Advertisement
From bug-chasing to denial
Bug-chasers actively seek out HIV infection. And some others simply live in denial.
Modern miracles
Aspirin, contraceptives, e-mail, soap, dentists. 200 years ago none of these existed.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Kindergesondheid
Bottelvoeding bederf tande
Last updated: 12 January 2006
Ons het seker al almal ons kind toegelaat om met ‘n bottel aan die slaap te raak. Alhoewel bottels dikwels ‘n kalmerende uitwerking op kinders het, kan dit baie nadelig vir tande wees en bottelvoedingsindroom veroorsaak, skryf Dr Ilona Visser, estetiese tandarts van eduDENT in privaat praktyk.

 
Advertisement
Bottelvoedingsindroom (ook genoem Bababottelvoedingkaries of Bababottelkaries) word gekenmerk deur verrotting van die boonste vier primêre (baba) tande. Die rede hiervoor is dat die baba of kleuter, wat reeds tande het, met 'n bottel melk, vrugtesap of suikerbevattende vloeistof (bv. tee met suiker) gaan slaap, of aan die slaap raak tydens borsvoeding.

Dit is moeilik om te glo dat melk en vrugtesap wat so gesond is vir kinders skadelik kan wees vir tande. Die probleem is dat suur deur plaakbakterieë geproduseer word wanneer daar suiker (in hierdie geval afkomstig van die sap of versoete tee) ingeneem word. Tydens slaap verminder die speekselvloei en frekwensie van sluk, en die vloeistof in die bottel dam op rondom die tande. Die plaakbakterieë op die tande het dan meer as genoeg tyd om die suur te produseer wat die tande sal ontkalk, en sodoende ontstaan karies (tand gaatjies). Die melk word ook suur in die mond, en dra verder by tot die vorming van karies.

Terwyl jou baba drink, word die vloeistof deur die voortande gesuig (die agterste en onderste tande word deur die tong beskerm). Omdat dit meestal net die boonste vier tande is wat aan die poel vloeistof blootgestel word, is dit juis hierdie vier tande is wat die ergste aangetas word. In erge gevalle kan die oogtande en boonste kiestande ook aangetas word.

Behandeling van Bottelvoedingsindroom


Behandeling sal meestal onder narkose moet plaasvind. Dit behels die herstel van die primêre tand met o.a. bindingstegnieke. Indien die karies nie vroegtydig opgespoor en herstel word nie, vererger dit stelselmatig totdat die hele primêre tand aangetas word, en verwyder moet word.

In enkele gevalle kan die aanwending van hoë konsentrasies fluoried die verspreiding van die karies beperk. Hierdie aanwendings kan in die spreekkamer of tuis plaasvind. Dié hoë konsentrasie fluoried is nie kommersieël beskikbaar nie, maar word wel deur tandartse voorsien.

Vermy bottelvoedingsindroom soos volg
  • Laat die baba eers klaar drink voor jy haar/hom neerlê. Indien die baba op 'n bottel aandring wanneer sy/hy gaan slaap, sorg dat dit net skoon water bevat.
  • Moenie suiker by die vloeistof voeg nie.
  • Vermy suurbevattende vloeistowwe soos vrugtesap. Indien jou baba reeds vrugtesap in die bottel drink wanneer hy/sy gaan slaap, probeer dit stelselmatig verdun tot net skoon water in die bottel is.
  • Probeer so gou moontlik die bottel wegneem.

  •  
    Print this article
     Rate this article
    Poor 1 2 3 4 5 Excellent
     JOBS
    Senior Secretary
    Gauteng - North/Sandton
    Infrastructure Resource
    Gauteng - Johannesburg
    Management Accountant
    R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company
    Gauteng - Johannesburg
    Financial Manager
    R350,000-400,000 Per Annum Cost To Company
    Gauteng - Johannesburg
    Financial and Project Accountant
    R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
    Gauteng - Johannesburg
    Financial Accountant
    R380,000-420,000 Per Annum Cost To Company
    Gauteng - Johannesburg
    SSIS Business Intelligence Specialists (SSIS; SSAS)
    R350,000-500,000 Per Annum Cost To Company
    Gauteng - North/Sandton
    Financial Accountant
    R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company
    Gauteng - South
Previous  
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.