Advertisement
Top 10 winter foods
Use food to your advantage this winter - the right ones can cut your risk for colds and flu.
Users and abusers
Yes, substance abuse can happen to anyone. Read what our forum users have to say.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Jou Hart
Russiese kind in Kaap vir hartoperasie
Last updated: 13 October 2005
'n Blou-oog Russiese hartlyertjie, Endokimov Gleb (2), het saam met die hartpionier prof. Chris Barnard in die Kaap aangekom vir 'n dringende operasie om sy lewe te red.

Die reddingsplan is gemaak nadat oudpres. Michail Gorbatsjof van die ou Sowjet-Unie Barnard genader het.

 
Advertisement
Die Barnard-stigting dra die koste daarvan, asook van die seun en sy ma se verblyf en vliegkaartjie. Hy is hier saam met sy ma, me. Evdokimova Kira Alexandrovna, en 'n verteenwoordiger van die Russiese konsulaat.

Dit is die vierde operasie in sy soort wat deur die stigting gefinansier word.

Volgens Barnard, sal die Kaapse hartchirurg dr. Susan Vosloo en 'n span die operasie van twee uur op Gleb gratis in die City Park-hospitaal doen. Evdokimov is volgens Barnard gebore met 'n vernouing in die groot aar van sy hart en ook 'n vernouing in die klep en are na sy longe. As hy nie behandeling ontvang nie, sal hy nie meer lank kan leef nie.

'n Moeë Barnard het gister met sy kinders, Armin (12) en Lara (3), aan die arm gesê die Barnard-stigting, wat ma's en kinders in arm lande help, het verlede jaar 'n prys van die Wêreldgesondheidsorganisasie in Wenen gekry.

Dit is hier dat Barnard en Gorbatsjof ontmoet het."Twee maande gelede het Gorbatsjof ons gevra om Gleb te opereer, omdat Russiese dokters nie die nodige toerusting daarvoor het nie," het Barnard gesê.

Barnard is drie dae gelede na Moskou om met Gorbatsjof en Gleb se dokter te gesels.

Die geld vir Gleb se behandeling en operasie sal ingesamel word deur die verkope van Barnard se nuwe boek, 50 Ways to a Healthy Heart. Barnard is tot 1 Junie in Suid-Afrika om die boek in Kaapstad en in Johannesburg te bemark.

Volgens hom sal die boek oor hoe om jou leefstyl aan te pas om hartkwale te voorkom, in 21 tale vertaal word. "Ek het dit eenvoudig geskryf, sodat dit selfs deur 'n boer se vrou verstaan kan word," het hy gesê. – (Willemien Brummer, Die Burger, 2002)


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.