reeds dat jy getrou jou hande moet was en genoeg slaap moet kry, maar het jy geweet dat dít wat jy eet jou ook kan beskerm? Maak hierdie sewe verkoue-afwerende kosse deel van jou volgende inkopielys, om jou familie se immuunstelsel 'n hupstoot te gee sodat julle dwarsdeur die winter gesond kan bly.

Vark-lendestuk

Kook jy aand na aand die gebruiklike hoendergeregte? Hoekom voeg jy nie elke nou en dan die ander witvleis by jou aandete-rotasie nie? Nie alleen bevat vark-lende net so min vet soos hoenderborsies nie, maar dit het ook heelwat van die mineraal sink, wat volgens die Nasionale Gesondheidsinstituut jou liggaam se vermoë om verkoues af te weer, versterk. "Die liggaam gebruik sink om infeksie-afwerende selle te aktiveer," verduidelik Marisa Moore, 'n geregistreerde dieetkundige en nasionale woordvoerder vir die American Dietetic Association. Volgens haar is dit hoekom kinders en volwassenes wat nie genoeg van hierdie voedingstof inkry nie, meer vatbaar is vir verkoue- en griepvirusse.

Aarbeie

Wanneer jy rondkyk vir voedsel met baie vitamien C koop jy waarskynlik gewoonlik 'n paar lemoene. Aarbeie bevat egter selfs meer van hierdie kragtige anti-oksidant as sitrusvrugte: net agt bessies voorsien die daaglikse hoeveelheid soos deur die USDA (United States Department of Agriculture) aanbeveel. "Daar is al bewyse dat vitamien C jou liggaam se weerstand teen siekte versterk," sê Moore. Ander top-bronne van vitamien C is koejawels en tamaties.

Graan

Wanneer jy weer jou familie se gunsteling graankos of -vlokkies koop, maak seker dit het bygevoegde vitamien D. Volgens 'n onlangse studie wat in The American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer is, het kinders wat daagliks 1,200 IE  vitamien D kry, 'n 40% laer kans om griep te kry as ander kinders. Navorsers sê dat die voedingstof witbloedselle mag help om virusse en bakterieë te vernietig. Vir 'n selfs groter vitamien D-hupstoot, eet jou graankos met vitamien D-verrykte laevet melk.

Brasiliaanse neute

Hierdie voedsame neut is vol selenium, 'n mineraal wat deur navorsers van die Universiteit van Edinburg as baie belangrik vir optimale immuunreaksie bewys is. "Selenium dien as 'n anti-oksidant wat die liggaam beskerm teen skade deur vrye radikale wat die liggaam aftakel," sê Moore. Is jou familie allergies vir neute? Gebruik dan ander bronne soos salm, kalkoen en ligte tunastukke.

Knoffel

Volgens die navorsing wat in die joernaal Advances in Therapy verskyn, hou hierdie wit bolplant meer as net vampiere weg; dit help ook om jou teen verkoues te beskerm! "Die aktiewe bestanddeel in knoffel, allisien, het bestanddele wat virusse beveg," sê Moore. Om die smaak van hierdie wondermiddel effens meer familie-vriendelik te maak, kap dit fyn en voeg dit by disse soos sop, roerbraaidisse en pastasous.

Joghurt

Hierdie romerige lekkerny is vol probiotika, liggaam-vriendelike bakterieë. Nie net help probiotika met spysvertering nie, maar navorsing het bewys dat dit ook die immuunstelsel versterk: 'n studie van die Universiteit van Kalifornië, Davis, het vasgestel dat mense wat daagliks een koppie joghurt eet, na 'n maand hoër vlakke gamma interferon het – 'n stof wat die immuunselle help om virusse af te weer. Koop die soort wat "lewendige, aktiewe kulture" bevat.

Broccoli

Ma's moenie van brokkoli vergeet nie, aangesien dit vol voedingstowwe en vitamiene soos vitamien C en sink is. Nou kan hulle "verkouewerend" by hierdie groentesoort se lys gesonde voordele voeg. Broccoli en ander soortgelyke groente soos kool, Brusselse spruitjies, boerekool en blomkool bevat 'n anti-oksidant wat glutatioon genoem word, en wat volgens navorsers van die departement van Immunologie en Selbiologie aan die Universiteit van Heidelberg, Duitsland, 'n mens se immuniteit versterk. Hou jou kinders nie daarvan nie? Stoom dit en kap dit fyn en gooi dit in bredies, rysgeregte en macaroni en kaas.

(Health24, Januarie 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE