Advertisement
Leg Condition Centre
Yes, that's right. We now have a Leg Centre. Leg injuries, leg exercises and celebrity legs.
Anxiety: a female thing?
Anxiety disorders are very common and women are more likely than men to be anxious.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Die Burger
Sielkundige aspekte van die Beslan-slagting
Created: 04 October 2005
Die onlangse beleg deur terroriste van die skool op Beslan in Noord-Ossetië, Rusland, het van meet af aan tekens van 'n naderende tragedie getoon. Die Russiese owerheid se swak hantering van die beleg kan egter bydra om die nagevolge vir die slagoffers te vererger, skryf prof. Michael Simpson, Health24 se aanlyn-psigiater en ook bekende trauma-psigiater.

 
Advertisement
Die onsuksesvolle intervensies
Die feit dat die media op die toneel toegelaat is, het aan die begin byna verfrissend gelyk- veral teen die agtergrond van Rusland se ontkenning en verdoeseling van vlieg- en ander rampe en pogings tot algehele beheer oor die media in die verlede. Maar dit is waar enige plan van owerheidskant geëindig het.

Toe die slagting op Vrydag 3 September begin, het dit duidelik geword dat 'n chaos heers en dat daar geen reaksie- en intervensieplan bestaan nie.

'n Mens kan selfs die vraag stel of die uitkoms nie beter vir die kinders en inwoners van Ossetië sou gewees het as die owerheid glad nie ingemeng het nie.

Daar was - ten aanskoue van die wêreld - absolute pandemonium, met mense wat wild rondhardloop. Geen gebied is afgebaken nie. Elkeen kon doen wat hy wou. 'n Terroris sou maklik in die skare kon verdwyn as hy in burgerlike drag of 'n Russiese weermaguniform geklee sou wees.

Ook wonder 'n mens hoeveel ongevalle deur die "vriendelike skote" veroorsaak is. Dit getuig van uiters swak begrip deur 'n owerheid - of enige ander onderhandelaar of ingryper in 'n gyselaarsdrama - om 'n uitkoms op te lewer wat swakker is as wat dit kon wees sonder enige ingryping.

Die eerste fout was die "onderhandelaars" se ondeurdagte aanvaarding dat die gewone gyselaars-onderhandelingsmetodes tot 'n vreedsame oplossing sou lei.

Die onderhandelaars het verskeie basiese aspekte geïgnoreer:

  • Die terroriste se kennis van onderhandelingstaktiek is net so goed of beter as dié van die onderhandelaars. Danksy studies oor die aard en "normale" verloop van gyselaarsdramas het die mensdom se onderhandelingstaktiek in sulke situasies baie verbeter. Maar daar word vergeet dat terreurgroepe ook hierdie taktiek bestudeer. 'n Goeie terroris is deeglik voorberei, ook oor die taktiek van die onderhandelaars en hoe om dit te neutraliseer om beheer oor die situasie te behou.
  • Gewone gyselaars-onderhandelingstaktiek is ondoeltreffend teen terroriste. Dit is meestal doeltreffend in gevalle waar 'n private burger mense as gyselaars neem omdat hy sielkundige probleme het of onder groot stres is en sy rede persoonlik is, of waar "gewone" misdadigers mense as gyselaars neem om hulself te verryk of te bevoordeel.
  • Doodsdreigemente het geen angel vir selfmoord-bomaanvallers en terroriste nie. Hulle vrees nie die dood nie, maar verlang daarna omdat hulle glo dit sal politieke en godsdiensglorie vir hulle bring. Hulle het geen begeerte om selfvernietiging te vermy nie. Om 'n vreedsame uitkoms te bied, staan 'n djihadis wat juis konfrontasie en 'n versnelde toegang tot die hemel verlang, glad nie aan nie. In private en strafregtelike gyselaarsdramas wil die gyselaarnemer gewoonlik oorleef om spesifieke doelwitte te bereik. Beloftes om skotvry weg te stap, kindertoesig, die terugkeer van die geliefde, 'n helikopter en 'n miljoen dollar is dus alles dinge wat belowe en selfs verskaf kan word.
  • 'n Gebrek aan eise of grandiose, onhaalbare eise kap die onderhandelaar se hande af. As die terroriste, soos in Beslan, geen eise stel nie, beëindig dit die onderhandelingsproses onmiddellik.
  • 'n Onderhandelaar probeer op verskeie maniere 'n "verhouding" met die gyselaarnemer opbou, maar die terroriste het geweier om kos, water of mediese voorraad te aanvaar. Dit was van meet af aan nie deel van hul plan om die gebeurtenis te oorleef nie en hulle wou nie hul gyselaars veiliger of gemakliker laat voel nie.
  • Terroriste wil terreur saai. Hoe onskuldiger die slagoffer, des te groter is die gemeenskap se woede en verslaentheid.
  • Terrorisme is 'n tegniek van instrumentele geweld waar A dreig om groot skade aan B aan te rig in 'n poging om C by te kom. C kan die regering of die publiek wees. Maar daar is 'n nuwe patroon van terreur wat nog moeiliker is om teen te staan en deur Al-Kaï da et al bedryf word. Daar is geen koherente politieke agenda nie en onrealistiese, grandiose en Messiaanse ideale word gekoester.

Die moontlike uitwerking op die oorlewendes
Ons is deesdae meer bewus van die moontlike sielkundige skade wat letsels kan laat. Met die Beslan-beleg is al die kinders aan die dreigemente blootgestel, en baie van hulle aan fisieke geweld, asook die aanskoue daarvan. Hulle is ook doelbewus tot die uiterste beproef weens vrees, honger, dors, onsekerheid en vernedering - tipiese breinspoelingsmetodes om sielkundige trauma te berokken.

Daarmee saam kan die algehele chaos en wanorde waarin die slagoffers uit die skool gekom het, tot sielkundige skade bydra. 'n Terugkeer na 'n kalm en rustige gemeenskap en ouers sou die helingsproses aangehelp het, maar die gemeenskap is self uiters getraumatiseer.

Die meeste kinders het wel 'n verstommende uithou-, herstel- en oorlewingsvermoë. Hul herstel kan almal moontlik verstom. Hulp en ondersteuning sal egter help.

Ongelukkig het ons nog geen teken gesien van enige Russiese sielkundiges of ander met ervaring van die hantering van trauma om die kinder- en volwasse slagoffers te help nie.

In Suid-Afrika - soos in Rusland - is daar ondanks versoeke aan die minister van gesondheid nie 'n plan, span en geriewe om soortgelyke gebeurtenisse ook sielkundig te hanteer nie.

(Professor Michael Simpson, November 2004)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Financial Manager
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer (Chartered Accountant)
R1000,000-1500,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Tax Consultant (Chartered Accountant) AA preferably
R300,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Western Cape - Cape Town
Financial Manager/Financial Operations (Chartered Accountant)
R380,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Training Specialist
R250,000-320,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - East Rand
CFO
Gauteng
Human Resources Manager
R420,000-540,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer
R900,000-901,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.