Share

7 faktore wat gewigsverlies in die wiele ry

Het jy al alles op aarde probeer om gewig te verloor? En sit jy nog presies waar jy was? 

Hier is ’n paar faktore wat jou pogings om gewig te verloor, mag dwarsboom:

1. Jou gewig is alreeds normaal
Indien jou liggaams-massa-indeks (BMI) tussen 18 en 25 is, is jou gewig reeds normaal en jou liggaam sal enige addisionele gewigsverlies teenstaan.

Oplossing: Volg ’n gebalanseerde, laevet-dieet en doen oefening. Hou op om jou oor jou gewig te bekommer en geniet die lewe.

2. Jy eet te min
As jy te min eet (d.w.s. ’n “honger-ly-dieet” volg), sal jou liggaam sy gewigsverlies-meganismes afskakel en aan sy vetvoorraad vasklou. 

Oplossing: Volg ’n laevet, hoë-vesel dieet wat omtrent 500kJ minder as jou gewone dieet bevat, maar wat jou nie laat honger ly of na kos laat smag nie. Weight Watchers- en Weigh-Less diëte  is goeie voorbeelde. Voeg oefening by jou roetine om jou metabolisme te stimuleer.

3. Hormonale wanbalanse
Hormonale wanbalanse soos hipotiroïedisme, insulienweerstandigheid en polisistiese ovariale sindroom (PCOS), kan dit moeilik maak om gewig af te skud.

Oplossing: Vra jou dokter om jou te toets vir hormonale wanbalanse:

Hipotiroïedisme: Jou dokter sal skildklierhormoon voorskryf, wat jy met ’n verlaagde energie dieet en daaglikse oefening moet kombineer.  
Insulienweerstandigheid: Jou dokter mag medikasie soos Glucophage voorskryf en jy moet ’n kliniese dieetkundige raadpleeg vir ’n lae glisemiese indeks (GI) dieet. Doen daagliks oefening om jou gewig, insulienvlakke en glukosevlakke te verbeter.    
PCOS: Jou dokter sal hormonale behandeling voorskryf en jy moet ’n kliniese dieetkundige raadpleeg vir ’n laevet, lae glisemiese indeks (GI) dieet. Doen daagliks oefening om jou gewig en jou insulien- en glukosevlakke te verbeter.

4. Medikasie
Baie medikasie kan gewigstoename veroorsaak of gewigsverlies belemmer (bv. vroulike hormoontablette, kortikosteroïede, antidepressante en kalmeerpille).   

Oplossing: Bespreek die probleem met jou voorskrywende dokter wat die voorskrif of dosis miskien kan verander. Volg ’n laevet dieet, plus oefening, om die effek van hierdie medikasie teen te werk.

5. Depressie
Depressie kan massiewe gewigstoename veroorsaak, en belemmer pogings van pasiënte om iets positiefs omtrent hulle gewig te doen, soos om by ’n dieet te hou en oefening te doen.  

Oplossing: Gaan sien ’n kliniese sielkundige en/of mediese dokter. Psigoterapie en medikasie kan depressie teenwerk. Begin jou dieet en oefenprogram sodra jy minder depressief voel.

6. Angstigheid
Angstigheid veroorsaak dikwels gewigstoename en verhinder gewigsverlies.

Oplossing: Raadpleeg ’n kliniese psigoloog en/of mediese dokter. Psigoterapie en medikasie kan angstigheid teenwerk. Begin jou dieet en oefenprogram sodra jy minder angstig voel.

7. Selfbedrog
Mense wat gewig wil verloor, het eindelose verskonings oor hoekom hulle nie by hulle dieet hou of oefening doen nie.

Klink die volgende verskonings bekend?

  • Ek het net nie tyd om te gaan draf/ontbyt te eet/spesiale laevet kos te koop nie.  
  • Ek kan nie uitheemse dieetkosse voorberei nie, want my familie sal dit nie eet nie.  
  • Ek hou regtig gedurende die week by my dieet, maar oor naweke vergryp ek my.  

Oplossing: Dink ’n bietjie oor jou houding. Hou op om jouself om die bos te lei en hou by jou voornemens. Die besluit lê by jou!

- (Dr I.V. van Heerden, DietDoc, hersien April 2010)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE