Advertisement
Top 10 winter foods
Use food to your advantage this winter - the right ones can cut your risk for colds and flu.
Users and abusers
Yes, substance abuse can happen to anyone. Read what our forum users have to say.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Die Burger
Marburg-paniek
Last updated: 05 October 2005
Die grootste uitbreking van Marburg-koors, 'n bloedingsiekte soortgelyk aan die gevreesde Ebola, het reeds meer as 156 lewens in Angola geëis.

'n Suid-Afrikaner het ook ná sy terugkeer uit Luanda aan die siekte gesterf. Al sy Steynsburgse kontakte word nou vir die virus getoets. Mense wat van plan is om Angola te besoek, moet dalk hul reis uitstel. Health24.com berig oor die potensieel dodelike siekte.

 
Advertisement
Die atmosfeer in hospitale in Luanda is somber volgens nuusberigte uit dié stad. Dokters en verpleegsters wat die pasiënte -die meeste is kinders jonger as vyf jaar - behandel, is bekommerd. Die kinders bloei uit hul ingewande en longe en die plaaslike medici weet min van Marburg-koors. Die eerste gevalle is sonder chirurgiese handskoene en maskers gehanteer en baie van die eerste volwasse slagoffers is inderdaad verpleegsters.

Die Amerikaanse Sentra vir Siektebeheer het reeds dokters en wetenskaplikes na die gebied gestuur en 'n tydelike laboratorium ingerig om toetse te bespoedig.

Geen geneesmiddel
Daar is geen geneesmiddel vir die dodelike virus nie. Dokters kan net hul bes doen om pasiënte se lewe te probeer red deur hulle aan respirators te koppel en hul inwendige bloeding te probeer beheer. Nie dat daar baie respirators in hospitale in die oorloggeteisterde Angola is nie.

Die Marburg-virus is - soos die Ebola-virus - 'n Filoviridae -virus en is moontlik van die Afrika-groenaap afkomstig.

Volgens prof. Robert Swanepoel van die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes in Johannesburg is Marburg-koors net so dodelik soos die Ebola-koors.

Marburg-koors is die eerste keer in 1967 in die Duitse stad Marburg geïdentifiseer ná 'n uitbreking in Marburg, Frankfurt en Joego-Slawië. Die uitbreking het moontlik gevolg nadat 'n laboratoriumwerker aan die virus blootgestel is deur kontak met Afrika-groenape. Die groenape is uit Afrika ingevoer vir navorsing en om 'n polioentstof te berei. Die Marburg-virus word beskou as inheems aan Uganda, Wes-Kenia en Zimbabwe.

Die eerste simptome
Die eerste simptome van die virus verskyn gemiddeld binne vyf tot tien dae en kan aanvanklik met dié van malaria, geelkoors, maagkoors of griep verwar word. Die eerste simptome is koors, kouekoors, hoofpyn en spierpyne. Binne vyf dae ná die eerste simptome kan die persoon 'n uitslag op sy bors, maag en rug kry en daarna naarheid, braking, keelseer, longprobleme en diarree ontwikkel. Dan kan geelsug, pankreasontsteking, inwendige bloeding , breinbloeding en orgaanversaking volg.

Die virus word oorgedra deur kontak met liggaamsvloeistowwe soos bloed, sweet, speeksel en alle uitskeidings. Juis omdat die siekte in die beginstadium met ander siektes verwar kan word en omdat dit tot 21 dae kan duur voordat 'n mens die eerste simptome toon, is die kans op "onbewuste" oordrag groot. Dit is- presies soos in die geval van mnr. Elijah Nongqo (50) van Steynsburg gebeur het - moontlik om eers in Suid-Afrika siek te word en die virus onwetend na jou geliefdes oor te dra.

Die Suid-Afrikaanse owerheid beoog om lughawens te monitor om mense wat uit Angola na Suid-Afrika kom en moontlik die virus dra, betyds op te spoor.

As jy na Angola wil reis, veral na die noordelike dele van Angola en Luanda, is dit dalk wys om jou reis uit te stel.

En as jy steeds die gebied wil besoek -was jou hande gereeld, bly weg van enige siek mens of aap, en moet beslis nie die vleis van enige primaat eet nie.

(mhudson@health24.co.za, April 2005)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
   
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.