Advertisement
5 diet mistakes
Still fat? DietDoc identifies five of the most common diet mistakes people make.
A cancer we can beat
Cervical cancer kills 250 000 women every year. We can eliminate it. Why don't we?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Die Burger
Die psige van oorgewig
Last updated: 10 October 2005
Gewigsverliesprogramme en diëte sou eenvoudige en suksesvolle oplossings gewees het indien oorgewig slegs 'n kwessie van te veel eet was. Maar hoekom sukkel so baie mense om gewig te verloor?

 
Advertisement
Die antwoord lê dalk in die psige, meen kenners. Ilse Pauw en Mari Hudson van Health24.com het met kundiges gesels.

Hoë bloeddruk, beroerte, hartsiektes en diabetes. Die meeste mense wat oorgewig is, is inderwaarheid terdeë bewus van hierdie gesondheidsrisiko's en -gevare wat met oorgewig gepaardgaan. Hulle weet ook presies wat die regte dinge is om te doen om gewig te verloor.

Sielkundige faktore speel 'n belangrike rol
Baie mense ondersoek nie al die faktore wat tot oorgewig lei nie, is die mening van kundiges met wie www.health24.com gesels het. Almal weet dat ongesonde eetpatrone en 'n onaktiewe leefstyl beslis oorsake is, maar baie mense ignoreer die belangrike rol wat sielkundige faktore kan speel.

"Baie mense eet te veel in 'n poging om spanning, stres of 'n emosie te hanteer," het dr. Clara Gerhard, obesiteitskundige en mede professor in familiestudie by die Samford-universiteit in Amerika, verduidelik.

"Ons kan byvoorbeeld probeer om stres te hanteer deur te eet. Ons etery help ons nie om stres doeltreffender te hanteer nie, maar dit bied vertroosting. Ongelukkig is dit 'n duur prys om te betaal. Dié vorm van stresverligting lei dikwels tot skuldgevoelens. Só ontwikkel 'n bose kringloop van spanning, eet, skuldgevoelens, spanning en eet," sê Gerhard.

Oorgewig het 'n geskiedenis
Oorgewig mense kom dikwels uit gesinne met 'n geskiedenis van verslawing en gebrekkige konflikhantering, sê Graham Alexander, 'n kliniese sielkundige van Kaapstad wat in eetversteurings spesialiseer.

Gesinslede van oorgewig mense is ook geneig om oorbetrokke te wees of glad nie hegte bande met mekaar te vorm nie. Mense in sulke gesinne oorkompenseer dikwels deur hulle te ooreet.

Seksuele molestering of mishandeling is 'n algemene oorsaak van verskeie vorms van eetversteurings wat ooreetsessies, anoreksie en bulimie kan insluit. "Mense wat ná seksuele molestering of mishandeling hulle tot ooreetsessies wend, eet omdat die kos 'n emosionele holte wat deur die mishandeling veroorsaak is, vul. Om vet te wees is in dié gevalle 'n beskermende skans teen die blootstelling van hul seksualiteit. Hulle is vet en onaantreklik , maar dit is hoe hulle aan hulself verduidelik hoe hulle wil lyk. Dit is natuurlik net 'n illusie, want geen mens kan hom werklik op dié manier teen ander beskerm nie," sê Alexander.

Eet verskaf kitsbevrediging
Om gewig te verloor en die laer gewig permanent te handhaaf, is besonder moeilik omdat mense geprogrammeer is om vir oorlewing te eet. Eet verskaf kitsbevrediging, terwyl gewigsverlies 'n lang en stadige proses is.

"Diëte werk nie - 90% van alle mense slaag nie daarin om gewig te verloor nie. Mense kan die beste voornemens hê, maar as hulle 'n beperkende dieet volg, sal hulle tien teen een tou opgooi omdat hulle voel hulle word kos ontneem. Hulle is dan geneig om meer as ooit tevore te ooreet en gewig aan te sit . Mislukte diëte lei tot gewigstoename," sê Alexander.

Kenners stel dus voor dat gewigsverlies uit verskeie hoeke aangepak word -'n gesonde dieet, oefening en sielkundige ondersteuning.

Oorgewig mense het 'n beter kans om gewig te verloor indien diëte op 'n nuwe manier aangepak word. Die klem moet nie soseer op gewigsverlies wees nie, maar op 'n gesonde leefstyl. Om net op gewigsverlies te fokus, kan verdere patologiese eetpatrone versterk, waarsku Alexander.

Sielkundige betrokkenheid baie belangrik
Baie oorgewig mense het 'n sielkundige nodig om die oorsake van oorgewig vas te stel en om die persoon aan te moedig om by 'n eetplan te hou.

"Wanneer 'n mens gewig begin verloor, verhoog die angsvlakke dikwels omdat die beskermingsmeganisme (die vet lyf) verwyder is. Die terapeut moet die persoon help om die dieper sielkundige wonde te genees," sê Alexander.

Gerhard meen ouers moet meer verantwoordelikheid vir hul kinders se eetpatrone neem.

"Ouers kan baie belangrike rolmodelle vir hul kinders wees. Die ma wat alewig op 'n dieet is, leer haar kind om te veel op kos te fokus. Die gesin wat nooit saam eet nie, leer 'n kind om onbetrokke te wees. As ons ons kinders toelaat om kitskosse te eet en boonop 'n onaktiewe leefstyl te lei, kweek ons gewoontes wat letterlik en figuurlik 'n baie swaar las word wanneer hulle ouer is."

Ouers moet 'n besluit neem om in die gesondheid van hul kinders te belê deur op 'n gesonde leefstyl te fokus - en hulle moet lei deur die voorbeeld te stel, sê Gerhard.

(ipauw@health24.co.za en mhudson@health24.co.za, Februarie 2005)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.