Advertisement
5 diet mistakes
Still fat? DietDoc identifies five of the most common diet mistakes people make.
A cancer we can beat
Cervical cancer kills 250 000 women every year. We can eliminate it. Why don't we?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Mediese sake
Sommige kankers groei vinnig
Created: 19 September 2001
Lewer-, pankreas- en longkanker is van die kankersoorte wat aggressief kan groei, en binne weke ná diagnose dood kan veroorsaak.

Volgens prof. Ben Smit, bekende radioterapeut van die Tygerberg Hospitaal, is daar groot variasie in die groeispoed tussen kankersoorte. Selfs 'n kankersoort wat tipies stadig groei - soos prostaatkanker - kan skielik vinnig begin groei.

 
Advertisement
Baie kankersoorte wat as aggressiewe en vinniggroeiende kankers bekend staan, veroorsaak gou ná diagnose die dood omdat hulle laat opgespoor is, en omdat hulle swak op behandeling reageer.

Lewerkanker wat primêr in die lewer ontstaan, is 'n baie dodelike kanker, en reageer byna glad nie op enige chemoterapie nie.

Die grootste oorsake van lewerkanker is blootstelling aan die aansteeklike Hepatitis B-virus wat 'n soort geelsug veroorsaak, en blootstelling aan aflatoksien, 'n gifstof wat deur gemufde grondboontjies, mielies en ander graanprodukte afgeskei word. Die meeste gevalle van lewerkanker behoort in beginsel voorkom te word deur inenting teen Hepatitis B (wat nou in Suid-Afrika beskikbaar is) en deur nie swambesmette produkte te eet nie, het prof. Smit gesê.

In Wes-Kaap diagnoseer onkoloë sowat vyf tot ses gevalle van primêre lewerkanker per jaar, maar in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Mosambiek kom meer gevalle voor juis weens Hepatitis B-virus besmetting en aflatoksien-inname.

Ook mense met pankreaskanker lewe meestal slegs weke tot soms maande nadat die siekte gediagnoseer is. Longkanker - en rook speel beslis 'n groot rol - is ook 'n derduiwel. Hoewel vooruitgang gemaak is in die behandeling van longkanker, oorleef die meeste pasiënte slegs maande ná diagnose van longkanker.

Melanoom (moesiekanker) is ook 'n uiters aggressiewe kanker. Indien dit vroeg opgespoor word, is die kans op herstel goed, maar as die melanoom eers 'n sentimeter of twee die vel ingedring het, is die kans vir verspreiding na ander organe groot, en is dit 'n dodelike kanker. Ovariële kanker word ook dikwels te laat opgespoor.

Sekere limfome (limfklierkankers), sekere soorte leukemia (bloedkanker) en testeskanker reageer goed op behandeling en word nou as heeltemal geneesbaar beskou.

Die sleutel lê dikwels in vroeë opsporing. - Marí Hudson
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
  Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.