Advertisement
The helper's high
Olivia Rose-Innes has won a Vodacom prize for online journalism. Read her winning story.
Bikers vs breast cancer
Women bikers will embark on a 2 000km journey - to promote breast cancer awareness.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Afrikaans - Die Burger
Dwelmmisbruik op skool neem vinnig toe
Last updated: 17 April 2001
Dwelmmisbruik onder kinders het die afgelope sewe jaar verdubbel en al hoe jonger kinders eksperimenteer met dwelms.

So sê Grant Jardine, bestuurder van die jeuguitreikprogram by die Kaapstadse Dwelmvoorligtingsentrum waar hulle jaarliks tot 900 mense behandel.

 
Advertisement
Volgens Mnr. Jardine het tussen ‘n derde en ‘n helfte van seuns voor Graad 11 al onwettige dwelms gebruik. Die meeste van hulle het voor die ouderdom van dertien reeds begin om te eksperimenteer.

“Dit is ‘n groot bekommernis,” sê Mnr. Jardine. “As kinders op ‘n vroeë ouderdom begin, is die kanse dat hulle verslaaf sal word, baie groter.”

Die mees algemene dwelms wat gebruik word, is alkohol, dagga, mandrax, “crack”, kokaïne en heroine.

Ongelukkig is daar niks wat ouers kan doen om te verhoed dat hulle kinders aan dwelms blootgestel word nie. Dwelmmisbruik kom in alle skole voor en alle kinders sal op een of ander stadium moet besluit of hulle met dwelms gaan eksperimenteer of nie.

Hoe beskerm ek my kind teen dwelms?
Volgens Mnr. Jardine kan ouers hulle kinders voorberei vir die dag wat hulle hierdie besluit moet neem.

Hy gee die volgende riglyne:
  • Lig eerstens jouself in oor dwelms. Dit sluit die beskikbaarheid, voorkoms en nagevolge in.
  • Bespreek dwelms met jou kind.
  • Luister na jou kind en moenie moraliseer of preek nie.
  • Moenie bangmaakstories vertel nie. Dit werk nie.
  • Probeer om die situasie van sy/haar kant te verstaan.

Hoe kan ek ‘n dwelmprobleem identifiseer?
As jou kind dwelms gebruik, is daar ‘n verandering in sy algehele gedrag. Moenie paniekerig raak as jou kind net een of twee kenmerke toon nie.

Kyk uit vir die volgende tekens:
  • Tekens van bybehore wat gebruik word vir dwelmgebruik. Dit sluit in gebreekte bottelnekke, gebrande lepels, lemmetjies en foelie.
  • Rooi oë en/of vlekke op hande
  • Skielike gewigsverlies of toename
  • Sleeptong praat
  • Onsamehangende gesprekke en vinnige verandering van een onderwerp na die ander
  • Verlies van belangstelling in en genot van dinge wat hy voorheen geniet het
  • Verandering van kleredrag en vriende
  • Swakker prestasie op skool.

Ilse Terblanche, Health24


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Senior Manager:Human Capital Operations
R26,000-47,000 Per Month Cost To Company
South Africa
Accountant
R170,000-200,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Property Analyst
R20,000-25,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - West Rand
Senior Financial Analyst
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Project manager
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Senior Designer - Horizons Inflight Magazine
Western Cape - Cape Town
Internal SAP DBM Consultant
Gauteng - Johannesburg
TREASURY ACCOUNTANT
Gauteng - Johannesburg
Previous Next
Afrikaans menu
About Afrikaans
Die Burger
Dieet
Fiksheid
Jou Hart
Kindergesondheid
Mediese sake
Noodhulp
Nuwe verwikkelinge
Sielkunde
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres

 

© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.