Advertisement
The real killer of our time?
Quick: what causes heart disease, diabetes and cancer? It may be inflammation.
The truth about HRT
So, is hormone replacement therapy a good idea, or not? Get some good news right here.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Travel Health - Africa travel
Kongokoors: Baie vee in SA besmet
Last updated: Tuesday, January 18, 2005
Baie beeste, skape, volstruise, patryse, wildsbokke en ander diere in Suid-Afrika is besmet met die Kongokoors-virus. Die besmette diere hou egter slegs tussen die derde en die swende dag na besmetting ‘n gevaar vir mense in. Alle mense wat diere slag, moet hiervan bewus wees.

 
Advertisement
Kongokoors, ook bekend as Krim Kongo hemoragiese koors, bring beelde van ernstige koors- en bloedingsiektes soos Groen Aap (Marburg-koors), Lassakoors, Slenkdalkoors, Denguekoors, Ebola en ander siektes uit Donker Afrika wat hoogs aansteeklik is, en só dramaties en vinnig die lewens van slagoffers eis dat Hollywood se filmbase rillers daaroor maak.

Die Hyalomma-bosluis (die bontpootbosluis-genus wat as vektor en draer van die Kong koorsvirus optree) kom in Afrika, Oos-Europa en Asië voor. Kongokoors is die eerste keer in 1945 op die Krim skiereiland aan die Swart See geïsoleer.

Die eerste Afrika-geval is in 1958 in Zaïre gediagnoseer en die eerste Suid-Afrikaanse geval in 1981 toe ‘n seun van Bloemhof die siekte opgedoen het, hoewel die virus moontlik reeds jare in Suid-Afrika gevestig is. Meer as 123 gevalle is sedertdien reg oor Suid-Afrika gediagnoseer, onder meer van pasiënte van Kimberley, Darling, Oudtshoorn en Murraysburg. Sowat 22 % van die gevalle het gesterf.

Simptome:

  1. Binne sewe tot twaalf dae (die inkubasietyd) ná die bosluisbyt of bloedkontak, verskyn die eerste simptome - skielike hoofpyn, koors, spier- en gewrigspyn en naarheid - wat byna soos erge griepsimptome voorkom. Sommige pasiënte kla veral van erge hoofpyn, keelseer en “lam” en seer arms en bene.
  2. Op die vierde dag van siekte begin die pasiënt se neus bloei.
  3. Daarna volg bloedbraking, bloed in die stoelgang en ‘n fyn rooi uitslag en klein bloedings oor die hele .
  4. As die pasiënt nie behandeling kry nie, of die siekte is te ernstig, volg ernstige interne bloeding binne-in en vanuit organe soos die brein en lewer, stort die bloedvatstelsel ineen sodat bloed vrylik deur die bloedvatwande in die liggaam in vloei, en volg hartstilstand en die dood.
Die Kongokoors-virus

Die Kongokoors-virus is een van die Arbo-groep virusse wat bloedingsiektes by die mens veroorsaak.

Die virusse word oogedra deur insekte soos muskiete of bosluise. Arbo-virusse besmet voëls, ape en kleiner soogdiere.

Arbovirusse veroorsaak gewoonlik ligte infeksies by die mens, buiten vir uitsonderings soos slenkdal- en Denguekoors, wat nie met bloedings gepaard gaan nie, en die bloedingsiekte Kongokoors.

Hoe doen ‘n mens Kongokoors op?

‘n Mens kan Kongokoors op vier maniere opdoen:

  1. As ‘n besmette bontpootbosluis jou byt;
  2. as jy ‘n besmette bosluis tussen jou vingers dooddruk en die virus gaan deur ‘n stukkende plek op jou hand jou liggaam binne;
  3. as jy (tydens die slagproses, onthoring of kastrering) in aanraking kom met die bloed van sommige soogdiere en grondvoëlspesies binne drie tot sewe dae nadat hulle deur ‘n besmette bontpootbosluis gebyt is;
  4. of deur wondkontak met die bloed, weefsel of uitskeidings van ‘n Kongokoors-pasiënt.

