Advertisement
Chuck out expired meds
Expired medicines are dangerous - but how can you get rid of them safely?
On an empty stomach
Should you eat before or after your daily exercise? DietDoc settles this question.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Die Burger
Arafat: diagnose toe komplikasie
Created: 03 October 2005
Woensdag kom die groot aankondiging toe. Franse dokters het bekend gemaak dat die Palestynse leier Jasser Arafat beswyk het aan 'n toestand bekend as verspreide intravaskulêre koagulasie (VIK). Maar hier is weer 'n kinkel in die kabel. Dis steeds 'n geheim, want VIK is bloot 'n komplikasie van een van talle siektes. Die sluier is steeds nie gelig oor die ware oorsaak van sy dood nie.

 
Advertisement
Wat is VIK ? Het jy al gehoor van 'n vrou wat terwyl sy kraam of daarna skielik en onbeheerbaar begin bloei, met bloed wat letterlik uit die spuitnaald-gaatjies in haar vel stroom? Of van 'n kind wat ná 'n breinbesering skielik massiewe brein- en orgaanbloedings ontwikkel? Of van iemand met 'n tipe bloedkanker, of kanker van die maag, prostaat, long of pankreas wat piepklein bloedstolseltjies vorm, gevolg deur erge bloeding?

Dit is almal gevalle van VIK. Hoewel VIK die laaste en noodlottige komplikasie kan wees wat die spreekwoordelike spyker in die doodskis kan wees, is dit nooit die ware oorsaak van dood nie.

In Suid-Afrika is dit nie vir patoloë aanvaarbaar dat VIK as "oorsaak van dood" op 'n doodsertifikaat aangedui word nie. Om dit te doen, is so goed soos om Pneumocystis pneumonia , 'n tipe longontsteking wat dikwels in die terminale fase van vigs ontwikkel, as oorsaak van die dood van 'n vigslyer aan te dui, terwyl vigs die oorsaak is.

VIK is 'n dubbele komplikasie wat ontstaan as 'n ernstige siekte/besering die delikate balans tussen bloedstolling en voorkoming van ongevraagde stolling in die liggaam versteur. Enersyds begin piepklein bloedstolseltjies deur die hele liggaam vorm. Dié stolselvorming deur die hele liggaam put dan al die stollingsfaktore uit sodat enorme bloedings in alle organe kan ontstaan. VIK kan dus tot stolselvorming of tot ernstige bloedings, of albei, lei. Die simptome Die simptome van VIK kan insluit:

  • Bloeding - waarskynlik wydverspreid in die liggaam;
  • die vorming van piepklein stolsels wat sigbaar word as klein rooiblou kolletjies op die vel of rooiblou verkleuring van die vingers;
  • en skielike kneusplekke op die vel.

Kan die bloedings stopgesit word? Die onmiddellike doel van behandeling is om die bloedstollingsbalans te herstel, maar die mikpunt van die behandeling is om die onderliggende oorsaak van die stollingsprobleem te herstel.

Hoe word VIK behandel?
Die behandeling van VIK is delikaat. Die uitgeputte stollingsfaktore moet aangevul word - gewoonlik deur 'n plasma-oortapping - en dan moet heparien ook gebruik word. Gee die dokter te veel heparien, kan dit die bloedings vererger, gee hy te min, kan dit tot nuwe stolselvorming lei.

Kan mense se lewe gered word? Of mense met VIK se lewe gered kan word, hang af van die onderliggende oorsaak. Indien die bloeding reeds in die brein en ander organe plaasgevind het, of bloedvloei ingeperk word, of die persoon beroerte ontwikkel, is die kans op herstel gering.

Wat het Arafat se VIK veroorsaak? Met die enorme onthulling in pag - dat Arafat die komplikasie VIK ontwikkel het - is dit steeds onduidelik wat presies die VIK veroorsaak het. Die breinbloeding wat hy ontwikkel het, pas in by die diagnose van VIK.

Mens kan probeer om met 'n eliminasie-proses by 'n antwoord uit te kom. VIK as komplikasie van:

  • Kraam. Dié oorsaak tel nie in Arafat se geval nie
  • Infeksie. VIK weens infeksie lei gewoonlik oor 'n kort tydperk tot oormatige bloeding . Arafat het weliswaar ernstige griep gehad. Die moontlikheid dat hy ernstige griep gekry het omdat hy immuunonderdruk is, geld steeds. Die rede vir sy immuunonderdrukking is egter steeds bespiegelings. Kanker kan tot immuunonderdrukking lei. Bloot die geheimsinnigheid oor sy diagnose laat mense gis oor Vigs.
  • Kanker. Indien VIK 'n effens meer chroniese weg volg - soos moontlik in Arafat se geval - begin dit dikwels met klein stolseltjies, en dan bloedings. Mense met bloedkanker, maag-, long-, prostaat- of pankreaskanker loop die grootste risiko vir VIK. Die moontlikheid dat Arafat een van dié kankersoorte onder lede had, is steeds 'n sterk moontlikheid.
  • Kankerbehandeling. Dit is inderwaarheid heel moontlik dat Arafat weens sekere chemoterapeutiese middels uiteindelik VIK ontwikkel het.
  • Vergiftiging. Langdurige blootstelling aan toksiene soos benseendampe kan ook tot VIK lei. Suid-Afrikaanse dokters reken dat Franse dokters beslis hierdie moontlikheid met 100% sekerheid sou kon bevestig of ontken.
  • Trauma, breinbesering, slangbyt, brandwonde en ander: Sover vasgestel kon word, het nie een van die rampe Arafat kort voor sy dood getref nie.

Laat ons hoop dat Arafat se dokters die raaisel spoedig opklaar. Dit is soveel anders as in die geval van Amerika se staatshoofde, waar Clinton of Cheney skaars nies, of hul dokters sê alles. (Mari Hudson, Health24, November 2004)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Civil Engineering Technician
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R380,000-400,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - West Rand
Treasury Specialist
R300,000-380,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
JAVA DEVELOPER (YL028 – 04/09)
Gauteng
DELPHI DEVELOPER (YL023 – 04/09)
R320,000-360,000 Per Annum Cost To Company Market Related
Gauteng
Senior and Lead .NET Developers (C#.NET, Arc, Design, Code.)
R300,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
A C# Developer (C Sharp Developer)
Gauteng - Johannesburg
A C++ Developer (Software Developer)
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde


 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.