Advertisement
Last chance!
Fill in the Health of the Nation Survey. You could win R5 000! Closing today.
Stressed out in SA
The pressure is on. Are South Africans becoming a pill-popping nation of boozers?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Mediese sake
Deel 1: My lewe met kanker
Last updated: 10 January 2007
My naam is Darius Coetzee (21). Tot onlangs het my lewe gedraai om my vriende, uitgaan en om nuwe mense te ontmoet.

Ek het ook baie van sport gehou. Ek was baie betrokke by sport, en het op die Studenteraad vir Boland Kollege gedien. My portefeulje was sport en dit het krieket, rugby, netbal, hokkie, vlugbal en ander sportsoorte ingesluit. Ek het ook die onder sewe rugbyspannetjie van Laerskool Gimnasium in die Paarl afgerig, want ek is mal daaroor om met jong kinders te werk, en ook om die kinders se ouers te ontmoet.

 
Advertisement
Een oggend in Augustus, toe my spannetjie gaan rugby speel het op Somerset-Wes, het ek skielik begin koud kry. Dit was my eerste gewaarwording dat iets fout is. Toe ek ewe skielik ‘n hoofpyn kry, het ek werklik geweet iets is fout. Dit was nie net ‘n gewone hoofpyn wat stadig aankom nie. Dit was skielike hoofpyne; dit het gevoel asof my kop wil bars.

Die tweede keer dat die hoofpyne my oorval het, was toe ek as rugby skeidsregter moes optree toe my spannetjie gespeel het.

Dinsdag 23 Augustus 2005
Ek het saam met my meisie by haar familie in Gordonsbaai gaan kuier. So sesuur die aand, oppad Gordonsbaai toe, terwyl ek lekker met my meisie aan die gesels was, het alles skielik bedompig begin voel. Later het my meisie my wakker gemaak. Dit was my eerste keer dat ek my bewussyn verloor het, maar ek kan niks daarvan onthou nie, en het dit aan moegheid toegeskryf.

Later daardie aand, so teen nege-uur, terwyl ek besig was om koffie te drink, het ek die tweede keer my bewussyn verloor. Weer het my meisie my wakker gemaak. Weereens het ek dit afgemaak dat ek bloot moeg was, dat ek net slaap nodig het, en dat alles weer sal regkom. Maar later dieselfde aand het ek 'n derde en 'n vierde keer weer my bewussyn verloor. En weereens het ek gedink ek is maar net moeg, en het gaan slaap.

24 Augustus 2005
Ons het die oggend lekker vroeg wakker geword en teruggery Paarl toe. By die huis het ek weer 'n rukkie gaan slaap en toe reggemaak vir kollege. Ek is 8 vm kollege toe, en moes weer my bewussyn verloor het, want ek het 'n uur later in die hospitaal se ongevalle-afdeling wakker geword. My pa en my meisie was by my. Ek kon niks onthou van die gebeure voor-af nie.

In die hospitaal het ek voortdurend aan die slaap geraak. 'n Klompie toetse is op my gedoen, soos byvoorbeeld om te kyk of ek reg kan loop en of ek nie bewe nie.

Later die oggend is ek na die Paarl Medi-Kliniek vir X-strale van my brein. Die dokters het gesê dat ek 'n epileptiese aanval gehad het en dat ek as voorsorgmaatreel in die hospitaal moes bly.

(Health24, November 2005)

Lees meer:
Deel 2: My lewe met kanker
This story is also available in English
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Civil Engineering Technician
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R380,000-400,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - West Rand
Treasury Specialist
R300,000-380,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
JAVA DEVELOPER (YL028 – 04/09)
Gauteng
DELPHI DEVELOPER (YL023 – 04/09)
R320,000-360,000 Per Annum Cost To Company Market Related
Gauteng
Senior and Lead .NET Developers (C#.NET, Arc, Design, Code.)
R300,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
A C# Developer (C Sharp Developer)
Gauteng - Johannesburg
A C++ Developer (Software Developer)
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde


 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.