Advertisement
Not too good to be true
Generic medicine is just as good as original brand-names, and a lot cheaper.
Beach bodies
Get that body of yours beach-ready! The fittest celebs share their tips.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Jou Hart
So werk die Berlyn-kunshart
Last updated: Monday, May 19, 2008
Suid-Afrika se eerste kunshartoorplanting is die nag van 17/18 Maart 2005 op ‘n 61-jarige man gedoen in ‘n desperate poging om die man se lewe te red.

Die ontvanger het ‘n maand met die kunshart oorleef, maar het die Paasnaweek gesterf nadat selfs die hulp van die kunshart nie sy ernstige longkomplikasies kon oplos nie. Die longskade weens sy uiters verswakte hart het sy tol geeis. Selfs al kon die hartspan betyds ‘n skenkerhart vind, sou hulle dit weens die pasiënt se longskade nie kon oorplant nie.

 
Advertisement
Die span spesialiste van die City Park Hospitaal onder leiding van hartchirurg dr. Willie Koen, het besef dat hulle in ‘n desperate poging die kunshart in die pasiënt oorplant. Nadat die pasiënt se longe aanvanklik tekens van herstel getoon het, kon dit weens maande se té swaarkry onder die man se uiters swak hart, net nie meer die mas opkom nie.

Die span sal in die toekoms weer ‘n kunshartoorplanting doen as ‘n oorbruggingsmaatre:el om ‘n pasiënt te red sodat ‘n skenkerhart ‘n maand later gedoen kan word.

Die Berlyn-kunshart is die nag van 17/18 Maart in ‘n marathon-operasie in die pasiënt oorgeplant. Die operasie is inderhaas gedoen nadat spesialiste besef het die pasiënt sal sonder die kunshart moontlik nie die nag oorleef nie.

‘n Berlyn-kunshart is uitwendig op die pasiënt se maag in die tien uur lange operasie op die man oorgeplant. Die kunshart neem die volle werking van die man se regter- en linkerventrikels oor, en kan tot sowat twee jaar lank die man aan die lewe hou.

Die pasiënt se naam is op aandrang van die familie, nie bekend gemaak nie. Dit het aan die lig gekom dat hartchirurge reeds twee jaar gelede aanbeveel het dat die pasiënt ‘n hartoorplanting ondergaan. ‘n Hartoorplanting sou sy enigste kans op ‘n oorlewing wees.

Die man het egter toe nie kans gesien om op die hartoorplantingswaglys geplaas te word en ‘n hartoorplanting te ontvang nie. Sy longskade was tóé beperk genoeg sodat dit sou herstel n’a ‘n hartoorplanting, het die dokters gereken.

Sy reeds swak hart het die afgelope jaar algaande verder verswak en teen Saterdag het die kardioloog gevrees dat die man nie nog 24 uur sou lewe nie. Met geen skenkerhart beskikbaar nie, was ‘n kunshartoorplanting al uitweg.

Hoewel verskeie pasïënte in Europa reeds so lank as twee jaar met die Berlynhart oorleef, is die kunshartoorplanting slegs ‘n oorbruggingsmaatreël en bly die oorplanting van ‘n skenkerhart steeds die beste opsie.

Die Berlynhart bestaan uit twee hartkamers. Die kunshart van harde deursigtige poli-uretaan, word met rubberbuisies met dakron (sodat die liggaam se selle daaraan sal heg) aan die buitekant en silikon binne aan die pasiënt se hart geheg.

Dit word só gekoppel dat bloed wat vanaf die pasënt se liggaam terugvloei na die pasiënt se regterventrikel, deur buise na die kunshart se regterventrikel vloei. ‘n Draagbare lugdrukstelsel laat die hart ritmies pomp. Die bloed word uit die regterventrikel na longslagare na die longe gepomp. Die bloed keer met suurstof gevul van die longe terug na die linker-atrium van die pasiënt se eie hart, vanwaar dit met ‘n buis na die kunshart se linkerventrikel vloei, en vandaar na regdeur die pasiënt se linkerventrikel tot in die aorta gepomp word sodat dit deur die hele liggaam kan sirkuleer.

Die Berlynhart is by die Berlynse hartsentrum ontwikkel. Die eerste kunshart is in 1982 in Amerika oorgeplant. Baie navorsing word in verskeie sentra in Amerika en Europa gedoen om beter kunsharte te ontwikkel.

(Mari Hudson, Health24, Oktober 2005)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
FINANCIAL ACCOUNTANT
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
SENIOR ACCOUNTANT
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Limpopo
FINANCIAL ACCOUNTANT
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
SENIOR ACCOUNTANT
R340,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - East Rand
ACCOUNTANT
R150,000-200,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
ACCOUNTANT
R180,000-200,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Pretoria
FINANCIAL ACCOUNTANT
R200,000-240,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Pretoria
SENIOR ACCOUNT MANAGER / SALES
Gauteng - North/Sandton
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde


 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.