Advertisement
5 diet mistakes
Still fat? DietDoc identifies five of the most common diet mistakes people make.
A cancer we can beat
Cervical cancer kills 250 000 women every year. We can eliminate it. Why don't we?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Kindergesondheid
Meer kinders oorleef nou kanker
Last updated: 09 January 2007
In Suid-Afrika word jaarliks minstens 1 500 nuwe gevalle van kinders met kanker gediagnoseer. Danksy beter metodes om kanker vroër op te spoor, nuwer middels en doeltreffender behandelingsmetodes kan meer kinders met kanker se lewens nou gered word as dertig jaar gelede.

 
Advertisement
In 1969 het geen kinders met leukemie dié siekte oorleef nie. Teen 1998 het 55% van kinders wat sedert 1983 by die Tygerberg Hospitaal se kinderkanker-eenheid behandel is, nog geleef, het prof. Peter Hesseling, hoof van die departement Pediatrie en Kindergesondheid van die fakulteit gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch, gese.

Een uit elke 75 000 kinders ontwikkel jaarliks kanker. In Suid-Afrika is daar elke jaar 15 000 nuwe gevalle van kinders met kanker.

Beperkte oorlewing in Afrika
Meer as 75 % van kinders wat w>ereldwyd kanker opdoen, sterf volgens prof. Hesseling onnodig omdat hulle nie toegang het tot moderne terapie nie. Buiten enkele uitsonderings, beskik geen Afrikaland of ander derdewêreldlande se staatshospitale - in gevalle waar staatshospitale wel bestaan - oor moderne toerusting en middels om kanker doeltreffend te behandel.

By die kinderkankereenhede van die Tygerberg Hospitaal en die Rooi Kruis Kinderhospitaal - die enigste twee eenhede vir alle kinders in Wes-Kaap, Oos-Kaap en dele van Noord-Kaap wat nie private sorg kan bekostig nie - word twee nuwe gevalle per week gediagnoseer en behandel. Die Tygerberg-eenheid is ook die verwysingseenheid vir Namibie se kinderkankerpasiënte.

Soorte kanker by kinders
Die algemeenste kankers onder kinderkankerpasiënte in Suid-Afrika is leukemie (24%), breingewasse (21 %) limfome (16 %) en nierkanker (10 %) en kanker van die simpatiese senuweestelsel bekend as neuroblastoom. Leukemie tas die beenmurg aan waar die bloedstamselle vervaardig word en die witbloedselle, en limfome tas die limfklierstelsel aan.

Die kankers word behandel met spesifieke kombinasies van chirurgie, bestraling en chemoterapie.

Die grootste vooruitgang die afgelope jare is gemaak op die gebied van vroeë opsporing danksy die obtdekking en identifisering van spesifieke genetiese veranderings wat verband hou met leukemie en ander kankersoorte, en beter en doeltreffender chemoterapie-middels. Danksy beter chemoterapie-middels word minder bestraling nou gedoen, en kan bestraling akkurater gerig word sodat die risiko om gesonde selle te beskadig, aan die verminder is, het dr. Felicity van Riet van die Tygerbergse kinderkanker-eenheid, gesê.

Langtermynoorlewing
'n Langtermyn-opvolgstudie op kinders wat die afgelope 20 jaar vir kanker by die Tygerberg Hospitaal behandel is, het getoon dat die oorlewingsyfer van di'e pasiënte van die beste in Afrika is, en goed vergelyk met die beste oorlewingsyfers in Wes-Europa en ander Westerse lande, het prof. Glyn Wessels, hoof van die kinderkanker-eenheid, bevestig.

Die grootste vooruitgang met behandeling die afgelope dekade is gemaak met die behandeling van leukemie, Burkitt-limfoom en alle ander soorte limfome. Die oorlewingsyfer vir leukemie het die afgelope tien jaar alleen van 60% tot meer as 80% gestyg.

Die kanse op oorlewing vir astrositoom (breintumor) is 64 %, B-sel-limfoom is 80 %, vir nierkanker is 70 %, vir neuroblastoom is 52 % en vir lewerkanker is 33 %.

Voorts het die opvolgstudie getoon dat die meeste kinders wat kanker oorleef het, normale vordering op skool maak. Byna 80 % van dié kinders wat kanker oorleef het, is nou - soos in enige ander kontrolegroep - werkende volwassenes. Die meeste is gesond.

Slegs in die gevalle van breinkanker - waar die kanker self, die chirurgie of die bestraling skade aan die breinselle kan aanrig - is van die oorlewendes gestrem of erg gestrem.

Newe-effekte
Studies het getoon dat breinbestraling beendigtheid kan beïnvloed en dat kinders ná breinbestraling meer geneig is tot beenbreuke. Die risiko verander met groei en puberteit en dit is nog nie duidelik of di'e uitwerking 'n langtermyn-uitwerking is nie.

Sommige chemoterapie-middels het meer newe-effekte as ander. Sommige veroorsaak onvrugbaarheid by mans wat as kinders met dié teenkankermiddels behandel is. Hoë dosisse van ander chemoterapie-middels kan 'n toksiese uitwerking op die lewer, hart, niere of beenmurg hê. Danksy studies by groot eenhede in die buiteland, waar omvattende navorsing gedoen word oor die newe-effekte en doeltreffendheid van nuwe chemoterapie-middels, kan eenhede soos dié by die Rooi Kruis Kinderhospitaal en die Tygerberg Hospitaal onmiddellik hul behandelingsprotokolle aanpas om die nuutste middels in die beste kombinasies te gebruik om die minste newe-effekte te gee.

Die Rooi Kruis Kinderhospitaal en die Tygerberg Hospitaal kan tans nog die beste en nuutste chemoterapie-middels aankoop en bekostig om die beste moontlike oorlewingsyfer vir kinders met kanker te verseker. Indien dié begrotings besnoei word, sal kinders met meer gevorderde kanker wat tans goed op behandeling reageer of kankersoorte met 'n swakker herstelkans, weggewys moet word, het dokters gemaan.

Simptome
Tipiese simptome waarvan 'n kind kan kla en wat waarskuwingsligte vir 'n ouer moet laat flikker, sluit die volgende in:
  • 'n koors wat aanhou maar waarvan die oorsprong onduidelik is;
  • beenpyne sonder dat die kind sy ledemate gestamp of beseer het;
  • ‘n knop soos 'n klier in die nek, onder arms, in die lies of 'n groter massa in die buik wat nie verdwyn nie;
  • bloed in die urine of stoelgang;
  • skielike gewigsverlies;
  • hoofpyne soggens wat met naarheid en braking gepaard gaan;
  • 'n fyn rooi spikkeluitslag van klein rooi bloedkolletjies op die kind se lyf of baie kneusplekke.

Ouers moet hul beslis aan di'e klagtes van hul kinders steur. Moegheid is, anders as wat 'n mens sou reken, nie 'n algemene simptoom van knaker by kinders nie.

Kontaknommers
Vir meer inligting oor kinderkanker en behandeling: Die Tygerberg Hospitaal se kinderkankereenheid tel (021) 938-5995, of dr. Van Riet by die kinderkankersaal F-Grond tel (021) 938-5654, of prof. Glyn Wessels tel (021) 938-9224, of die Rooi Kruis Kinderhospitaal by tel (021) 658-5111.


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
  Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.