Share

Braaivleis kan gevaarlik wees

Braaivleis kan as gevolg van rou of halfgaar kos gevaarlik wees; temperamentele braaitoerusting kan brandwonde veroorsaak en verkoolde vleis kan bydra tot die ontwikkeling van sekêre tipes kanker, volgens Dr. Martha Howard, 'n Chicago Healers praktisyn.

Maar dit hoef nie so te wees nie, meen Howard in 'n nuusvrystelling deur hierdie gesondheidsorg-netwerk. Howard bied die volgende wenke aan om veilige en gesonde braaivleise te verseker:

  • Hou jou braai skoon. Skrop die rooster en verwyder ou vet.
  • Gebruik hout vir kole – nie petroleumprodukte nie. Plaas houtskool in 'n kilogram-metaalblik met altwee kante oopgesny. Versprei die kole op die rooster met ’' braaitang wanneer hulle ordentlik vlamgevat het.
  • Maak seker jy is vertroud met jou rooster.
  • Wees higiënies. Onthou om jou  hande te was en om aparte borde en snyplanke vir rou en gekookte vleis te gebruik.
  • Gebruik marinades. Gemarineerde vleis verkool nie so maklik nie. Moet net nie die vleis in die marinade buite oop laat staan nie.
  • Kook voor die tyd. Moenie vleis of hoender direk van die vrieskas op die rooster plaas nie. As die vleis halfgaar is voor jy dit op die rooster sit, verminder dit die algehele temperatuur en moontlike verkoling.  
  • Sny kleiner stukkies. Sny die vleis en hoender in kleiner stukkies sodat dit dwarsdeur gaar word.
  • Kontroleer die temperatuur. Om voedselvergiftiging te vermy, kontroleer die temperatuur met 'n vleis-termometer: hoender, 165 grade; hamburger, 160 grade; vark, 150 grade; 'hot dog'-worsies, 140 grade; biefstuk, 160 grade vir medium.
  • Moenie toelaat dat vleis verkool nie. Verkoolde vleis bevat drie potensieel kanker-veroorsakende chemikalieë: PhIP, HCA's (heterosikliese amines) en PAH's (polisikliese aromatiese hidrokoolstof).  
  • Sny die vet af. Minder vet aan vleis en pluimvee beteken minder PAH's.
  • Braai meer groente. Groente kan gebraai word as 'n gesonde alternatief vir vleis.
  • Maak dit dood. As jy klaar gebraai het, maak die kole dood of draai die gaskraan toe.

Die Amerikaanse Food and Drug Administration het meer te sê oor braaiveiligheid.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE