Sommige kankers groei vinnig Lewer-, pankreas- en longkanker is van die kankersoorte wat aggressief kan groei, en binne weke ná diagnose dood kan veroorsaak. |
 |
Nuwe tegniek skakel klierverwydering uit 'n Nuwe en betroubare metode om vooraf te bepaal of 'n borskankerpasiënt se okselkliere aangetas is, kan sestig persent van pasiënte met vroeë borskanker, klierverwydering vermy. |
 |
Snork jou man jou uit huis en haard? Hoekom snork mense? Wie snork die meeste? Wat kan daaraan gedoen word as mense snork? |
 |
Helfte van histerektomies is onnodig Baie histerektomies is onnodig en die vroue kon net so goed gevaar het sonder die operasie, maar met hormoonbehandeling of ander chirurgie. Health24.com doen verslag. |
 |
Marburg-paniek Die grootste uitbreking van Marburg-koors, 'n bloedingsiekte soortgelyk aan die gevreesde Ebola, het reeds meer as 156 lewens in Angola geëis. |
 |
Nie omgeboul deur 'n draaibal - Nicky Bojé Krieketgeesdriftiges hou duimvas vir Nicky - nie net dat hy die Engelse sal laat les opsê in die laaste toets nie, maar dat hy volkome sal herstel van tiroïedkanker. |
 |
Arafat: diagnose toe komplikasie Dokters het bekend gemaak dat die Palestynse leier Jasser Arafat dood is aan 'n toestand bekend as verspreide intravaskulêre koagulasie (VIK). Maar dis eintlik net 'n komplikasie. |
 |
Mediese dossier: Ontrafel Arafat se siekte Dae aaneen was daar bespiegelings oor Arafat se onafwendbare agteruitgang. Sy dood is uiteindelik Donderdag aangekondig, maar nie die finale doodsoorsaak of diagnose nie. |
 |
Allergieë neem met rasse skrede toe Twintig jaar gelede het dokters geskat dat sowat een tot twee uit twintig mense aan hooikoors, asma, ekseem of ander vorms van allergieë ly. Nou's dit een uit vyf. |
 |
As 'n aura jou waarsku Vir verskillende mense is daar verskillende waarskuwingstekens van 'n komende epilepsie-aanval. Wat is dié aura en wat kan 'n mens daaruit wys word? Kan jy inderdaad vra.
|
 |
Siftingstoetse vir Suid-Afrikaanse mans DIE meeste mans sal eerder 20 km in die reën hardloop of vyf kinderpartytjies op 'n streep bywoon as om hulle aan te meld vir 'n dikderm- of prostaatondersoek. |
 |
Hou op rook en ruik die rose Die regering is vasbeslote om die rookgewoonte in Suid-Afrika hok te slaan. Dr. Manto Tshabalala-Msimang het pas nóg strenger teenrook-regulasies aangekondig. |
 |
Asma: Te veel sterf Moenie asma onderskat nie. Dit kan doodmaak. Meer as 300 miljoen mense ly aan asma, en dit eis jaarliks die lewe van nagenoeg 180 000 mense wêreldwyd. |
 |
Oefening en asma Hoewel oefening in soveel as 90 persent van asmalyers asma kan veroorsaak, beveel asma-kenners aan dat asmalyers so fiks moontlik bly en soveel oefening moontlik doen. |
 |
Hoe voorkom mens katarakte? Blootstelling aan ultravioletbestraling op die lange duur word geassosieer met die ontwikkleing van katarakte. Die dra van ‘n breerandhoed en ‘n sonbril van jongs af, wat ultravioletstrale filtreer, kan die ontwikkeling van katarakte vertraag. |
 |
Hoe word katarakte behandel? Tans is die enigste behandeling vir katarakte, chirurgie. Daar kan verskeie jare verloop tussen die opsporing van ‘n katarak en die nodigheid vir chirurgie. Slegs wanneer ‘n katarak inmeng met ‘n persoon se daaglikse handel en wandel, hoef chirurgie oorweeg te word. Die dra van die regte bril, kan in sekere mense, die operasie met ‘n hele ruk uitstel.
|
 |
Wat is die diagnose van katarakte? Die diagnosering van katarakte berus gewoonlik op ‘n oogondersoek asook ‘n studie van die persoon se mediese geskiedenis. ‘n Deel van die ondersoek is ook daarop gemoek om die moontlikheid van ander oogprobleme uit te skakel. |
 |
Wat is die oorsaak van katarakte? Katarakte word geassosieer met veroudering en kom meer algemeen voor onder ouer volwassenes. Omtrent 75 persent van alle katarakte is ouderdomverwant. |
 |
Wat is die simptome van katarakte? Algemene simptome van katarakte sluit die volgende in. |
 |
Wat is die verloop van katarakte? Aanvanklik het ‘n katarak min uitwerking op iemand se normale sig. Dikwels ontwikkel katarakte so stadig dat mense onbewus is van hulle. As die katarak aan die buitenste lens is, is dit moontlik dat geen sigveranderings bespeur kan word nie. ‘n Groeiende katarak in die middel van die lens belemmer egter sig enw ord dus gou opgelet. |
 |
Deel 1: My lewe met kanker My naam is Darius en ek is 21 jaar oud. Twee maande gelede het ek uitgevind ek het breinkanker. Hier is die eerste aflewering van my storie. |
 |
Alkohol: anders vir elkeen Vandag drink jy drie of vier glase wyn en voel heel in beheer, net om môre heeltemal onkapabel te voel na twee glase. Hoekom? |
 |
Van joviaal tot papdronk Die effek van alkohol spoel soos ‘n brander deur jou brein. En jy kan gaan van joviaal, na papdronk, tot morsdood. |
 |
Deel 2: My lewe met kanker Drie maande gelede is Darius Coetzee (21) gediagnoseer met ‘n medulloblastoma. Hier is die tweede aflewering van sy storie. |
 |
Ruben Kruger: ‘n Kykie na breingewasse Dokters het in die jaar 2000 'n breingewas by Ruben Kruger gediagnoseer. Hier is meer inligting oor astrositoom. |
 |
Hoe gesond is ons gesondheidsdienste? Ek is bekommerd oor die stand van gesondheidsdienste in Suid-Afrika. Ek weet nie of iemand anders bekommerd is nie, want ek lees niks in die dagblaaie nie. |