Advertisement
The helper's high
Olivia Rose-Innes has won a Vodacom prize for online journalism. Read her winning story.
Bikers vs breast cancer
Women bikers will embark on a 2 000km journey - to promote breast cancer awareness.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Die Burger
Siftingstoetse vir Suid-Afrikaanse mans
Last updated: 10 October 2005
DIE meeste mans sal eerder 20 km in die reën hardloop of vyf kinderpartytjies op 'n streep bywoon as om hulle aan te meld vir 'n dikderm- of prostaatondersoek.

'n Kinderpartytjie kan 'n man sy vrou se guns laat wen, maar 'n prostaatondersoek kan sy lewe red.

 
Advertisement
Hoofoorsake van dood
Volgens die Mediese Navorsingsraad (MNR) se verslag "Initial burden of disease estimates for South Africa, 2000", was die tien hoofoorsake van sterftes in die jaar 2000: 1. MIV/vigs: 24,6% 2. Geweld: 10% 3. Tuberkulose: 8,1% 4. Hartsiektes: 7,8% 5. Beroerte: 5,9% 6. Padongelukke: 4,4% 7. Longinfeksies: 3,5% 8. Chroniese lugwegobstruksie, met inbegrip van emfiseem: 3,4% 9. Longkanker: 2,1% 10. Suikersiekte: 2,1%

Van dié sterftes kan deur klein lewenstylaanpassings soos veiliger seks (MIV/Vigs), rookstaking (longkanker en emfiseem), voldoende behandeling van asma (emfiseem), en minder alkoholgebruik en groter paraatheid (geweld en padongelukke) voorkom word.

Daar is min twyfel dat die uitwerking van baie siektes wat mans se lewe bedreig, deur vroeë siftingstoetse verklein kan word. In baie gevalle kan sterftes voorkom word deur vroeë opsporing en behandeling, en in ander gevalle kan siftingstoetse tot doeltreffender behandeling en 'n hoër lewensgehalte lei.

Siftingstoetse
Navorsing toon die volgende agt toetse kan 'n groot verskil maak. Hoewel sommige siektes se simptome genoem word, verskyn simptome dikwels eers laat in die siekte. Dit is dus juis belangrik om die siekte te diagnoseer voordat die simptome verskyn.

1. MIV/vigstoets (bloedmonster)
Wanneer: Elke ses maande as jy onveilige seks beoefen (met verskeie bedmaats, sonder 'n kondoom, of anale seks).
Waarom: Al is 'n mens MIV-positief, kan jy met 'n gesonde lewenstyl baie jare lank sonder simptome lewe. Antiretrovirale middels kan jare by jou lewe voeg en jou lewensgehalte verbeter.

2.Bloeddruk.
Wanneer: Al om die ander jaar as jy in jou twintiger- of dertigerjare is, en jaarliks van jou veertigerjare af.
Waarom: Byna 90% van mense bo 55 kry hoë bloeddruk. Jou bloeddruk moet liefs nie 120/80 mmHg oorskry nie. Hoe hoër jou bloeddruk, des te groter is jou risiko vir hartsiektes en beroerte. Met 'n bloeddruk van 135/85 mmHg het 'n mens reeds 'n 100% groter risiko vir hartsiektes en beroerte as iemand met 'n bloeddruk van 115/75 mmHg.

3. Cholesterol. (bloedmonster)
Wanneer: Al om die ander jaar as jy in jou twintiger- en dertigerjare is en 'n familiegeskiedenis van hartsiektes het, en jaarliks van jou veertigerjare af.
Waarom: Hoë cholesterolvlakke verhoog jou risiko vir hartsiektes en beroerte. Dokters beveel aan dat alle bloedvetvlakke, en nie net cholesterolvlakke nie, gemeet word. Mense met 'n familiegeskiedenis van hartsiektes kan danksy nuwe DNS-siftingstoetse baie akkurater gediagnoseer en behandel word.

