Advertisement
From bug-chasing to denial
Bug-chasers actively seek out HIV infection. And some others simply live in denial.
Modern miracles
Aspirin, contraceptives, e-mail, soap, dentists. 200 years ago none of these existed.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Die Burger
Vet en gewigsverlies lê in jou gene
Last updated: 05 October 2005
Hoe gebeur dit dat sommige mense ondanks 'n streng dieet sukkel om gewig te verloor, of dat twee mense wat presies dieselfde kos eet en dieselfde oefeninge doen, nie ewe veel gewig verloor nie?

 
Advertisement
Die antwoord lê meer in jou gene as wat jy dalk dink.

Want as jy 'n 825CC is, kan jy goed gewig verloor met die hulp van geneesmiddels, maar as jy 'n 825TT is, kan dieet en oefening waarskynlik beter help. Dï t is die nuwe genetiese benadering tot vetsugbehandeling wat nou ook in Suid-Afrika posvat.

Vetsug is besig om epidemiese afmetings aan te neem. Een uit elke drie Amerikaners en een uit elke vyf Europeërs is reeds obees (gemiddeld meer as 10 kg oorgewig). Hoewel geen syfers vir Suid-Afrika bekend is nie, is sowat twee uit elke vyf Suid-Afrikaanse mans, vroue en kinders reeds oorgewig.

Oorgewig hou verband met 'n groter risiko vir hartsiektes, hoë bloeddruk, beroerte en osteo-artritis, en word ook in sommige studies verbind met borskanker, dikderm-rektumkanker, en kanker van die slukderm en baarmoeder.

Dit kan ook tot lewerversaking lei. Lewerversaking weens vetsug is reeds aan die toeneem in Amerika.

Genetika vs. omgewingsfaktore
'n Mens word oorgewig as jy meer energie (in die vorm van voedsel) inneem as wat jy verbrand deur fisieke aktiwiteit. Genetiese faktore speel egter ook 'n rol in die regulering van hierdie energiebalans.

Juis die feit dat twee mense wat dieselfde dieet en oefenprogram volg, se vetmassa, velvoudikte en liggaamsmassa-indeks (wat oorgewig aandui) met tussen 40% en 70% kan verskil, bevestig dat genetiese faktore ter sprake is.

Die genekaart wat in meerdere of mindere mate jou liggaamsgewig beïnvloed, is kompleks. Alle geheime is beslis nog nie ontrafel nie.

Navorsers het reeds 15 gene by die naam geïdentifiseer wat beslis die regulering van liggaamsmassa beïnvloed, en 'n verdere 65 gene wat met vetsug verband hou.

Meer as 430 gene, geenmerkers en chromosoomstreke kan egter een of ander groot of klein rol in vetsug speel, verduidelik dr. Maritha Kotzé, genetiese navorser van die Genecare-laboratorium in Kaapstad.

Die manier waarop hierdie vetsug-gene oorgeërf word, is ook ingewikkeld en verskil byna van geen tot geen. Sommige (soos die leptien-geen) word op eenvoudige wyse oorgeërf - jy het dit of jy het dit nie, en as jy dit het, is die kans groot dat jy vet is. Ander gene word in pare of groepe oorgeërf, en draers is nie noodwendig vet nie.

Navorsers kan deur die kombinasies van die gene na te gaan, jou geneigdheid tot oorgewig bepaal.

Wie reageer beter op dieet?
'n Omvattende studie op 2 141 mense het getoon dat 'n spesifieke geen bepaal of mense maklik gewig aansit as hulle baie vetkosse eet. Sommige mense in die groep kan gewig verloor met vermindering van totale vetinname, terwyl ander gewig kan verloor indien hulle bloot versadigde diervette met mono-onversadigde vette vervang.

Wie sal die beste reageer op lewenstylveranderings?
Mense met Beta2-adrenoreseptor-geenpolimorfisme - 'n derde van die bevolking dra dié geen met die moeilike naam - is 3,45 keer so geneig om obees te wees as mense wat nie hierdie geen dra nie. Onaktiewe mans wat dié geen dra, het 'n groot kans om vetsugtig te wees. Deur dieet en oefening kan dié mans baie gewig verloor.

Vroue met GNB3-geenpolimorfisme het 'n groot geneigdheid om te veel gewig tydens swangerskap aan te sit en sukkel om dit weer te verloor. Dieet en oefening kan hulle help.

Wie sal op geneesmiddels reageer?
Die middel sibutramien (bekend as Reductal) onderdruk eetlus via die serotonienreseptore en is nie verslawend nie. Dit word soms voorgeskryf om gewigsverlies aan te help, sê dr. Corné Kruger van die Tygerberg-hospitaal en die Medi-Clinic Louis Leipoldt. Mense se respons op dié medisyne kan drasties verskil weens die kombinasie van hul GNB3-geenpolimorfisme, wat kortweg CC, TT of TC kan wees.

CC-draers reageer baie goed op dié middel, terwyl die twee ander groepe geen langtermyn-gewigsverlies kon handhaaf nie, het 'n oorsese studie getoon.

CT- of TT-draers verloor beter gewig met 'n dieet en oefening. Die T-gene kan ook ingespan word as voorspellers van 'n risiko van hoë bloeddruk.

In der waarheid is 50% van blanke Suid-Afrikaners en 80% van swart Suid-Afrikaners draers van die TT- of CT-geen. Dié persentasies stem ooreen met die voorkoms van hoë bloeddruk by die bevolking.

Navorsers het ook vasgestel dat indien mense in die CT- en TTgroep met die bloeddrukmiddel Clonidine behandel word, hul bloeddruk baie goed beheer kan word.

Die toekoms
Genetiese toetsing sal toenemend gebruik word om dokters te help om obesiteit te voorkom, voorspel, monitor en te behandel, asook die siektetoestande wat daarmee gepaardgaan. 'n Span dokters, dieetkundiges en genetici het reeds met 'n projek begin om hierdie nuwe benadering in werkbare behandelingsplanne vir pasiënte in Suid-Afrika te omskep.

Onthou dat wilskrag 'n uiters belangrike faktor is. Mense wat wel vetsug-gene dra, kan steeds deur wilskrag, beheer van eetpatrone en oefening daarin slaag om nooit vet te word nie, of gewig te verloor, sê Kotzé. (mhudson@health24.co.za, September 2004)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Senior Secretary
Gauteng - North/Sandton
Infrastructure Resource
Gauteng - Johannesburg
Management Accountant
R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R350,000-400,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial and Project Accountant
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Accountant
R380,000-420,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
SSIS Business Intelligence Specialists (SSIS; SSAS)
R350,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Financial Accountant
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - South
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.