Advertisement
10 pet emergencies
Rex is vomiting and Kitty is scratching. When should you get to the vet without delay?
Pregnant man gives birth
The controversial "pregnant man" has given birth to a healthy baby girl, US media reports.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Sielkunde
Waarom lewe mans korter as vroue?
Last updated: 14 October 2005
Die man is gemiddeld langer, sterker en groter as die vrou, tog lewe hulle korter. Waarom? Dit lê grootliks in sy testestosteroon en sy kulturele beskouing van geweld, volgens navorsers.

Dit blyk dat die man vanweë sy evolusionêre erflating, sy testosteroon, en sy beskouiing van geweld bepaal of hy ‘n bok vir risiko en gevaar is, en geweld sal inspan om sy teenstander uit te wis.

 
Advertisement
Mense se lewensverwagting wissel van tyd tot plek, maar vroue leef meestal oral langer as mans. In slegs twee - die Maldives en Nepal - van meer as 200 lande leef mans langer as vroue, en waarskynlik omdat die geboortesyfers in dié twee lande uiters hoog is en moontlik bydra tot moedersterftes.

Demografiese navorsing het getoon dat meer mans vroeër aan eksterne oorsake (moorde, aanrandings, ongelukke) sterf, sowel as aan interne oorsake (siektes) as vroue, volgens ‘n artikel in die Amerikaanse wetenskaptdyskrif, Scientific American.

Ongeluk- en geweldsterftes eis veral meer lewens van mans in hul tiener- en twintigerjare in vergelyking met vroue van dié ouderdom. Dié sterftes word sterk verbind aan risiko-gedrag.

Jong mans ry vinniger as vroue of as ouer mans, is minder besorg oor die gevare van dwelms en van onsigbare gevare soos omgewingstoksiene en geslagsiektes, en beskou dikwels ‘n gevaarlike situasie as ‘n opwindende beloning. Hulle het ’n groter kans om te moor of vermoor te word, volgens navorsingstudies.

Die evolusieproses


Die rede vir jongmans se gejaag na gevaar lê moontlik opgesluit in die mense se evolusieproses.

Die verskil in lengte tussen die man en vrou in vergelyking met primaat-spesies, dui daarop dat die mens ge-evolueer het uit toestande waar die man eens op ‘n tyd meer as een vrou gehad het, en dat die sterkste en beste man dus ‘n groter kans gehad het om die meeste vroue te beïndruk en te wen.

In primaat-spesies waar ‘n manlike dier baie wyfies het, is die mannetjie heelwat langer en groter as die wyfie, en in spesies waar die mannetjie slegs een wyfie het, is die twee byna ewe groot. Die feit dat seuns effens later puberteit bereik as meisies, en om vroeër te sterf, ondersteun dié teorie van risiko-gedrag.

Geweld en risikogedrag


Baie meer mans vermoor mekaar in mededingende konflikte oor materiële dinge en ander minder duidelike sosiale redes as vrouens. Dit blyk dat lae sosiale stand risikogedrag aanmoedig, want as jy niks het nie, kan jy niks verloor nie.

Studies in verskeie wêrelddele toon inderdaad dat dit juis die werklose, ongetroude en kinderlose jong man is wat meer geneig is tot risikogedrag, insluitend geweld. Die geweld- en moordsyfers is veral hoog in lande met ‘n gebrek aan ‘n goeie polisiemag en regstelsel en ‘n swak sentrale regering.

Geweld word veral aanloklik indien die grootste risikonemer die grootste wenner is. Dit blyk dat jong mans in gebiede waar die lewensverwagting van mans juis laag is, hulself die maklikste tot geweld sal wend. Dié verband word nou as voorspeller gebruik: hoe laer die lewensverwagting, des te groter is die geweldskoers.

Mans neem selfs risiko’s met gesondheid


Dit blyk egter nou ook dat mans se risikogedrag ook strek tot by die siektes wat hy kan ontwikkel - weens sy risikogedrag let hy nie soos vroue op vroeë opsporing nie, maar kan sy gedrag - rook, dwelm- en alkoholgebruik - juis siektes in die hand werp.

Die manlike hormoon testetosteroon dra waarskynlik by dat mans se liggame vroëer - sodra hulle rol as voorplanters grootliks verby is - begin agteruitgaan as dié van vroue. Testosteroon dra nie net by tot aggressie en gewelds-optrede nie, maar moedig prostaatkanker aan, en onderdruk ook die immuniteitstelsel sodat die man vatbaarder vir infeksie-siektes word.

Nuwe studies het getoon dat die manier waarop ‘n man sy aggressie openbaar, en of hy gewelddadig gaan optree of dit kan beheer, tot ‘n groot mate van sy “kulturele” agtergrond afhang. Indien die man grootgeword het in ‘n omgewing waar geweld en moord aanvaarbaar is, sal hy ook só optree, en andersom.

Geweld deur mans is ‘n kwessie van testosteroon, sy evolusieproses en sy kultuur. Agressie is nie onafwendbaar nie. Op die ou einde bepaal die man se “kultuur” - hoe belangrik hy lewe ag en of hy geweld sien as oplossing van sy probleme of selfs as iets om mee te spog - of hy sy vuurwapen gryp as hy beledeig word en of hy beskaaf kan optree.

- Marí Hudson, Yourhealth.
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous  
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.