4. Tipe 2 diabetes (suikersiekte) (bloedmonster).
Wanneer: Alle mense met 'n verhoogde risiko behoort elke drie jaar vir suikersiekte getoets te word. Mense met 'n verhoogde risiko is diegene met 'n familiegeskiedenis van diabetes, alle volwassenes en kinders wat oorgewig is, en almal met hoë bloedcholesterolvlakke of hoë bloeddruk.
Waarom: Mense met tipe 2-diabetes het 'n groter risiko vir hartsiektes en oogprobleme. In 'n vroeë stadium kan dieetaanpassings grootliks help om die siekte onder beheer te bring. Goeie beheer van diabetes is baie belangrik om komplikasies soos hartsiektes en blindheid te voorkom.

5. Prostaat (bloedmonster vir 'n PSA-telling en 'n rektum-ondersoek).
Wanneer: Alle mans in hul veertigerjare met 'n familiegeskiedenis van prostaat- of borskanker behoort jaarliks 'n ondersoek te ondergaan. Alle mans van 50 jaar en ouer behoort een keer per jaar 'n ondersoek te ondergaan. Een uit elke agt mans ouer as 50 jaar sal prostaatkanker ontwikkel. Tipiese simptome sluit in moeitevolle of druppelsgewyse urinering, vergrote limfkliere en bloed in die urine.
Waarom: Mans kry prostaatkanker meer as enige ander kanker. Vroeë opsporing verhoog beslis die kans op oorlewing.

6. Testes-selfondersoek.
Wanneer: Maandeliks, veral as jy onafgedaalde testes het, as jy of jou broer of pa al 'n testesgewas gehad het, of as jy onvrugbaarheidsprobleme ondervind. Let veral op na 'n pynlose knop of swelsel aan die testes, of 'n dowwe pyn of swaar gevoel in die skrotum of buik.
Waarom: Testeskanker is die algemeenste kankersoort onder mans tussen 15 en 35 jaar. Vroeë opsporing kan jou lewe red. Nuwe behandelingsmetodes kan baie doeltreffend wees. Lance Armstrong, wat Saterdag in Frankryk sy aanslag op sy sesde Tour de Francetitel begin, is 'n inspirerende voorbeeld.

7. Dikdermondersoek. (By voorkeur 'n kolonoskopie - 'n inwendige ondersoek, ná 'n kalmeermiddel, met 'n buigbare instrument of, in gevalle van familiegeskiedenis, 'n DNS-toets.)
Wanneer: Elke vyf jaar as jy in jou twintiger- of dertigerjare is en 'n familiegeskiedenis van dikdermkanker het. Elke drie tot vyf jaar as jy in jou veertigerjare is en 'n familiegeskiedenis van dikdermkanker het; andersins elke vyf jaar. Jaarliks as jy 50 of ouer is. Let op na skielike veranderings in jou badkamerpatrone, bloed in die stoelgang, koliek en 'n gevoel van opgeblasenheid.
Waarom: Kolorektale (dikderm-)kanker is die vyfde algemeenste kanker onder Suid-Afrikaanse mans. As dit vroeg opgespoor word, kan doeltreffende behandeling toegepas word. Oorerflike dikdermkanker kom in heelwat SuidAfrikaanse gesinne voor: Een uit elke vier gevalle van dikdermkanker is geneties, en kan baie vroeg (reeds in die tienerjare) met nuwe DNS-toetse opgespoor word.

8. Velondersoek ('n dermatoloog bekyk die voorkoms van 'n letsel, en neem soms 'n klein biopsie daarvan.)
Wanneer: Elke jaar vir mans bo 40. Mans wat gereeld gholf of krieket speel of gespeel het, boere, vissermanne en ander buitelugmans het 'n groter risiko om velkanker op te doen. Ook mans met donkerder velle kan velkanker opdoen.
Waarom: Suid-Afrika het naas Australië en Mexiko van die hoogste velkankerkoerse ter wêreld. Twee van die drie soorte velkanker kan baie doeltreffend behandel word as dit vroeg gediagnoseer word. (mhudson@health24.co.za en serasmus@health24.co.za, Junie 2004)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Senior Manager:Human Capital Operations
R26,000-47,000 Per Month Cost To Company
South Africa
Accountant
R170,000-200,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Property Analyst
R20,000-25,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - West Rand
Senior Financial Analyst
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Project manager
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Senior Designer - Horizons Inflight Magazine
Western Cape - Cape Town
Internal SAP DBM Consultant
Gauteng - Johannesburg
TREASURY ACCOUNTANT
Gauteng - Johannesburg
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.