Die bontpootbosluis en Kongokoors

Drie Hyalommaspesies (die gladde, die groot en die vaal bontpootbosluisspesies) is die biologiese gashere of vektore van die Kongokoors-virus.

Die bosluise word draers van die virus deur:

  1. die bloed van ‘n besmette dier te suig (larwes en nimfe voed by voorkeur op grondvoëls en volwassenes veral op groter soogdiere);
  2. of deur dit van hul bosluis-moeders te erf.

Beeste, skape, wildsbokke, volstruise en ander

Juis die feit dat slegs “jong” bosluise die mens as gasheer byt, en dat volwasse bosluise nie die mens as gasheer verkies nie, verklaar waarom nie baie meer gevalle van Kongokoors in die land voorkom nie.

Die voorkoms van besmette bosluise en vee is hoog, maar die voorkoms van Kongokoors in mense baie laag relatief tot dié hoë getal besmette bosluise, volgens prof. Bob Swanepoel van die Nasionale Instituut vir Virologie in Gauteng.

Die besmette bosluise toon geen simptome van die infeksie nie en die res van hul lewens besmettingsbronne.

Díe bosluise dra die virus oor aan alllerlei soogdiere, grondvoëls soos volstruise, tarentale, patryse en die mens. Soogdiere wat die Kongokoors-virus kan dra, maar gesond lyk, is beeste, skape, mak bokke, wildsbokke, perde, sebras, hase en muise.

Die soogdiere raak slegs besmet as ‘n besmette bontpootbosluis hom byt. Die virus kom in die speeksel van die bosluis voor.

Die oorgedraagde virus kom egter slegs vir drie tot sewe dae in die bloed van dié voëls en soogdiere voor omdat die immuniteitstelsel van dié diere in staat is om die virusse in dié tydperk tot niet te maak.

Geïnfekteerde voëls en soogdiere is slegs vir ‘n baie kort tydjie besmettingsbronne waaruit bosluise en soms die mens hulle infeksies kan opdoen.

Kan ‘n slagoffer gered word?

Die Kongokoors-virus vernietig die bloedplaatjies, sodat die bloed nie meer maklik stol nie, en meer vloeibaar word.

Kongokoors kan in die laboratorium bevestig word deur spesifieke IgM-teenliggaamtoetse. Die virus self kan binne een tot ses dae in die laboratorium gekweek word, en met nuwe polemerase kettingreaksie toetse (PCR) kan die diagnose nog vinniger by die NIV bevestig word.

Die pasiënt moet so gou moontlik intensiewe sorg in ‘n isolasie-eenheid ontvang. Groot hoeveelhede bloedplaatjies moet dikwels in pasiënte oorgetap word.

Indien teenliggame of immunplasma teen die Kongokoors-virus op die regte tyd en in die regte hoeveelheid aan die pasiënt toegedien word, kan sommige pasiënte gered word.

Baie pasiënte herstel self indien die virus-dosis wat hy ingekry het, laag was.

Geen entstof bestaan teen dié dodelike siekte nie.

Inligting

  1. Prof. Bob Swanepoel, die Nasionale Instituut vir Virologie: tel (011) 321-4200;
  2. Die Virologie Departement van die US Fakulteit vir Gesondheidswetenskappe en die Tygerberg Hospitaal: tel (021) 938-9353.


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Senior Secretary
Gauteng - North/Sandton
Infrastructure Resource
Gauteng - Johannesburg
Management Accountant
R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R350,000-400,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial and Project Accountant
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Accountant
R380,000-420,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
SSIS Business Intelligence Specialists (SSIS; SSAS)
R350,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Financial Accountant
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - South
  Next
Travel Health menu
About Travel Health
Africa travel
Air Travel
Diet and travel
Diseases in the developing world
Driving
Global outbreaks
Health tips
Real life story
Travel & anthrax
Travel and ...
Travel insurance
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement


© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.