Advertisement
Greased lightning
Racing drivers don't just put pedal to the metal. They're athletes in their own right.
The battle for Africa
With growth slowing elsewhere, the tobacco industry is targeting Africa. But at what cost?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Jou Hart
Kunshartontvanger sal op skenkerhart wag
Last updated: 13 October 2005
Suid-Afrika se eerste ontvanger van ‘n kunshart sal oor sowat ‘n maand – indien alles volgens plan verloop – op ‘n waglys vir ‘n skenkerhart geplaas word. Dr. Willie Koen en sy span sal probeer om so gou moontlik ná 'n maand 'n hartooplanting op die 61-jarige man te doen.

 
Advertisement
Dr. Koen is tevrede met die pasiënt se vordering.

Die tekort aan skenkerorgane is die grootste knelpunt wat orgaanoorplantings in die land kortwiek. Meer as ‘n duisend Suid-Afrikaners wag op hart-, nier- of leweroorplantings, maar slegs ‘n derde ontvang betyds skenkerorgane, volgens die jongste syfers van die Stigting vir Orgaanskenkers.

Die City Park Hospitaal se oorplantingsko-ordineerder, Alexia Michaelides, het meer inligting oor die soeke na ‘n geskikte skenker en die oorplantingsproses aan Die Burger bekend gemaak.

Slegs iemand wat ná ‘n ongeluk weens breinbeserings sterf, se hart, lewer, niere of longe kan vir oorplanting oorweeg word. In die geval van korneas is byna alle mense wat sterf en nie aan kanker, ‘n virus- of ander siekte ly nie, ‘n potensiële skenker.

Binne 12 tot 24 uur

Indien die breinstam sterf, sal die beseerde se ander organe binne 12 tot 24 uur ophou funksioneer, al bly die pasiënt aan ‘n ventilator gekoppel wat hom laat asemhaal en sy hartklop tydelik onderhou. Baie spesifieke internasionale kriteria bestaan waarvolgens ‘n pasiënt breinstamdood verklaar word. Die pasiënt moet deur twee dokters – een ‘n spesialis - wat niks met die oorplantingspan te doen het nie, breinstamdood verklaar word.

Die dokters toets verskeie reflekse. Indien die pasiënt ‘n middel geneem of ontvang het wat hom slaperig kan maak, moet gewag word dat dié middel se effek uitwerk en dan moet al die toetse herhaal word. As die pasiënt met die afskakeling van die ventilator slegs ‘n enkele asemteug neem, word hy nog nie as breinstamdood gesertifiseer nie.

Nadat die dokter die konsep van breinstamdood aan die familie verduidelik het, word die oorplantingskoördineerder in kennis gestel, en hy/sy kom gesels met die familie. In 60% van gevalle verleen die familie toestemming, volgens sr. Michaelides.

Bloedgroepe bepaal

Hierna word die pasient se bloed getrek om sy bloedgroep en weefseltipe te bepaal, en word vir die vigsvirus en die Hepatitis B- en C-virusse getoets. Die skenker se mediese rekords word nagegaan en met die familie gesels om seker te maak dat hy nie aan kanker of harttsiekte, rumatiekkoors of ‘n ander siekte wat die organe kon aantas, gelei het nie.

Die skenker word gestabiliseer om seker te maak dat sy hart en ander organe goed funksioneer. In die meeste gevalle is die kopppeling aan ‘n ventilator en die toediening van vloeistowwe binne-aars voldoende om die skenker tot 18 uur stabiel te hou.

Sodra die bloedgroepe en weefstipe bekend is en alles verder in orde, kyk die oorplantingskoordineerder en -chirurge na die waglys van pasiënte, en besluit op die beste ontvanger.

Hoe word ontvanger gekies?

In die geval van ‘n skenkerhart, moet die bloedgroep ooreenstem en sal ‘n klein hart vir ‘n kind of klein pasiënt oorgeplant word en ‘n groot man se hart vir ‘n groot persoon. In die geval van niere word die weefseltipe ook in ag geneem omdat daar effe meer tyd is as in die geval vir ‘n hartoorplanting. As daar nie ‘n geskikte ontvanger in die onmiddellik streek van die skenker is nie, word oorplantingseenhede van ander streke gekontak.

Verskillende spanne chirurge gaan na die hospitaal waar die skenker is om die verskillende organe. tegelyk in ‘n teater te verwyder. Die hart word eerste afgeklamp en met preserveervloeistof gevul, en die ander organe onmiddellik daarna. Nadat die organe verwyder is, word die snitte aan die skenker se liggaam weer netjies toegewerk soos ná enige ander operasie byna.

Die hart moet binne vier ure in die skenker oorgeplant word, die niere binne 24 uur, die lewer binne 12-18 uur en die korneas moet binne ses uur ná dood verwyder word.

Kontaknommer

Vir meer inligting, bel die Stigting vir Orgaanskenking se tolvrye nommer 0800-22- 66-11.


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.