Advertisement
Top 10 winter foods
Use food to your advantage this winter - the right ones can cut your risk for colds and flu.
Users and abusers
Yes, substance abuse can happen to anyone. Read what our forum users have to say.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Fiksheid
Hierdie prestasie verdien 'n Oscar
Last updated: 13 October 2005
Oscar Pistorius, 'n matriekseun, het mense verlede jaar in die Paralimpiese Spele in Athene met sy nuwe wêreldrekord in die 200 m verstom. Hoe is dit moontlik dat hierdie 17-jarige atleet, wat as baba albei sy bene verloor het, vinniger kan hardloop as baie ander atlete met hul eie bene?

 
Advertisement
As jy dink dat die kunsledemate se veerkrag hom onregverdig bevoordeel, dink weer, berig Health24.com.

Oscar Pistorius is nie net uitsonderlik vinnig nie. Hy het ook 'n verstommende aanvoeling vir balans en ritme, en 'n uitsonderlike vermoë om te skat waar sy voete is en hoe hulle die grond tref. Al die veerkrag in sy kunsledemate kan nie die verlies van sy kuitspiere, enkels en voete vergoed nie.

Hoe kry Oscar dit reg?
Dit is 'n kwessie van uitstekende beheer van balans, koördinasie en ratsheid - aksies wat Oscar se brein aangeleer het toe hy as kleuter met sy eerste stel kunsbene leer loop het, volgens Ross Tucker, afrigter van die Paralimpiese gouemedaljewenner Malcolm Pringle en Ph.D.student in oefeningsfisiologie.

'n Kind se brein leer patrone aan wat hom help om presies aan te voel en te skat waar sy ledemate is. Dié proses om die ruimtelike oriëntering van jou ledemate te skat en die aksie van jou ledemate te vertrou, staan as propriosepsie bekend. Die brein van baie mense wat later in hul lewe 'n ledemaat verloor, moet eers hierdie geprogrammeerde skattings en aanvoelings afleer, en dan opnuut geprogrammeer word.

Oscar was in staat om propriosepsie van sy kunsbene aan te leer, omdat hy van kleins af hierdie prostesesgebruik het. Dit is moontlik dat hy presies kan aanvoel wanneer sy voet die baan gaan tref op grond van byvoorbeeld seine van die proprioseptore in sy bobene waar die prostese vasgeheg is. Dit was nie vir hom nodig om vorige geprogrammeerde patrone af te leer nie, want hy kon nooit met sy eie voete loop nie.

Dat hy twee kunsbene het pleks van een, hou voordele in betreffende sy ritme. Goeie ritme speel in veral naellope 'n belangrike rol, sê Corné Rossouw, biokinetikus van die departement menslikebewegingswetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch en spesialis in aangepaste bewegingsprogramme en sportafrigting vir mense met gestremdhede. Volgens Rossouw is Oscar se ritme wanneer hy hardloop beter as dié van atlete met een kunsbeen.

Hoe hy met gewone atlete vergelyk
Hoewel Oscar se balans beter as dié van atlete met een kunsbeen is, kan sy algehele balans nie vergelyk word met dié van 'n atleet wat sy eie twee bene kan gebruik nie.

Juis sy gebrek aan die spiere wat ander atlete se balans verbeter, kan lig werp op sy betreklik stadige wegspringe. Oscar het nie daardie duidelike gevoel van die hoeveelheid krag wat hy deur sy kunsbene moet uitoefen om uit die blokke te kom nie, verduidelik Rossouw.

'n Uitsonderlik "goed gekonnekteerde" atleet
'n Russiese biomeganika-kundige bestempel sommige mense as "goed gekon nekteerd" indien hulle in staat is om maklik nuwe tegnieke en vaardighede aan te leer.

"Oscar kan as uitsonderlik goed gekonnekteerd bestempel word omdat hy so vinnig en goed by nuwe prosteses aanpas en nuwe balanspatrone so vinnig aanleer," sê Tucker.

Volgens Rossouw het dit Oscar wel tyd gekos om hom by die nuwe prosteses aan te pas. Oscar se vorige prosteses was baie harder as die nuwe ren-stel en die seine wat dus na sy brein gestuur is, is baie verskillend.

Ondanks die unieke maniere waarop Oscar se liggaam moes aanpas, het hy reeds getoon dat hy teen "gewone" Olimpiese kampioene kan deelneem.

"Indien jy in ag neem hoe stadig Oscar uit die blokke is, is dit moontlik dat sy topspoed net so vinnig as die wêreld se beste 'gewone' atlete s'n is ," sê Tucker.

Dit is moontlik dat die veerkrag van die prosteses Oscar se treë langer maak. Volgens Tucker en Rossouw kan geen voordeel met beter veerkrag egter naastenby kompenseer vir Oscar se verlies aan balans en ritme wat verlore is omdat hy nie sy eie onderbene het nie.

Volgens Tucker sal Oscar moontlik nie in die 100 m en 200 m met die wêreld se bestes kan meeding nie, maar hy reken Oscar het moontlik 'n goeie kans om naam te maak teen die wêreld se beste 400 m-atlete.

(cvrooy@health24.co.za en mhudson@health24.co.za, Februarie 2005)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.