Share

Boontjie sonder sy loontjie

Daardie lekker ou koppie koffie wat jou soggens regruk, later krag vir die dag gee en teen die middag weer tot verhaal laat kom, is toe uiteindelik glad nie so sleg vir jou soos lank gevrees is nie. Maar moenie te gou bly word nie: Jou geliefde regmaker laat jou dalk stilletjies ook vetter word.

Deur KIM VAN REIZIG

As jy jou gewig dophou, gooi gerus ook 'n ogie oor wat alles in jou koppie koffie ingaan. Jy hou dalk by gesonde laevetmaaltye, maar daardie cappuccino vir ontbyt, caffè latte ná middagete en yskoffie saans voeg almal kilojoules by wat swaar op jou kom lê.

Op sy eie bevat koffie geen kilojoules nie en het dit 'n klomp gesonde antioksidante. Martie de Wet, 'n dieetkundige by Johannesburg se Mayo-kliniek, sê 'n koppie koffie vir ontbyt is selfs beter as iets soos versoete lemoensap omdat dit baie minder kilojoules bevat.

Maar presies hóé sleg is 'n supergroot chococcino met ekstra sjokolade vir jou? En hoe vergelyk dit met 'n gewone koppie filterkoffie? Kyk gerus na die volgende koffie-kitslys wat opgestel is deur Martie en 'n mede-dieetkundige, Megan Pentz-Kluyts, en kies voortaan slim.

  

Swart koffie
Kits- of filterkoffie sonder melk of suiker
Vetinhoud 0g
Kilojoules 0kJ
**LET WEL: 'n Teelepel suiker daarby sorg vir 'n ekstra 81kJ, maar darem geen vet nie.

 

 

Filterkoffie met melk
Vier dele koffie en een deel volroommelk, een teelepel suiker
Vetinhoud 3,32g
Kilojoules 257,2kJ
Gelyk aan een eetlepel ligte mayonnaise of 'n teelepel roomkaas

 

Mokkakoffie
(ook soms 'n chococcino genoem)
Een deel espresso, drie dele volroommelk, twee eetlepels kakaopoeier en 'n skep room
Vetinhoud 18,14g
Kilojoules 1 480,4kJ
Gelyk aan 250g lasagne, 60g neute en rosyntjies of 45g sjokolade

 

Yskoffie
Een deel espresso, een deel volroommelk, twee eetlepels koffieverromer
Vetinhoud 18,14g
Kilojoules 1 480,4kJ
Gelyk aan een middelslag-hoenderpastei of 30g slaptjips

 

Cappuccino|
Een deel espresso, een deel volroommelk, een deel melkskuim
Vetinhoud 6,64g
Kilojoules 514,4kJ
Gelyk aan drie klein aartappels met een eetlepel suurroom of een porsie stokvis in beslag

 

Melkkoffie
(caffè latte)
Een deel espresso, drie dele volroommelk
Vetinhoud 7,47g
Kilojoules 740,7kJ
Gelyk aan twee middelslagskywe Hawaise pizza of een middelslag-vetkoek

Dink voor jy drink

Só systap jy die kilojoules as jy koffie bestel of maak:

  • Bly by laevet. As jy by 'n koffieplek bestel, hoor eers watter soort melk hulle gebruik en kies altyd laevet of (nog beter) vetvrye melk.
  • Weg met die room. Kies skuim eerder as room en halveer so die kilojoules in jou koppie. Drie eetlepels room bevat 481,8kJ en 10,8g vet – meer as dié in 'n hele koppie volroommelk!
  • Moenie te soet wees nie. Gebruik 'n versoeter pleks van suiker. Hoewel suiker vetvry is, is daar 162kJ in twee teelepels. As jy dus elke dag vier koppies koffie drink (die gesonde maksimum vir 'n volwassene), telkens met twee lepels suiker, kom dit op 648 ekstra kilojoules te staan.
  • Dink kleiner! As jy kleiner koppies koffie kies, kry jy die skop sonder die kilojoules. Niemand gaan jou 'n kleiner koppie aanbied nie; jy moet daarvoor vra!
  • Los die ekstras. Die sjokoladestrooisels en ander lekkertes wat bo-oor gesprinkel word smelt baie vinnig weg, maar voeg steeds onnodige kilojoules by. Sê dankie, maar nee dankie.
  • Pas jou dieet aan. As jy nie sonder drie caffè lattes per dag kan klaarkom nie, gee 'n snytjie of twee brood prys en bly binne perke met jou energie-inname.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

The good news about coffee

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE