Share

Is jy werklik honger?

Wanneer jy weer kos in jou mond wil sit, vra jouself die belangrike vraag: is jy werklik honger? Glo dit of nie, dit is nie so maklik soos jy dink om werklike honger te herken nie.

Daar is baie redes hoekom ons eet: die hoofrede is natuurlik om ons liggame te voed, energie te verkry en gesond te bly. Ons misinterpreteer egter dikwels die boodskappe wat ons liggame uitstuur (soos dors, koue, stres, angstigheid, of net doodgewone verveeldheid) en reageer outomaties daarop deur te eet.

Ons weet almal hoe gerusstellend 'n sjokolade kan wees as jy 'n aaklige dag by die werk gehad het of eensaam en verstote voel. Ongelukkig word die vlugtige sjokolade-euforie vinnig deur skuldgevoelens vervang, en so begin die spiraal van emosionele eet.

Kos is ook 'n integrale deel van ons gemeenskap. Ons vier baie spesiale geleenthede (soos Kersfees, Eid of gesellige okkasies saam met vriende) met kos – of ons nou werklik voedsel nodig het, of nie.

Uit voeling

Die ongelukkige realiteit is dat baie mense heeltemal vergeet het hoe dit voel om regtig honger te wees en die basiese vermoë om te herken wanneer hulle liggaam genoeg gehad het – die gevoel van versadigheid – verloor het. (Ten spyte van wat jou ouers gesê het, moet jy nie al die kos op jou bord opeet nie – onthou net om volgende keer 'n kleiner porsie in te skep – en jy moet beslisnie nagereg eet nie.)

Ons het voeling met ons liggaam se behoeftes verloor en het gevolglik in 'n vetsugtige nasie verander, met baie oorgewig-verwante lewenstyl siektes soos diabetes en hartsiektes, wat ons gesondheidsdienste geweldig ooreis.

Om te leer om besef wanneer jy werklik honger voel, is 'n beduidende stap wat jy kan neem om jou energie-inname te verlaag en jou vermoë om gewig af te skud, te verhoog.

Hier is 'n paar wenke – deur die Heart and Stroke Foundation – om jou te help om beheer oor daardie emosies, en jou middeltjie, te verkry:

'n Kos-dagboek

Hou 'n kos dagboek en skryf jou emosies en redes hoekom jy eet, neer – dit sal jou help om die snellers te herken wat jou laat eet/ooreet, wat jou weer sal help om die situasie die volgende keer beter te hanteer.

Beheer die situasie

Emosies en emosionele situasies moet op die regte manier hanteer word – jy kan byvoorbeeld met jou lewensmaat/baas/beste vriend/in praat en tot 'n vergelyk kom, of jy kan selfs 'n ent gaan stap om jouself te kalmeer. Al hierdie dinge sal help om te keer dat jy jou oor middagete ooreet, of daardie lekker groot stuk nagereg naderhark!

Beoordeel jou honger

Luister na jou liggaam en eet net wanneer jy "maaghonger" is en nie "emosioneel honger" nie – beoordeel jou honger op 'n skaal van 1 tot 10 (10 = sterwend en 1= versadig). Maak 'n gewoonte hiervan, en na 'n paar weke sal hierdie nuwe denkpatroon 'n natuurlike deel van jou lewe wees, wat jou sal help om rem te trap wanneer jy op die punt staan om emosioneel te begin eet!

Ruil dinge uit

Begin stadig om hoë-kalorie voedsel (troos-kos) met laer-kalorie weergawes te vervang. Jy kan byvoorbeeld, in plaas van kaaskoek, 'n bakkie aarbeie/kersies met ricotta kaas (laer vet), met 'n klein bietjie sjokolade-sous, eet.

Drink 'n glas water

Die meeste van ons drink nie genoeg water nie en daarom kan dors maklik vir honger aangesien word. Die volgende keer wanneer jy honger voel, drink ’n glas water, wag ’n paar minute en kyk of jou behoefte om te eet kleiner is.

Werk saam met 'n maat

Ondersteuning is belangrik en is beslis nodig om jou positief te hou – en sal help om jou van die kalorieryke gemakskosse weg te hou. Bel jou vriende, eerder as om 'n SMS te stuur, of gaan kyk 'n fliek saam met jou ma of 'n paar goeie vriende – jy sal verbaas wees wat 'n verskil dit kan maak. 

Gun jouself 'n bietjie tyd

Jy kan absoluut alles eet wat jou hart begeer, op voorwaarde dat jy 30 minute wag voordat jy dit eet. Wanneer tyd 'n faktor word, mag jy die situasie dalk heroorweeg en vind dat jy glad nie daardie spesifieke kos hoef te eet nie, wat sal verhoed dat jy spontaan aan die eet raak – iets waaroor jy later net spyt gaan wees.

 - (Birgit Ottermann, Health24, Oktober 2010)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE