Advertisement
You and your toothbrush
Is your toothbrush electric, plastic or past it? See what it says about you.
Sunday evening blues?
Here's how to deal with those Sunday night feelings of depression.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

HIV/Aids - Afrikaans
Vigswesies - en hoe hulle gou grootmens moes word
Created: Thursday, October 18, 2001
Op die oog af lyk Eric* van Philippi soos die meeste ander sewentienjariges uit arm huishoudings. Hy's van middelmatige grootte, met effe te groot klere en 'n windskeef pet. Kyk jy fyn, sien jy egter die groot skurwe hande - soos dié van iemand wat van hulle afhanklik is vir sy daaglikse brood - en die té maer lyf. Sy oë staar soos dié van 'n ou man.

 
Advertisement
Die klein sinkhuisie waar hy alleen saam met sy dertienjarige broer, Zonke*, en suster Akhona* (15) woon, is netjies, met slegs die héél nodigste meubels. Die koskaste is dolleeg en die verroeste motor buite die huis het jare laas gery. 

Dié gesinnetjie van drie - wat nie hul regte name wou bekend maak nie uit vrees vir die stigma wat aan mense met die MI-virus kleef - is een van die groeiende aantal huishoudings met 'n kind aan die hoof in die Wes-Kaap. Eric-hulle was gelukkig om sonder die virus in die wêreld te kom. Maar soms wonder hulle of hulle werklik so gelukkig was . . . 

Hul ma, Doli*, het in Januarie vanjaar gesterf. Hul pa, 'n langafstand-vragmotorbestuurder, is in 1997 oorlede. 

Al was sy lank siek, het Eric eers op 28 Januarie besef wat die oorsaak van sy ma se dood is toe hy haar doodsertifikaat sien. Daarop is die inskrywing "natuurlike oorsake" by "oorsaak van dood". Eers toe hy die dokter daarna vra, het dié sy vermoede bevestig. Sy ma het weens vigs gesterf. "Die dokters skryf maar altyd iets anders, omdat die versekering andersins nie uitbetaal nie," sê hy. 

Volgens Eric het sy ma reeds in 1994 siek geword. Die laaste twee jaar voor haar dood was sy pal in en uit by die hospitaal. "Soms kon jy haar in die badkamer met God hoor praat. Sy het hom gevra wat sy gedoen het dat sy so moet ly. Ek weet nóú sy het my pa erg kwalik geneem. My pa het báie girlfriends gehad op báie verskillende plekke." 

Akhona, die enigste van die kinders met wie Doli oor haar toestand gepraat het, moes reeds van agtjarige ouderdom vir die hele gesin kook omdat haar ma te siek was. Wanneer sy nie op skool was nie, moes sy haar ma versorg. Ná Doli se dood moet hulle geheel en al na hulself omsien. Die meeste van die R800 "goi-goi"-geld wat die mense van die straat ná haar dood vir hulle gegee het as begrafnisbydraes, moes hulle gebruik om haar skuld te delg. Eric moes die skoolbanke los om te gaan werk soek. Skielik was hy "mamma", "pappa", "boetie" én enigste broodwinner.

 Tot dusver is sy enigste vaste werk egter om by verkeersligte mense se karruite te was en af en toe tuinwerk te doen. Die meeste van die tyd is daar nie geld vir kos nie, en moet die kinders by vriende bedel. Die huur is jare laas betaal en Eric kan net krag koop as hy die dag 'n lonende werkie gehad het. 

Volgens die skamerige Akhona, wat ondanks alles uitstekend presteer op skool, kon nie een van die kinders nog sedert hul ma se dood hul skoolgeld betaal nie. "Somtyds bly ek van die skool weg omdat die juffrouens my heeltyd geld vra," sê sy met neergeslane oë. "As ek vir hulle verduidelik dat ons nie geld het nie, dan sê hulle ek moet die geld gaan soek." 

Die regeringstoelae wat Doli gekry het, is met haar dood gestaak - en dus was die gesin se vernaamste bron van inkomste daarmee heen. Maar vir Eric is die ergste dat die maatskaplike werkers, wat gedurende hul ma se siekte 'n paar keer besoek afgelê het, ook nou ophou kom het. 

"Vandat my ma weg is, was hulle nog nie een keer hier nie. Hulle het nog niks vir ons gedoen nie. Dit lyk nie asof die regering enigsins omgee vir die weeskinders nie," sê hy bitter. "Ons is alleen in die wêreld." 

Terwyl Eric praat, sit Zonke en Akhona in 'n klein bondeltjie op die rusbank. Trane drup-drup oor Akhona se wange en Zonke staar skamerig na die vloer. 

Wanneer ons afskeid neem, is dit met 'n gevoel van magteloosheid en totale radeloosheid. 

"Ek het al so baie dinge in die lewe geleer. Maar niemand het my nog ooit geleer hoe om van die hartseer ontslae te raak nie," sê Eric terwyl hy sy suster styf in sy arms hou. 

Volgens me. Sonja Giese van die Universiteit van Kaapstad se Kinderinstituut word die soort huishouding waarvan Eric die hoof is nog nie goed verstaan in Suid-Afrika nie. 

"Sulke huishoudings sal egter gou skrikwekkend toeneem - omdat die ondersteuningsnetwerk wat tevore deur die uitgebreide familie en die gemeenskap gevorm is, nou haas uitgeput is. 

"Al hoe meer kinders wat deur die virus wees gelaat is, word weggewys deur hul familie. Ander word deur oumas en oumagrootjies versorg wat, nes die ouers, sterf terwyl die kinders nog jonk is." 

Baie van die kinders wat na hulself moet omsien, ly honger, en het beperkte toegang tot onderwys, en gesondheid- en welsyndienste. Ouer kinders word dikwels uitgebuit en gedwing om kinderarbeid te verrig, te bedel of selfs hul liggame op straat te verkoop. 

Baie van die kinders word van hul huise verjaag deur familielede of hulle kan nie langer daar bly nie omdat hulle nie die huur kan betaal nie. Geen voorsiening is tot dusver deur die regering gemaak vir behuisingsubsidies vir kinders nie. 

Kinders sonder ouers of voogde het ook nie toegang tot regeringstoelaes nie. Die sielkundige impak daarvan om die lyding en dood van albei ouers te aanskou is onbeskryflik. Vir baie kinders word die vrees van 'n ouer te verloor vertienvoudig omdat hulle nie weet wat ná hul ouers se dood van hulle gaan word nie. 

Volgens Giese gaan die behoeftes van die stygende getal vigswesies 'n reuse-impak op die reeds struikelende welsyn- en gesondheidsdienste in Suid-Afrika hê. Meer kinders sal in uiterste armoede leef, en al hoe meer MIV-positiewe kinders sal heeltydse sorg verg. Die aantal kinders in gemeenskappe wat vatbaar is vir mishandeling en verwerping sal die hoogte inskiet. 

Selfs met die volskaalse steun van gemeenskappe en nie-regeringsorganisasies, sal die versorging van vigswesies 'n onhoudbare las plaas op die staat se hulpbronne. 

Tog, sê Giese, word in bestaande wetgewing geen voorsiening gemaak vir die verwoestende uitwerking van dié wesies op die ekonomie nie. Tans word die staat se kindertoelaes aan die ouers van kinders onder sewe gestaak wanneer die ouer sterf. Die staat mik om teen 2003 sowat 3 miljoen arm kinders met dié toelaes te bereik. Die impak van vigs word egter glad nie hier in berekening gebring nie. 

Nog 'n probleem is dat dié toelae vir hoogstens ses kinders per huishouding is. Geen staatshulp word dus aan die duisende families en grootouers wat soms tot twintig kinders moet versorg, gegee nie. 

Die huidige pleegsorgtoelae van R410 per maand is beskikbaar aan kinders wat deur 'n kinderhof onder pleegsorg geplaas is. Tans is daar 72 000 kinders onder pleegsorg. Weens die uitwerking van vigs sal die aantal kinders wat pleegsorg benodig drievoudig toeneem. Die regering se begrotingsbeplanning is egter daarop gegrond dat versorgers van vigswesies nie om pleegsorg sal aansoek doen nie. 

Die ongeskiktheidstoelae van R570 per maand is vir kinders met erge gestremdhede, maar slegs 'n handjievol kinders in die finale stadia van vigs het al toegang tot dié toelae gekry. Daar bestaan geen beleid om aan dokters leiding te gee óf en wanneer MIV-positiewe kinders hierdie toelae mag kry nie. 

Volgens Giese word die Wet op Maatskaplike Hulpverlening en die Kindersorgwet tans herskryf met die oog op die uitwerking van vigs.

 "Die denkwyse om die versorging van weeskinders sal egter heeltemal moet verander," sê sy. Welsynwerkers sal moet afsien van persoonlike kontak met weeskinders, en die gemeenskap sal self al hoe meer verantwoordelikheid moet neem. Selfs dokters sal moet afsien daarvan om mense gesond te maak. In plaas daarvan sal hulle die rol van sieketrooster moet vervul. 

"Die regering sal moet voorsiening maak vir behuisingsubsidies vir jonger kinders en minderjariges sal in staat gestel moet word om self ook om toelaes te kan aansoek doen (sonder die hulp van volwassenes). "Ons staan by 'n keerpunt in die geskiedenis van Suid-Afrika. Ons optrede of ons apatie sal die toekomstige groei en ontwikkeling van ons volk bepaal," sê sy. 

*Nie die regte name nie.

 


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Financial Manager
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer (Chartered Accountant)
R1000,000-1500,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Tax Consultant (Chartered Accountant) AA preferably
R300,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Western Cape - Cape Town
Financial Manager/Financial Operations (Chartered Accountant)
R380,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Training Specialist
R250,000-320,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - East Rand
CFO
Gauteng
Human Resources Manager
R420,000-540,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer
R900,000-901,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
  Next
HIV/Aids menu
About HIV/Aids
Afrikaans
Basic disease information
Counselling
Different political stances
Disease prevention
Fitness & HIV
HIV & ...
HIV in the body
HIV+, what now?
Legal issues
Management of HIV/Aids
Nutrition and Aids
Real life story
Symptoms & Diseases associated
Testing
The caregiver
The South African culture
Transmission of HIV
When Aids sets in
Women & HIV
XVI International Aids Conference
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres


© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.