Advertisement
Greased lightning
Racing drivers don't just put pedal to the metal. They're athletes in their own right.
The battle for Africa
With growth slowing elsewhere, the tobacco industry is targeting Africa. But at what cost?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Mediese sake
Hoe gesond is ons gesondheidsdienste?
Created: 12 February 2008
Ek is bekommerd oor die stand van gesondheidsdienste in Suid-Afrika. Ek weet nie of iemand anders bekommerd is nie, want ek lees niks in die dagblaaie – nie in indiepte ondersoekende artikels nie en nie juis iets in die briewekolomme - of hoor niks op die radio van joernaliste, individue of groepe wat besorg is nie.

 
Advertisement
Dr. Manto Tsabalala-Msimang meen dis alles in orde as ‘n tiental pasgebore babas binne ‘n kort tydjie in ‘n enkele hospitaal weens ‘n hospitaalverworwe infeksie sterf.

Watse boodskap stuur dié optrede uit: dis normaal en goed en wel dat pasgebore babas in ‘n hospitaal doodgaan weens kieme wat deur personeel weens onhigiëniese hantering aan die babas oorgedra is.

Iemand het nagelaat om hande te was. Die heel basiese beginsel van goeie gesondheidsorg is nie nagekom nie. Het die nie-handewasser nie van beter geweet nie of net nie omgegee nie?

Ek het met elf mense in die gesondheidsektor gesels en die inligting wat ek ingewin het, maak my bekommerd. Dit is glad nie ‘n indiepte verslag nie. Hier is ‘n vinnige kykie na van die tendense wat my bang maak:

  • Korrupsie en omkoopgeld. Voorvalle waar “manne van Bisho” groot somme omkoopgeld gevra het as voorvereiste vir die goedkeuring vir die bou van ‘n klein kliniek op ‘n groot Oos-Kaapse dorp, is een van talle voorbeelde wat onder my aandag gekom het. Die bou van die kliniek is skielik deur die “Bisho”-regering afgekeur toe die dokters nie die omkoopgeld wou betaal nie. Was omkoopgeld by ander gesondheidsprojekte wat wel die afgelope dertien jaar goedgekeur is, betrokke?
  • Agteruitgang in veiligheids- en higiëniese standaarde in hospitale. Die onlangse babasterftes in Natal en Oos-Kaap spreek vanself. Hoeveel ander voorvalle haal nooit die pers nie? Suid-Afrika het geen objektiewe riglyne in plek om seker te maak dat kwaliteitsbeheer in staats- en private hospitale afgedwing word nie en dat alle verdagte sterftes of waar mense lank in hospitale moet bly, outomatiese ondersoek word nie. Selfs nie nadat ‘n studie in Amerika getoon het dat tussen 44 000 en 98 000 pasiënte per jaar weens hospitaal- en mediese nalatigheid sterf nie. ‘n Britse studie het net sulke skokkende syfers getoon. As mens dié syfers ekstrapoleer, is dit moontlik dat tussen 10 000 en 20 000 pasiënte per jaar onnodiglik in Suid-Afrika weens nalatigheid sterf.
  • Geldvermorsing en agteruitboer. Sommige staatshospitale en staatsgesubsidieerde hospitale wat eens binne hulle begrotings doeltreffende dienste gelewer het, word nou deur swak bestuur gekelder. Groot bedrae geld word vermors op onnodige reis- en verblyf-uitgawes van hospitaalbestuurders, terwyl sale toegemaak moet word weens gebrek aan geld. ‘n Streekregering het onlangs besluit om alle staatsgesubsidieerde hospitale ten volle oor te neem. Die oorname kan die streekregering etlike miljoene per hospitaal kos omdat die spesifieke gemeenskap wat gehelp het om die hospitaal oor al die jare in stand te hou, se aandele uitgekoop moet word, volgens ‘n regskenner. Waar gaan die streekregerings die bykomende geld kry? Of het die streekregerings gemeen hulle gaan dié hospitale se oorblywende aandele gratis oorneem?
  • Die tekort aan verpleegsters. Daar was al dertien jaar gelede ‘n tekort aan verpleegsters in die land. In Wes-Kaap het die ou apartheidsregering die streek en die land ‘n groot onreg aangedoen toe hulle die inname van nuwe verpleegsters vir opleiding van 2000 per jaar tot ‘n skamele 100 per jaar gesny het, en pakette aan verpleegdosente gegee het. Toe oud-min. Kader Asmal die verpleegkolleges sluit, was dit soos die laaste spyker in ‘n doodskis. Die verpleegkolleges het nou weer geopen. Maar al die ervare verpleegdosente is weg. Die opleidingstrukture bestaan nie meer nie en moet van voor-af gevestig word. Dit kan dekades duur.
  • Die de-professionalisering van die verpleegberoep. Gee verpleegsters nog genoeg om vir pasiënte of is dit net nog ‘n werk? Die ou regering het in die negentigerjare ‘n magdom geregistreerde verpleegsters (saalsusters) afgedank, en daardeur basies die ruggraat van ons land se verpleegsorg vernietig. Hoewel ons dankbaar is vir elke verpleegster met een jaar opleiding (verpleegassistente) of twee jaar opleiding (ingeskrewe verpleegsters), is dit die geregisteerde verpleegster met vier jaar opleiding se diepte kennis en leiding wat nodig is in doeltreffende infeksiebeheer, waaksorg, teatersorg en hantering van siek pasiënte wat binne-aarse voeding of behandeling moet kry. Swak vergoedingspakkette, swak koordinering van verpleegdienste op streek- en nasionale vlak, en die toenemende gevoel onder baie pasiënte dat baie verpleegsters verpleging as net nog ‘n werk beskou, wek kommer.
  • Die standaard van dokters-opleiding in die land. Volgens universiteite het die opleiding van dokters en spesialiste nie die afgelope tien jaar agteruit gegaan nie. Maar mense buite die staatsektor stem nie saam nie. Sal Suid-Afrika oor 20 en 50 jaar nog spesialiste hê wat met die bestes in die wêreld kan meeding?
  • Die bekostigbaarheid van gesondheidsorg. Dis wêreldwyd ‘n knelpunt. Net superrykes kan private gesondheidsdienste bekostig sonder om aan ‘n mediese fonds te behoort. Lidbydraes moet styg en voordele moet ingeperk word, bloot om die mediese fonds op gesonde finansiële grondslag te hou. Hoe lank sal private pasiënte nog die bydraes kan bekostig vir toegang tot hoë kwaliteit dienste? En as hy nie kan nie, is die staatsektor al uitweg. Die staatshospitale wat ek onlangs besoek het, het my laat skrik. Swak higiëne, oorvol sale, ‘n gebrek aan medisyne, verslete toerusting, en waar goeie toerusting is, is daar min kundiges wat weet hoe om dit te gebruik.
  • Die staat se planne om ‘n nasionale gesondheidstelsel te vestig. Gaan die Regering private gesondheidsdienste skade aandoen, of gaan hy dit laat voortbestaan?

Dit is van die kwessies wat my onrustig maak.

( Marí Hudson is ‘n bekroonde joernalis en is werksaam by Huisgenoot/Pols)


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous  
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.