Advertisement
Leg Condition Centre
Yes, that's right. We now have a Leg Centre. Leg injuries, leg exercises and celebrity legs.
Anxiety: a female thing?
Anxiety disorders are very common and women are more likely than men to be anxious.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Mediese sake
Hou op rook en ruik die rose
Created: 05 October 2005
Die regering is vasbeslote om die rookgewoonte in Suid-Afrika hok te slaan. Dr. Manto Tshabalala-Msimang het pas op Internasionale Nie-rookdag nóg strenger teenrook-regulasies aangekondig.

Alles om rokers aan te moedig om die rookgewoonte te laat vaar. Min rokers besef egter dat hul gesondheid binne enkele minute en dae ná rookstaking kan begin verbeter.

 
Advertisement
Rookgewoonte groot probleem in SA
Die rookgewoonte is inderdaad 'n groot probleem in Suid-Afrika.Volgens die Hartstigting van SuiderAfrika rook sowat sewe miljoen Suid-Afrikaners. Meer as 90% van die rokers het voor die ouderdom van 18 begin rook. Dis nie al nie. Die aantal rokers neem sedert 1992 met 3% per jaar toe.

Hoewel die rookgewoonte die vinnigste toeneem in ontwikkelende lande, is dit steeds 'n groot probleem in ontwikkelde lande. Al neem die voorkoms vanrook in byvoorbeeld Amerika af, het rookverwante sterftes pas epidemiese afmetings begin aanneem.

Die longkankersterftesyfer het tussen 1930 en 1997 met 600% onder Amerikaanse vroue toegeneem, en volg presies dieselfde kurwes as die rookgrafieke - net 20 tot 30 jaar later. Verlede jaar het sowat 70 000 Amerikaanse vroue aan longkanker gesterf - meer as aan borskanker en alle vrouekankers tesame.

Dié toename in rooksterftes wag ook op Suid-Afrikaanse rokers.

Rook doen skade aan elke orgaan
Rook berokken skade aan feitlik elke orgaan en stelsel in die liggaam, waarvan impotensie en onvrugbaarheid omtrent die minste is.

Dat rook skadelik is, is te verstane. 'n Sigaret bevat meer as 4 000 giftige chemiese stowwe, waaronder kadmium (wat in batterye gebruik word), bensien en formaldehied ('n preserveermiddel in verf).

Passiewe rook is ook skadelik, veral vir babas en kinders jonger as tien, en word verbind met asma en verskeie longsiektes by kinders.

'n Kind wat grootword in 'n huis met ouers wat rook, het teen sy vyfde verjaardag die ekwivalent van 105 pakkies sigarette se rook ingeasem al rook die ouers nooit in die teenwoordigheid van die kind nie.

Ja, ja. Rook is 'n nare en ongesonde gewoonte. Wat sal dit help om op te hou rook? Prof. Chis Bolliger, pulmonoloog van die Universiteit van Stellenbosch, sê rook is baie verslawender as wat navorsers gereken het, en die rookstaakproses moenie onderskat word nie. Die gesondheidsvoordele van rookstaking maak egter die stryd die moeite werd.

Jou gesondheid begin byna onmiddellik verbeter nadat jy ophou rook het. Só gebeur dit:

  • Binne 20 minute begin jou bloeddruk -wat deur elke sigaretteug verhoog word - tot normaal terugkeer. Ook die spoed van jou hartklop, wat telkens toeneem wanneer jy 'n sigaret rook, word binne 20 minute weer normal.
  • Ná agt uur begin die suurstofvlakke, wat met die rook van 'n sigaret verlaag word, tot normale vlakke terugkeer. Danksy die verbeterde suurstofvlakke in jou bloed begin jou kanse op 'n hartaanval - twee tot drie keer so hoog onder rokers as nie-rokers - weer stadig daal.
  • Oog-irritasie begin binne enkele ure ná jou laaste sigaret verminder.
  • Voortdurende keelseer wat deur sommige rokers ondervind word, begin ook binne ure ná die laaste sigaret verbeter.
  • Slaappatrone begin die nag nadat jy jou laaste sigaret gerook het, verbeter omdat nikotienvlakke in jou bloed begin daal. Jy kan tot 'n uur gouer aan die slaap raak.
  • Binne 24 uur ná jou laaste sigaret is jou liggaam van alle opgeboude koolstofmonoksied ontslae.
  • Binne 24 uur begin die verlammende uitwerking van die gifstowwe in rook op die sweephaartjies binne-in die longpype verminder. Die haartjies begin stadigaan die eerste keer weer beweeg om die opgehoopte slym in die longe los tewoel. Dit kan tot drie weke vir die verlamde sweephaartjies duur om weer goed te funksioneer. Baie rokers begin twee tot drie weke ná rookstaking slym hoes, danksy die sweephaartjies wat weer funksioneer om afvalstowwe uit die longe te verwyder.
  • Binne 48 uur ná rookstaking kan geen nikotien meer in die liggaam opgespoor word nie. Jou reuk- en smaaksintuie begin dan verbeter. Jy sal kos beter proe en blomme begin ruik. Jy begin ook beter ruik vir die mense om jou. Jy kon tot dusver nie jouself ruik nie, maar enige nie-roker kan daarvan getuig dat dit nie aangenaam is nie.
  • Binne 72 uur sal jy ook makliker begin asemhaal omdat jou lugpype begin ontspan. Die verslapping van kringspiere om die lugpype bring mee dat lugpype wyer oop is.
  • Jou energievlakke begin ook binne 72 uur styg. Hoewel baie mense sigarette rook omdat die nikotien hulle opkikker, is rokers se energievlakke in der waarheid baie laer as dié van nie-rokers.
  • Bloedsirkulasie verbeter binne 14 dae ná rookstaking. Dit geld vir sirkulasie na die hartspier, brein en spiere, asook na ander belangrike organe. Mans se ereksie is binne 14 dae ná rookstaking fermer en langduriger.
  • Die voorkoms van impotensie neem binne die volgende maande skerp af. Sowat 80% van alle impotensiegevalle hou verband met die rookgewoonte. Binne maande kan 'n oud roker se spermtelling met 15% toeneem.

Binne drie maande ná rookstaking verminder 'n oud roker se gehoes. Kortasemigheid verminder en longkapasiteit kan met 10% verbeter. Binne 'n jaar kan die gevaar van hartsiektes by 'n oud roker met sowat die helfte verminder.

Vyf jaar ná rookstaking is jou kans op hartsiektes dieselfde as dié van iemand wat nooit gerook het nie. Jou kans op longkanker is ook laer as dié van rokers, mits jy nooit weer rook nie.

Die gesondheid van mense wat minstens drie keer per week minstens 30 minute lank oefen, verbeter die meeste. (mhudson@health24.co.za, Junie 2004)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Financial Manager
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer (Chartered Accountant)
R1000,000-1500,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Tax Consultant (Chartered Accountant) AA preferably
R300,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Western Cape - Cape Town
Financial Manager/Financial Operations (Chartered Accountant)
R380,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Training Specialist
R250,000-320,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - East Rand
CFO
Gauteng
Human Resources Manager
R420,000-540,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer
R900,000-901,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.