Advertisement
Top 10 winter foods
Use food to your advantage this winter - the right ones can cut your risk for colds and flu.
Users and abusers
Yes, substance abuse can happen to anyone. Read what our forum users have to say.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Jou Hart
Hartvatomleidings - altyd die beste?
Last updated: Monday, May 19, 2008

Meer as 8400 hartvatomleidingsoperasies word jaarliks in Suid-Afrika gedoen. Dit word meestal gedoen om pyn te verlig, maar verleng in slegs ‘n klein persentasie van gevalle lewe. Word te veel te maklik te gou gedoen?

 
Advertisement
Word te veel hartomleidings te maklik gedoen? Het ballonne/veertjies of cholesterolverlagende middels nie dié operasie oorbodig gemaak nie? Dié artikel is ‘n uittreksel uit ‘n volledige verslag wat in die Junie 2005-uitgawe van die meningstydskrif Insig verskyn.

Amerika en Suid-Afrika
Meer as 600 000 hartvatomleidingsoperasies word jaarliks in Amerika gedoen, en dié industrie beloop $100 miljard. ‘n Amerikaanse hartchirurg verdien jaarliks gemiddeld $1miljoen uit hartvatomleidings. Na raming is sowat 8400 hartvatomleidingsoperasies verlede jaar in die land gedoen - die meeste in die private sektor.

Een uit elke drie verwesterde mans en een een uit elke vier verwesterde vroue in Suid-Afrika sal voor hulle sestigste verjaarsdag ‘n hartaanval kry. Elke jaar kry meer as 50 000 Suid-Afrikaners ‘n hartaanval. ‘n Kwart van dié - sowat 12000 - sterf onmiddellik. Net Skotland, Finland en Noord-Ierland het ‘n groter voorkoms van hartsterftes as Suid-Afrika, volgens die Hartstigting van Suider-Afrika.

Hartvatsiekte
‘n Pasiënt met hartvatsiekte (waar die kroonare gewoonlik oor ‘n lang tydperk verstop) se siekte kan op een van drie maniere aan die lig kom.

Die pasiënt kan sonder enige simptome wees. Gesond en springlewendig. Dan, met ‘n versekerings- of roetine mediese ondersoek, toon die inspannings-EKG (nadat ‘n pasiënt oefening gedoen het) dat ‘n kroonaar of twee op een of meer plekke verstop/vernou is. Die pasiënt kon reeds stil hartaanvalle gehad het waarvan hy onbewus is, maar wat skade aan sy hartspier veroorsaak het.

Die pasiënt kry angina, ‘n borskaspyn, veral as hy aktief is. Hy sit ‘n pilletjie onder die tong en die pyn bedaar. Maar as die pyn te veel word, en die angina te dikwels plaasvind, raak die risiko vir ‘n hartaanval groter.

Die oënskynlik gesonde pasiënt kry summier ‘n hartaanval. Hy sterf onmiddellik, of hy oorleef die hartaanval, afhangend van watter kroonare waar afgesluit is, watter deel van die hartspier nie meer bloed ontvang nie, en hoe groot die deel van die hartspier is wat bloedloos bly. Alle hartaanvalle gee hartspierskade.

Al drie dié gevalle verg mediese behandeling en aandag. Die behandeling - hetsy medikasie, die oopdruk van ‘n kroonaar met ‘n ballon of veer, of ‘n hartvatomleiding - hang af van die plek van die kroonaarverstopping, en die omvang en deel van die hartspier wat bedreig word of beskadig is.

Volgens prof. Helmuth Weich, voormalige hoof van die departement kardiologie van die Tygerberg-Hospitaal en die Universiteit van Stellenbosch en nou in private praktyk, word die meeste hartvatomleidings gedoen om pyn te verlig, en nie soseer om lewe te verleng nie.

Operasie of pille
Drie groot studies het nou getoon dat wat oorlewingsyfers betref, daar min verskil is tussen hartvatomleidings en behandeling met pille. Die persentasie pasiënte wat tien jaar ná ‘n hartvatomleiding lewe is byna dieselfde as dié wat bloot met pille behandel is. Die grootste voordeel van die operasie was pynverligting. Voorts is die koste van ‘n omleidingsoperasie (wat tussen R60 000 en R100 000 in Suid-Afrika kan beloop) dikwels laer as die koste van angina-pille vir 10 jaar.

In sekere gevalle was ‘n hartvatomleidingsoperasie wel lewensreddend en -verlengend, het die studies ook getoon.

Dit kan ‘n lewe red as die pasiënt:
  • ‘n vernouing het in die linkerhoofstam-kroonaar;
  • twee tot drie letsels het, waarvan sommige in die proksimale afdalende kroonaar, of as die pasiënt twee tot drie letsels het saam met ‘n verswakte linkerventrikelfunksie, sê prof. Weich.

‘n Belangrike indikasie vir ‘n hartvatomleiding is borskaspyn. Die pasiënt het pyn omdat die hartspier nie voldoende bloed en suurstof ontvang nie, en in nood is.

Suksessyfers
Die gemiddelde suksessyfer vir hartvatomleidings is 98%. Vir sommige pasiënte met groot hartspierskade en ernstige kroonaarverstopping is die risiko groter. Selfs in die beste hande sal sowat 2 % van pasiënte tydens die operasie sterf. Dit blyk dat in baie gevalle swak hartspierfunksie wat ná ‘n hartaanval volg, verbeter ná ‘n omleiding. Die goeie bloedvoorsiening laat dikwels ‘n hartspier wat verswak was, weer goed saamtrek.

Ballonne, veertjies en pille
Baie meer hartpasiënte se verstopte kroonare word nou met ballonne en veertjies kardiologies en sonder operasies oopgemaak. Terselfdertyd word meer hartvatomleidings nou op ouer pasiënte gedoen, en wel op ouer pasiënte sonder ander risikofaktore soos onder meer nierprobleme, suikersiekte of hoë bloeddruk.

Volgens prof. Weich het ballon-tegnologie die afgelope 15 jaar baie verbeter, het die risiko’s verlaag en die suksessyfer baie verbeter, maar kan ballonne en veertjies nie vir alle pasiënte gebruik word nie.

Dit is nou ‘n gegewe dat pille en ‘n veranderde lewenstyl beslis bydra om hartvatsiektes uit te stel, en om die toe-slik van omleidingsvate uit te stel. Volgens die drie studies het die cholesterolverlagende middels die voorkoms van hartaanvalle in ‘n studiegroep met 40% verlaag teenoor ‘n kontrolegroep sonder dié middels.

Die mens verhaas die toeslik van sy eie of oorgeplante hartvate deur te rook, ‘n dieet met baie vet (en meer as 3 gram vet per 100 g voedsel word as vetryk gereken) te volg, en min oefening te doen, en nie cholesterolverlagende of bloeddrukverlagende middels te neem as dit aangedui is nie, en vertraag dit deur die teenoorgestelde te doen.

Kontaknommers:
  • Die Hartstigting van Suider-Afrika,
  • Spreek jou dokter vir bloeddruk- en bloedcholesterolmetings of oor gevaartekens vir vroegtydige verwysing na ‘n kardioloog.

- (Mari Hudson, Health24, Oktober 2005)

Lees meer:
Hoë bloeddruk is gevaarliker as wat jy dink
Só word die moeilike “Switch” hartoperasie op babas gedoen


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.