Shuttleworth: Dag 4 - Hy voel nie sy hart is kleiner nie
Last updated: 04 May 2007
Wat gebeur vandag met Mark Shuttleworth se liggaam by
zero swaartekrag in die ruimte?
Balans en Ruimtesiekte Die ruimtevaarders dryf in die tuig rond, maar die ergste ruimtesiekte is moontlik reeds iets van die verlede. Die brein en liggaam het moontlik reeds goed aangepas by die gewigloosheid.
Advertisement
Baie minder liggaamsvog Hul gesigte is nie meer geswolle nie, maar in die niere se poging om hierdie vogwanbalanse te herstel, het die liggaam enorme hoeveelhede vog verloor. Die liggaam se vogregulering stabiliseer nou op hierdie nuwe vlak van verlaagde vogvolume. Hulle urineer stadigaan weer redelike gewone hoeveelhede vog afhanged van hoeveel vog hulle drink. Hulle is egter nie juis dors nie.
Verloor rooi- en
witbloedselle Die ruimtevaarders het moontlik reeds ‘n vyfde van hul bloedvolume verloor en ook rooi- en witbloedselle. Hulle voel egter goed en energiek, want dit is “ruimte-normaal”.
Immuniteitstelsel aan't
verswak Ruimtevaarders se immuniteitstelsel is reeds swakker. Die drie ruimtevaarders se speeksel bevat moontlik reeds vandag al meer viruses en bakteriee as op aarde.
Hart krimp Die hart het eers vergroot, en toe begin krimp. Sy hart het moontlik reeds vandag met ‘n derde gekrimp. Sy hartklop is nou weer effe vinniger as die eerste twee dae en “ruimte-normaal” en hy voel energiek.
<
Verloor
Beenmassa Die verswakking van die skelet het reeds gister begin en
duur voort. Verswakking van die skelet is ‘n ernstige newe-effek van reis in die
ruimte.
‘n Ruimtevaarder kan tot 1 persent van sy beenstruktuur
per maand en ook beenspiermassa in die ruimte verloor.
Mark oefen twee en half uur per dag om die been- en
spierverlies te beperk. Hy moet “vasgeanker” word om te kan oefen, anders vlieg
hy met die geringste beweging deur die hele tuig.
Verloor spiermassa Ruimtevaarders kan selfs op kort
sendings 10 tot 20 persent van hulle spiermassa verloor. Die grootste verlies
aan spiermassa is in die rug- en kuitspiere.
Bookmark with:
What are social bookmarks?