Advertisement
5 diet mistakes
Still fat? DietDoc identifies five of the most common diet mistakes people make.
A cancer we can beat
Cervical cancer kills 250 000 women every year. We can eliminate it. Why don't we?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Die Burger
Probiotika - iets vreemds is aan die broei
Last updated: 05 October 2005
Navorsers twyfel nie meer aan die goeie eienskappe van pro­biotika nie; dit kan jou weerstand teen siektes verhoog, jou gesonder hou, en selfs jou cholesterol verlaag. Oorgenoeg rede om jou inname van probiotika te verhoog.

 
Advertisement
Daar is egter ’n kinkel in die kabel.

Nuwe Suid-Afrikaanse navorsing toon nou dat die helfte van alle jogurt wat kamma bykomende probiotika bevat, glad nie die probiotika wat op die etiket aangedui is, bevat nie, of slegs klein hoeveelhede daarvan. Mense wat dus sogenaamde probiotika-belaaide jogurt eet vir al die goeie eienskappe van dié mikro-organismes, word aan hul neuse rondgelei. ’n Wilde jaagtog op Ratanga Junction se Cobra sou mens dalk verder kon bring in jou soeke na beter gesondheid.

Omstrede en emosiebelaaide onderwerp
’n Studie deur die Universiteit van Stellenbosch het pas getoon dat slegs 54,5% van alle jogurts inderdaad die probiotika bevat wat op die etiket aangedui word, het prof. Trevor Britz van die departement voedselwetenskap van die Universiteit van Stellenbosch bevestig.

Die studie het ook getoon dat slegs ’n derde van probiotika-pille (of –kapsules) wel die probiotika bevat wat hulle veronderstel is om te bevat.

Probiotika goed vir gesondheid
Min twyfel bestaan dat probiotika wel gesondheidsvoordele inhou. Van die wetenskaplik gegronde gesondheidsvoordele van probiotika is verbeterde weerstand teen siektes, beter beheer van laktose- intoleransie, beter beheer van cholesterol vlakke en beter beheer van ingewandsinfeksies.

Moeilik om aansprake te toets
Ingevolge Suid-Afrikaanse konsep-regulasies kan vervaardigers slegs op die etiket aandui dat ’n produk bykomende probiotika bevat indien “lewende organismes wat inheems in die mens se spysverteringskanaal voorkom” bygevoeg is.

Dit is noodsaaklik dat probiotika in voldoende hoeveelhede beskikbaar moet wees – meer as ’n miljoen kolonie-vormende eenhede per mF, ingevolge die regulasies – en wel aan die einde van die produk se raklewe. Indien dit nie die geval is nie, hou dit weinig voordele vir die verbruiker in.

Voorts stipuleer die konsep-regulasies dat probiotika die hele tog deur die spysverteringskanaal moet oorleef, nie deur maagsure, gal of ensieme vernietig mag word nie, aan die voeringlagie van die ingewande moet bind, kan vermeerder in die spysverteringskanaal en kolonies kan vorm, anti-mikrobes moet produseer wat siekteveroorsakende en skadelike bakterieë, virusse, swamme en gis kan beheer en vernietig, ’n rol moet speel in die vehoging van liggaamsweerstand teen siektes en geensins middel- of antibiotikaweerstandigheid mag aanhelp nie.

’n Toegevoegde probiotika moet aan dié streng voorskrifte voldoen, of die probiotika mag nie toegevoeg word nie. Dis reg of weg. Finis en klaar.

Tog maak verskeie vervaardigers aansprake dat hulle probiotika-produkte die “ingewande regplooi”, “fisieke energie gee”, “veroudering vertraag”, “die verstand opkikker” en “plooie verminder” – aansprake wat uiters moeilik is om wetenskaplik te bewys.

