Share

Faktore wat gewigsverlies in die wiele ry

Het jy al alles onder die son probeer om gewig te verloor? En die skaal beweeg nie 'n millimeter nie?

Hier is 'n paar faktore wat jou gewigsverlies-pogings kan dwarsboom:

1. Jou gewig is reeds normaal

As jou liggaamsmassa indeks (LMI) tussen 18 en 25 is, is jou gewig reeds normaal en jou liggaam sal addisionele gewigsverlies probeer verhinder.

Oplossing: Volg 'n gebalanseerde, laevet-dieet en kry oefening. Hou op om jou oor jou gewig te bekommer en geniet die lewe.

2. Jy eet te min

As jy te min eet (d.w.s. 'n "hongerly-dieet" volg), sal jou liggaam sy gewigsverlies-meganismes afskakel en aan sy opgegaarde vet vasklou.

Oplossing: Volg 'n laevet-, hoë-vesel-dieet wat omtrent 500kJ minder as jou gewone dieet bevat en verhinder dat jy honger ly, te honger raak of voedselobsessies ontwikkel. Die Weight Watchers en Weigh-Less diëte is goeie voorbeelde. Voeg oefening by jou roetine om jou metabolisme aan te wakker.

3. Hormonale wanbalanse

Hormonale wanbalanse, soos hipotiroïdisme, insulien weerstandigheid en polisistiese ovariale sindroom (PSOS), kan dit moeilik maak om gewig te verloor.

Oplossing: Vra jou dokter om jou vir hormonale wanbalanse te toets:

Hipotiroïdisme:Jou dokter sal tiroïed hormoon voorskryf wat jy met 'n laer-energie-dieet en daaglikse oefening moet kombineer.

Insulien weerstandigheid: Jou dokter mag medikasie soos Glucophage voorskryf en jy kan 'n kliniese dieetkundige vir 'n lae glukemiese dieet (GI) raadpleeg. Doen daagliks oefening om gewig te verloor en jou insulien- en glukosevlakke te verbeter.

PSOS: Jou dokter sal hormonale behandeling voorskryf, en dit is raadsaam om 'n kliniese dieetkundige te raadpleeg vir 'n laevet, lae glukemiese (GI) dieet. Doen daagliks oefening om gewig te verloor en jou insulien- en glukosevlakke te verbeter.

4. Medikasie

Baie soorte medikasie kan gewigstoename veroorsaak of gewigsverlies belemmer (bv. vroulike hormoonpille, kortikosteroïede, antidepressante en angswerende middels).

Oplossing: Bespreek die probleem met jou dokter. Die dokter kan moontlik die voorskrif of die dosis verander. Gebruik 'n laevet-dieet en oefening om die newe-effekte van hierdie soort medikasie teë te werk.

5. Depressie

Depressie kan 'n massiewe gewigstoename veroorsaak en ook verhinder dat pasiënte iets positiefs omtrent hulle gewig doen, soos om by 'n dieet te hou en oefening te doen.

Oplossing: Gaan sien 'n kliniese sielkundige en/of mediese dokter. Psigoterapie en medikasie kan depressie teëwerk. Begin met 'n dieet en 'n oefenprogram sodra jy minder depressief voel.

6. Angstigheid

Angstigheid veroorsaak ook dikwels gewigstoename en verhinder gewigsverlies.

Oplossing: Gaan sien 'n kliniese sielkundige en/of mediese dokter. Psigoterapie en medikasie kan angstigheid teëwerk. Begin met 'n dieet en 'n oefenprogram sodra jy minder angstig voel.

7. Selfbedrog

Voornemende verslankers het 'n hele rits verskonings hoekom hulle nie by hulle dieet hou of oefening doen nie.

Klink die volgende verskonings dalk bekend?

  • Ek het nie tyd om te draf/ontbyt te eet/spesiale, laevet kosse te koop nie.
  • Ek kan nie uitheemse dieet-kos voorberei nie want my familie sal dit nie eet nie.
  • Ek hou gedurende die week by my dieet, maar gooi oor die naweek alles oorboord.  

Oplossing: Kyk 'n bietjie ordentlik na jou houding. Hou op om jouself om die bos te lei en hou by jou voornemens. Net jy kan iets aan jou gewig doen!

- (Dr. I.V. van Heerden, DietDoc, hersien April 2010)

Gewigsverlies

Enige vrae? Vra vir DietDoc

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE