Advertisement
From bug-chasing to denial
Bug-chasers actively seek out HIV infection. And some others simply live in denial.
Modern miracles
Aspirin, contraceptives, e-mail, soap, dentists. 200 years ago none of these existed.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Mediese sake
Van joviaal tot papdronk
Last updated: 12 December 2005
Die effek van alkohol spoel soos ‘n brander deur jou brein. En jy kan gaan van joviaal, na papdronk, tot morsdood.

Eers onderdruk dit die voorste frontale lobbe, dan spoel dit na agter oor die brein, en dan na die diep binnekante van van die brein. Dr. Izak Loftus, forensiese en anatomiese patoloog van die Pathcare-groep verduidelik.

 
Advertisement
Alkohol is ‘n onderdrukkende middel; dit onderdruk dus die normale funksies van jou brein.

Hierdie onderdrukkende effek op die brein is amper soos ‘n golf of brander wat oor jou kop spoel. Eers onderdruk dit die voorste frontale lobbe, dan spoel dit verder na agter oor die parietale lobbe, die heel agterste oksipitale lobbe, dan dieper die brein in na die serebellum en uiteindelik oor die diensefalon en mesensefalon (midbrein), en af met die breinstam en medulla oblongata.

Hierdie proses is aaneenlopend, maar sommige funksies soos periferiese visie mag byvoorbeeld reeds op ‘n vroeër stadium aangetas word.

Eerste effek: die joviale fase
Die frontale lobbe huisves die funksies wat jou inhibisies, selfbeheer, wilskrag, oordeelsvermoë en aandagspan onder andere beheer.

Onderdruk dit, en jou selfvertroue styg, jy begin joviaal raak, jy word al hoe meer vrygewig en praat al hoe meer. Inderdaad is dit hoekom alkohol ‘n goeie sosiale smeermiddel is!

Hierdie effek begin reeds met alkoholvlakke van so laag as 0,01g/100ml, met ander woorde, terwyl jy binne die wettige perk van 0,05g/100ml is.

Die probleem is dat reeds by hierdie wettige vlak, jou verlies aan oordeel en veranderde persoonlikheid jou risiko verhoog om onnatuurlik te sterf, byvoorbeeld in ‘n bakleiery.

Miskien is jy beter in staat om weens jou gedrag, opvoeding en selfbeheer, jou persoonlikheid en jouself steeds te kan handhaaf in hierdie fase, en gaan hierdie golf relatief onopsigtelik verby. Dalk nie.

Tweede effek: die sleeptong-fase
Die volgende deel wat affekteer word, die parietale lobbe, word by ongeveer 0,10 g/100ml affekteer.

Dan word jou motoriese vaardighede ingekort; jy praat moeiliker en met ‘n sleeptong (wat jy, snaaks genoeg, self nie hoor nie!), begin te bewe, en ingewikkelde bewegings word moeiliker (ek het altyd die beweerde dronkbestuurders dopgehou as hulle hulle hempsknope vasmaak – ‘n alledaagse aktiwiteit wat skielik dieselfde moeilikheidsgraad het as om ‘n gare deur ‘n naald te steek!) Terselfdertyd word jou sensoriese vaardighede ingekort.

Derde effek: sukkel om te sien-fase
As die oksipitale lob bereik word is die vlak gewoonlik hier by 0,20 g/100ml.

Jou visuele waarnemingsvermoëns word nou ingekort. Jy sukkel al meer om beweging en afstand te evalueer. Jou diepte-visie neem af en jou periferiese sig verminder. As jy nou ry in die skemerlig, gaan jy sukkel om die seuntjie wat agter sy bal aanhardloop, of jou mede-drinkebroer wat langs die pad slingerloop, betyds te sien.

Vierde effek: die omval-fase
Aantasting van die serebellum of kleinbrein begin by ongeveer 0,15 g/100ml en tas veral jou balans aan.

Hopelik het jou vriende jou teen hierdie stadium êrens veilig neergelê.

Vyfde effek: die papdronk-fase
Ons hoop jy lê veilig, want hierna begin die golf teen 0,25 g/100ml oor jou diensefalon en mesensefalon (midbrein) te spoel.

Jy raak moeg en lam, of beter gestel, jy is nou papdronk.

Jy bewe en braak. Hopelik is jou reflekse nog nie so erg onderdruk dat jy nie jou lugweg kan beskerm nie, anders gaan jy jou eie braaksel inasem en dalk sterf. Jou bewussyn is nou onderdruk, soveel dat jy komateus mag wees.

Sesde effek: Onderdrukking van die breinstam – die doodsake-fase
Spoel die golf egter voort, aangedryf deur ‘n bloedalkoholvlak van meer as 0,35 tot 0,40 g/100ml, en bereik dit jou breinstam, insluitende die medulla oblongata, het jy lewensbedreigende probleme. Die sentra wat jou asemhaling en bloedsirkulasie beheer word onderdruk, en jy is besig om te sterf.

Die chroniese drinker
Hierdie waardes verwys na die sosiale gebruiker. Chroniese gebruik of misbruik van alkohol sal die toleransie verhoog, en dus veroorsaak dat ‘n chroniese gebruiker eers by heelwat hoër vlakke van die simptome sal vertoon.

Gewoonlik sal ‘n persoon minder onder die invloed van alkohol vertoon by ‘n gegewe bloedalkoholkonsentrasie (BAK) indien die BAK besig is om te daal as wanneer die BAK besig is om te styg. Dit heet die Mellanby effek, en is die gevolg van die ontwikkeling van akute toleransie van die brein t.o.v alkohol.

(Dr. Izak Loftus, forensiese en anatomiese patoloog van die Pathcare-groep, vir Health24.)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Senior Secretary
Gauteng - North/Sandton
Infrastructure Resource
Gauteng - Johannesburg
Management Accountant
R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R350,000-400,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial and Project Accountant
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Accountant
R380,000-420,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
SSIS Business Intelligence Specialists (SSIS; SSAS)
R350,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Financial Accountant
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - South
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.