Moeilik om aan die regulasies te voldoen Buiten dié ongesubstansieerde aansprake, vind vervaardigers dit moeilik om aan die konsep regulasies te voldoen. In 1998 het ’n Suid-Afrikaanse studie aangetoon dat die probiotika L. acidophilus wel teen miljoen kolonievormende eenhede per mF teenwoordig is in drie verskillende handelsmerke gewone en gegeurde jogurt, maar dat die konsentrasie van probiotika B. bifidum te laag was.

’n Meer onlangse studie het getoon dat slegs vyf van nege probiotika-produkte die probiotika-effek het wat op die etikette aangetoon word, en dat slegs drie van die nege produkte in voldoende konsentrasies voorkom.

Nou het die nuwe Stellenbosse studie getoon dat slegs 55% van 11 suiwelprodukte wat ontleed is, wel die probiotika bevat wat op die etikette aangedui word, terwyl slegs 33% van probiotika-pille en –kapsules wat ontleed is, inderdaad die probiotika bevat wat op die etikette aangedui is.

Prof. Britz en sy span navorsers het ook gevind dat sommige Bifidobacterium Zspesies verkeerdelik op die produk-etikette geïdentifiseer is, en dat van die jogurts, pille en kapsules inderwaarheid mikro-organismes bevat wat nie op die etikette aangedui is nie. Sommige van dié onaangeduide mikro-organismes hou potensiële gesondheidsgevare in.

Die navorsers is dus met rede besorg oor die “algemene gebrek aan akkuraatheid in die identifisering en benaming van probiotika mikro-organismes op etikette van verskeie probiotika-bevattende produkte.”

Met opset of per ongeluk?
“My gevoel is dat vervaardigers nie met opset vals aansprake op die etikette aanbring nie,” sê prof. Britz.

Hy reken dat vervaardigers dit moeilik vind om maniere te vind om die probiotika in die spysverteringskanaal aan die lewe te hou, en ander tegniese probleme te oorbrug. “Dis nie altyd moontlik om die groeifaktore te beheer nie,” verduidelik Britz.

Per ongeluk of te nie: die publiek word mislei. Hulle kan nie staatmaak om die probiotika in te kry wat hulle meen hulle inkry nie.

Wat nou?
Probiotika is voordelig vir die mens, maar vervaardigers moet en kan meer doen om te te verseker dat probiotika-produkte aan die aansprake op die etikette en die konsep-regulasies voldoen, sê Britz.

Vervaardigers behoort gereeld rakleeftydstudies op hul produkte te doen, seker maak dat hulle die produkte byvoeg wat hulle sê hulle byvoeg, toets of die oganismes wel in elk van hul produkte oorleef en dubbel seker maak dat hul aansprake korrek is en aan die terme van die konsep-regulasies voldoen. Verbruikers moet beslis nie nou alle probiotikaZprodukte weggooi nie.

Die helfte van alle jogurt-probiotikaZprodukte bevat wel die probiotika wat op hul etikette aangedui is en ’n derde van alle probiotika-pille of kapsules. Ons sê net nie watter helfte en watter derde nie. Die navorsers mag ook nie sê nie, want dan gebruik die goeie ouens dit in hul advertensieveldtogte, en hulle mag nie.

Dit is dieselfde storie met die verbode anabo­liese steroïede wat by sportaanvullers gevoeg word sonder die geringste aanduiding op die etiket.

Dit is egter duidelik dat die vervaardigers hul sokkies moet optrek – in hul eie belang en in belang van die verbruiker.

Dit is ook hoog tyd dat die regering die konsepregulasies in wetgewing vervat. Solank dit slegs konsep regulasies bly, trek die verbruiker aan die kortste ent.

(cvrooy@health24.co.za en mhudson@health24.co.za, Augustus 2005)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Operations Manager
R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
Gauteng - East Rand
Financial Accountant: CA(SA)
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Key Account Manager
Gauteng
Java Developer-CT
Western Cape - Cape Town
Java Developer-Jozi
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Cost To Company Plus Benefits
Gauteng
Account Manager
R460,000-540,000 Per Annum Market Related Plus Benefits
South Africa
Case Manager
R210,000-220,000 Per Annum Negotiable
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.