Share

Eet op ‘n drafstap maak jou vet

Is jou motor besaai met lekkergoedpapiere en ongebruikte tamatiesouspakkies? Die volgende keer wanneer jy ‘n pastei of ‘n pakkie skyfies in die ry probeer afsluk, dink weer.

Een van die redes vir die kollektiewe gewigstoename onder Amerikaners, volgens dieetkundiges wat ‘n rede vir die vetsugpandemie probeer vind, is die feit dat eet in publieke plekke vir die samelewing aanvaarbaar geword het. Bykans die helfte van kos wat by kitskosrestaurante bestel word, word by deurry-restaurante bestel.

Die Europese dieetkundiges het aan die webtuiste Your Advisor gesê hulle is verstom dat Amerikaners voortdurend kou op straat – en selfs in museums en in die kerk. Die suksesvolste boekwinkels verkoop cappucino terwyl jy tussen die boekrakke rondsnuffel.

Die redakteur van die tydskrif Food Arts skryf dié eetstyl toe aan die dra van waterbottels deur die jappies in die jare tagtig. Volgens die dieetkundiges is eet op ‘n drafstap nie bevorderlik vir porsiebeheer of goeie spysvertering nie. Peuselhappies word nie in berekening gebring nie en verteenwoordig oortollige kilojoules.

(Uit: Die Burger, 23 Januarie 2002)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE