Advertisement
Top 10 winter foods
Use food to your advantage this winter - the right ones can cut your risk for colds and flu.
Users and abusers
Yes, substance abuse can happen to anyone. Read what our forum users have to say.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Jou Hart
Eerste kunshart in SA oorgeplant
Last updated: 13 October 2005
Suid-Afrika se eerste kunshartoorplanting is in die vroeë ure van Sondagoggend op ‘n 61-jarige man gedoen.

‘n Span spesialiste van die City Park Hospitaal onder leiding van hartchirurg dr. Willie Koen, het Sondag in die vroeë oggendure in ‘n marathon-operasie in die pasiënt oorgeplant. Die operasie is inderhaas gedoen nadat spesialiste besef het die pasiënt sal sonder die kunshart moontlik nie die nag oorleef nie.

 
Advertisement

‘n Berlyn-kunshart is uitwendig op die pasiënt se maag in die tien uur lange operasie op die man oorgeplant. Die operasie het so lank geduur weens die bloedingsrisiko nadat teenstollingsmiddels voor-af aan die man toegedien moes word. Die kunshart neem die volle werking van die man se regter- en linkerventrikels oor, en kan tot sowat twee jaar lank die man aan die lewe hou.

Woordvoerders van die City Park Hospitaal het vandag – skaars 24 uur ná die operasie – die man se toestand as stabiel bestempel. Hy word in die chirurgiese waaksaal versorg.

Oorplanting was enigste kans op oorlewing
Die pasiënt se naam is op aandrang van die familie, nog nie bekend gemaak nie. Dit het aan die lig gekom dat hartchirurge reeds twee jaar gelede aanbeveel het dat die pasiënt ‘n hartoorplanting ondergaan. ‘n Hartoorplanting sou sy enigste kans op ‘n oorlewing wees. Hy het toe nie kans gesien om op die hartoorplantingswaglys geplaas te word en ‘n hartoorplanting te ontvang nie. Sy reeds swak hart het algaande verder verswak en teen Saterdag het die kardioloog gevrees dat die man nie nog 24 uur sou lewe nie. Met geen skenkerhart beskikbaar nie, was ‘n kunshartoorplanting al uitweg.

Hoewel verskeie pasïënte in Europa reeds so lank as twee jaar met die Berlynhart oorleef, is die kunshartoorplanting slegs ‘n oorbruggingsmaatreël en bly die oorplanting van ‘n skenkerhart steeds die beste opsie. Dokters hoop dat sodra die pasiënt goed herstel het, en sy ander orgaanfunksies ook weer goed op dreef is, hy oor sowat ‘n maand op ‘n waglys vir ‘n geskikte skenkerhart geplaas sal kan word.

Hoe werk die kunshart?
Die Berlynhart bestaan uit twee hartkamers. Die kunshart van harde deursigtige poli-uretaan, word met rubberbuisies met dakron (sodat die liggaam se selle daaraan sal heg) aan die buitekant en silikon binne aan die pasiënt se hart geheg.

Dit word só gekoppel dat bloed wat vanaf die pasënt se liggaam terugvloei na die pasiënt se regterventrikel, deur buise na die kunshart se regterventrikel vloei. ‘n Draagbare lugdrukstelsel laat die hart ritmies pomp. Die bloed word uit die regterventrikel na longslagare na die longe gepomp. Die bloed keer met suurstof gevul van die longe terug na die linker-atrium van die pasiënt se eie hart, vanwaar dit met ‘n buis na die kunshart se linkerventrikel vloei, en vandaar na regdeur die pasiënt se linkerventrikel tot in die aorta gepomp word sodat dit deur die hele liggaam kan sirkuleer.

Dr. Willie Koen is bygestaan deur dr. Otto Thanning, dr. Susan Vosloo, narkotiseurs dr.Anton Ferreira en dr. Lesch Horak, teatersusters en ‘n perfusietegnoloog . Die hospitaal se oorplantingskoordineerder en maatskaplike berader staan die man en sy familie by.

Die Berlynhart is by die Berlynse hartsentrum ontwikkel. Die eerste kunshart is in 1982 in Amerika oorgeplant. Baie navorsing word in verskeie sentra in Amerika en Europa gedoen om beter kunsharte te ontwikkel. – Mari Hudson


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.