Share

Bymiddels en hul E-nommers

Wonder jy oor die E-nommers op kos-etikette? Hierdie nommers verwys na die bymiddels wat by kos gevoeg word om hierdie produkte  te preserveer, te geur of die smaak en voorkoms daarvan te verbeter, verduidelik Kim Hofmann van Lean Aubergine Dietetic Services.

Bymiddels is stowwe wat as preserveer- of geurmiddels by voedselprodukte gevoeg word, of om dit beter te laat lyk en smaak. Party bymiddels word al vir eeue lank gebruik – byvoorbeeld asyn om kos in te lê of swaeldioksied om wyn te preserveer. Met die toename in die gebruik van verwerkte voedsel in die tweede helfte van die 20ste eeu was daar 'n groot toename in die gebruik van voedselbymiddels (natuurlik én kunsmatig), party met hoër veiligheidsvlakke as ander.

Om hierdie bymiddels te reguleer (en die verbruiker in te lig) het elke bymiddel 'n unieke nommer, 'n "E-nommer", wat in Europa vir alle goedgekeurde bymiddels gebruik word. Lande buite Europa gebruik dikwels net die nommer. Hierdie bymiddels word as "generally recognised as safe" of GRAS erken.

Veiligheid

Wantroue oor voedselbymiddels in die 1950's het aanleiding gegee tot die aanvaarding van die "precautionary principle" – alleenlik bymiddels wat as veilig erken word, mag in voedsel gebruik word. Dit het gelei tot die aanvaarding van die Delaney klousule wat bepaal dat geen karsinogene as voedselbymiddels gebruik mag word nie.

Daar was al baie omstredenheid oor die risiko's en voordele van voedselbymiddels. Party kunsmatige bymiddels word gekoppel aan kanker, spysverteringsprobleme, neurologiese toestande, aandaggebrek- en hiperaktiwiteit-sindroom (ADHD), hartsiekte en vetsugtigheid. Natuurlike bymiddels kan net so skadelik wees of allergiese reaksies by sekere mense veroorsaak.

Dieetkundige se mening: Daar is beslis mense wat sensitief, onverdraagsaam of selfs allergies vir party bymiddels is, en in sulke gevalle moet voorsorgmaatreëls getref word, maar wat die res van die bevolking betref, word die bymiddels streng gereguleer en is veilig om te gebruik.

'Lekkernye'

Met ons gejaagde lewenstyl is dit deesdae bykans onmoontlik om bymiddels uit ons diëte te verwyder. Dit is egter moontlik om meer natuurlike produkte te gebruik wat minder of geen bymiddels bevat nie, maar sulke kos verg meer voorbereiding – 'n keuse en besluit wat elke individu in oorleg met hulle lewenstyl moet neem.

Die voedsel wat die meeste bymiddels bevat, is oor die algemeen die "lekkernye". Hierdie soort kosse moet net nou en dan geëet word (nie meer as drie keer per week nie) en in klein hoeveelhede. As jy baie vrugte en groente eet met volgraan stysels en ’n klein hoeveelheid laevet-proteïne en/of onversadigde vet, sal jy nie baie bymiddels inkry nie; die beste is dus om die meeste van die tyd so gesond as moontlik te eet.

Hier volg 'n lys van die verskillende E-nommer-groepe en ’n paar voorbeelde:  

E-Nommers

Groep

Voorbeelde

100-199

Kleure

100-109 = geel

110-119 = oranje

120-129 = rooi

200-299

Preserveermiddels

220-229 = sulfiete

210-219 = bensoate

240-249 = nitrate

300-399

Antioksidante en suur-reguleerders 

300-305 = vitamien C

306-309 = vitamien E

400-499

Verdikkers, stabiliseerders en emulgeermiddels

410-419 = natuurlike gom

440-449 = natuurlike  emulgeermiddels

470-489 = vetsure en samestellings

 

 

500-599

pH reguleerders en vryvloeimiddels

500-509 = mineraalsure en alkalië

510-529 = sulfate

600-699

Geurversterkers

620-629 = glutamate

700-799

Antibiotika

 

900-999

Algemeen

900-909 = wasse

910-919 = kunsmatige  glasure

950-969 = versoeters

1100-1599

Addisionele chemikalieë

nuwe chemikalieë wat nie binne standaard klassifikasie-skemas val nie

 

Teken in op die maandelikse nuusbrief van Lean Aubergine Services met ’n e-pos aan kimh.rd@mweb.co.za
- (Health24, April 2011)

Lees verder:
Allergies vir kosbymiddels?
Lys van algemene kosbymiddels
Moet kosbymiddels verban word?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE