Advertisement
Top 10 winter foods
Use food to your advantage this winter - the right ones can cut your risk for colds and flu.
Users and abusers
Yes, substance abuse can happen to anyone. Read what our forum users have to say.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Nuwe verwikkelinge
Nuwe tegniek skakel klierverwydering uit
Last updated: 14 October 2005
Danksy 'n nuwe en betroubare metode om voor-af te bepaal of 'n borskankerpasiënt se okselkliere aangetas is, kan drie uit elke vyf pasiënte met vroeë borskanker nou dié deel van die operasie - wat die gebruik van die pasiënt se arm beïnvloed - gespaar word. Dié tegniek kan ook gebruik word om vas te stel of nabygeleë kliere in velkanker-pasiënte aangetas is.

 
Advertisement
Al meer gevalle van borskanker word vroeër gediagnoseer. Dié vroeë diagnosering bring mee dat al meer borskankergevalle opgespoor word voordat die kankerselle na die naasliggende okselkliere versprei is. Navorsers het bevind dat tot 60% van vroue (en mans) met borskanker se okselkliere heeltemal kankervry is, en dus onnodiglik verwyder word.

Klierverwydering het dikwels komplikasies opgelewer en in baie gevalle daartoe gelei dat dit dat maande duur voordat die pasiënt weer haar/sy arm ten volle kan gebruik. In sommige gevalle het die vrou/man nooit weer die volle gebruik van haar/sy arm herwin nie, al is die chirurgie hoe versigtig gedoen.

Dié feite het dit duidelik gemaak dat dokters 'n metode moes vind om dié onnodige operasie uit te skakel, sonder om die pasiënt se kans op oorlewing te verminder.

Studies in Europa en Amerika het spoedig getoon dat borskanker eerste uit die knop in die bors na 'n spesifieke okselklier, bekend as die brandwag-node, versprei en vandaar na ander kliere. Indien dié brandwag-node kankervry is, kon dokters met sekerheid sê dat alle ander kliere ook kankervry is.

Die nuwe toetsmetode waar radio-isotope, 'n kleurstof en 'n gamma-aftaster ingespan word om vas te stel of die okselkleier kankervry is en dus gespaar kan word, is nou op beperkte skaal in die Skiereiland beskikbaar. "Suid-Afrika is wat dié behandeling betref, ver agter Amerika, Europa en Australië, waar al meer vroue onnodige chirurgie gespaar word," het prof. Kobus van Zyl, chirurg en borskankerkenner, gesê nadat hy pas 'n spesiale kongres oor dié nuwe tegniek in Amsterdam bygewoon het.

Hoe toets 'n mens of die kliere kankervry is?
Die nuwe toetsmetode behels die samewerking tussen 'n chirurg, 'n kerngeneeskundige en 'n patoloog. Die pasiënt besoek 'n dag voor die beplande operasie om die borsknop te verwyder, die kerngeneeskundige, wat Tegnesium radio-isotope langs die gewas inspuit. Die isotope volg presies dieselfde limfbane as wat die kankerselle sou volg indien dit versprei.

Die isotope (en die kankerselle) word in die oksel eerste deur die brandwag-node opgevang. Die kerngeneeskunde kan met 'n gamma-kamera die limfbane en die ligging van die brandwag-node identifiseer. Die pasiënt meld die volgende dag by 'n private hospitaal aan vir die knopverwyderingsoperasie.

Onder narkose word 'n spesiale blou kleurstof weereens langs die gewas ingespuit. Die kleurstof volg weereens dieselfde roete as die isotoop en kankerselle. Die chirurg kan nou met die hulp van die gamma-foto's wat die vorige dag geneem is en 'n draagbare gamma-afstaster wat deur 'n klein snit binne-in die oksel geplaas word, word die blougekleurde klier gesoek en verwyder.

'n Vriessnit word onmiddellik in die teater gedoen en deur die patoloog ondersoek: indien die klier kankervry is, word die wondjie geheg en slegs die knop in die bors verwyder. Indien die barndwag-node wel kankerselle bevat, word al die okselkliere verwyder.

Die feit dat die brandwag-node getoets en behou kan word, hou die volgende voordele in:

  • Koste-doeltreffend: die pasiënt kan dieselfde dag huis toe gaan, pleks van 4-5 dae later met 'n dreineringsbuis;
  • Die pasiënt ondervind geen van die kort- of langtermyn newe-effekte van 'n volledige klierverwydering wat die gebruik van hulle arm kan beïnvloed, nie;
  • Pasiënte kan reeds die volgende dag die meeste van hulle werksaamhede self behartig

Ander toepassings van dieselfde tegniek:

  • Om vas te stel of melanoom na die nabygeleë kliere versprei het;
  • Vergemaklik operasies van die paratiroïede klier in die nek.

Waar is die diens beskikbaar?

In Europa en Amerika is dít die enkele chirurgiese prosedure wat die afgelope twee jaar die vinnigste toegeneem het vanweë die voordele.

Die feit dat die tegniek kundigheid verg betreffende die identifisering van die brandwag-klier verg, maak dit duidelik dat elke chirurg nie dié tegniek kan of sal inspan nie. Dié tegniek is egter wel by die Louis Leipoldt MediClinic in Bellville beskikbaar onder leiding van prof. Van Zyl en kerngeneeskundige dr. Annerie Ellmann en 'n histopatoloog. Met 'n draagbare gamma-aftaster sal hulle dié diens by meer private kan lewer sonder om by die res van die pasiëntbehandeling betrokke te raak. MediClinic oorweeg tans opsies om 'n draagbare gamma-aftaster aan te koop, en só dié diens na al sy private hospitale te bring.

Kontaknommers

Vir meer inligting, kontak prof. Van Zyl, tel/faks (021) 949-8424 of sel: 083-630-2909.


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.