Advertisement
Top 10 winter foods
Use food to your advantage this winter - the right ones can cut your risk for colds and flu.
Users and abusers
Yes, substance abuse can happen to anyone. Read what our forum users have to say.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Nuwe verwikkelinge
'n Dowe jong man het leer hoor en praat
Last updated: 10 October 2005
Ons ken Sue Thomas van FBEeye-faam. Sy presteer in die wêreld van die horende. Sy kan liplees, gebruik gebaretaal en spreek haar woorde betreklik goed uit. Ontmoet nou Gerhard van der Merwe (26), 'n jong sakeman van Kaapstad. Hy is 'n ster uit eie reg.

 
Advertisement
Gerhard is prakties doof. Sonder sy gehoorapparaat kan hy niks sagter as 90 desibel hoor nie. Dit beteken al staan hy reg langs 'n brullende grassnyer, sal hy skaars 'n vae en dowwe dreungeluid hoor.

Maar hy praat soos ek en jy. Elke lettergreep, elke klankbuiging klink soos dié van net nog 'n horende. Was dit nie vir die vleeskleurige gehoorapparate agter sy ore nie, sou 'n mens moeilik kon glo die jong man het enigsins 'n gehoorprobleem, wat nog te sê slegs 3% gehoor. Vroeë diagnose en intervensie en nuwe tegnologie het hom deel gemaak van die wêreld van die horende.

Gerhard se merkwaardige verhaal begin in 1978 toe 'n suurstoftekort by geboorte die senubane tussen sy binne-oor en brein beskadig het. Toe hy op tweejarige ouderdom nie soos sy nefie begin praat het nie, het sy ouers besef iets is verkeerd. Daar is aanbeveel dat hy na 'n skool vir dowes gaan, maar sy ouers het van Kimberley na Kaapstad verhuis sodat hy na die Carel du Toitsentrum vir die habilitasie van gehoorgestremdes by die Tygerberg-hospitaal kon gaan.

Versterking van oorblywende gehoor die sleutel
Hier het hulle deel geword van intensiewe programme wat gegrond is op wyle prof. Du Toit se standpunt dat "dit nie gaan oor die mate van gehoorverlies nie, maar die mate van gehoor wat steeds intakt is". Hy het ook geglo as jy dié klein bietjie oorblywende gehoor kan versterk, kan jy 'n dowe kind "leer" om te hoor en normaal te praat. Drie jaar lank het Gerhard geleer om sy eerste gehoorapparate te gebruik en leer praat, en het sy ouers geleer hoe om hom te help.

Die feit dat hy van kleins af 'n gehoorapparaat gebruik het, het 'n reuse-verskil gemaak. "Die brein verloor ná 'n paar jaar sy vermoë om sy eerste taal aan te leer," verduidelik hy. Dit is die rede waarom spesialiste verbonde aan dié sentrum reeds op babas kogleêre inplantings doen.

Gerhard is as sesjarige na 'n bekende, "gewone" laerskool in Durbanville. Nadat hy gematrikuleer het, is hy twee jaar lank oorsee, en daarna het hy 'n honneursgraad in ekonomie aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Tydens sy verblyf in Engeland het hy die eerste keer met digitale gehoorapparate kennis gemaak. Met sy eerste een, die Widex Senso, kon hy die eerste keer hoë klanke hoor. Hy kon ook binne 'n week die eerste keer s'e en th's reg uitspreek.

Gerhard is nou direkteur van 'n onderneming wat innoverende southappies maak. Hy gesels so maklik oor sy selfoon soos enige horende, luister na musiek en gesels gelyk met verskeie mense in 'n groep. Hy kommunikeer met groot gemak - al het hy baie minder gehoor as duisende Suid-Afrikaners wat slegs op gebaretaal staatmaak.

Gerhard is een van die gelukkiges. Slegs een uit elke vyf Suid-Afrikaners wat 'n gehoorapparaat nodig het, het een. En baie mense is nie bewus van die groot tegnologiese vooruitgang of dat daar 'n alternatief vir gebaretaal is nie, sê Gerhard. "Ek sou nooit my eie onderneming kon begin as ek op gebaretaal moes staatmaak nie. "

Hoe vroeër, hoe beter
Dit is van groot belang dat doofheid by kinders so vroeg moontlik opgespoor word om die kind te help om te leer praat. Die Carel du Toit-sentrum beywer hom vir wetgewing wat 'n eenvoudige gehoortoets vir pasgebore babas verpligtend maak, soos in Amerika reeds die geval is, sê Laurette du Preez, hoof van die sentrum. Dit kan die weg baan om permanente gestremdheid weens doofheid en selfs die behoefte aan gebaretaal heeltemal tot die verlede te beperk . Kyk maar net na Gerhard.

Vir nog inligting oor die sentrum, skakel 021 938 5303.(mhudson@health24.co.za en cvrooy@health24.co.za) (Oktober 2004)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.