Advertisement
The helper's high
Olivia Rose-Innes has won a Vodacom prize for online journalism. Read her winning story.
Bikers vs breast cancer
Women bikers will embark on a 2 000km journey - to promote breast cancer awareness.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

HIV/Aids - Afrikaans
Vigsskok wag op landbou
Last updated: Friday, July 15, 2005
Vigs gaan in die volgende 25 jaar 'n dramatiese uitwerking op die Suid-Afrikaanse landbou hê. Kommersiële landbougebiede kan ontvolk; reeds teen 2010 kan vigsverwante sterftes in die landbou vyf keer meer as normale sterftes wees en teen 2025 behoort die Suid-Afrikaanse bevolking nie meer te groei nie.

 
Advertisement
Dié skokkende boodskap is op die jaarlikse kongres van Graan SA hier aan die land se graanboere gebring. In 'n lywige verslag oor die volhoubaarheid van graanproduksie in Suid-Afrika wat op die kongres bekend gestel is, sê prof. Lawrence Schlemmer, bekende marknavorser, die Vrystaatse bevolking behoort in die volgende 25 jaar weens veral vigs met 70% te daal. Dit is die hoogste verwagte daling van al die land se streke, 'n volle 6% hoër as die Boland se naasmeeste verwagte bevolkingsafname van 64%. Landelike bevolkings in Gauteng, Noord- en Wes-Kaap gaan ook aansienlik verminder.

Hy sê die uitwerking van vigs op Suid-Afrika in sy geheel gaan rampspoedig wees.

Die verwagte patroon is dat bevolkings in die kommersiële landbougebiede aansienlik gaan afneem, maar dat getalle in tradisionele stamgebiede binne pendelafstand van ontwikkelde gebiede minder sal afneem of selfs sal toeneem.

Schlemmer meen daar is 'n baie sterk moontlikheid dat die kommersiële landbougebiede kan ontvolk.

Dit sal egter nie 'n vreemde verskynsel wees nie, omdat dit in die meeste lande met 'n moderne landbousektor reeds gebeur het.

Hy voorspel dat die land se bevolkinggroeikoers teen 2025 gaan stilstaan en ná 2015 bykans nie meer gaan styg nie. Die Suid-Afrikaanse bevolking behoort teen 2015 sowat 48,3 miljoen sterk te wees en teen 2025 sowat 48,9 miljoen.

Hy haal Christina Quattek van ING Barings Bank aan wat beraam dat plaasarbeid in Suid-Afrika teen 2005 'n MIV/vigs-besmettingkoers van 23% sal toon. Sy verwag 2,4 vigsverwante sterftes per 100 plaaswerkers teen 2010. Dit beteken 489 vigssterftes vir elke 100 normale sterftes in dié sektor teen 2010.

Volgens Quattek gaan die totale Suid-Afrikaanse arbeidsmag teen 2005 weens vigs sowat 6,2% kleiner wees, teen 2010 sowat 12,8% kleiner en teen 2015 sowat 18% kleiner.

Dr. Jan du Plessis, bekende politieke ontleder, het op die kongres gesê die vigs-epidemie het nou die vermoë om Suid-Afrika te vernietig.

Teen 2025 sal Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting weens vigs van 70 tot 35 jaar krimp.

"Weet u hoeveel mense moet doodgaan om dit reg te kry? Dit is verskriklik."

Schlemmer het goeie nuus ook gehad: Danksy die verwagte matige styging in die landbou se bruto geografiese produk (BGP) in die Vrystaat en die verwagte afname in die bevolking, sal die landbou-BGP per capita van R3 042 in 1995 tot tussen R10 889 en R12 235 teen 2025 groei. Dit sal beteken die Vrystaat kan oor 20 jaar op die breë maatskaplik-ekonomiese vlak van Wes-Kaap wees. - Die Volksblad


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Senior Manager:Human Capital Operations
R26,000-47,000 Per Month Cost To Company
South Africa
Accountant
R170,000-200,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Property Analyst
R20,000-25,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - West Rand
Senior Financial Analyst
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Project manager
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Senior Designer - Horizons Inflight Magazine
Western Cape - Cape Town
Internal SAP DBM Consultant
Gauteng - Johannesburg
TREASURY ACCOUNTANT
Gauteng - Johannesburg
Previous  
HIV/Aids menu
About HIV/Aids
Afrikaans
Basic disease information
Counselling
Different political stances
Disease prevention
Fitness & HIV
HIV & ...
HIV in the body
HIV+, what now?
Legal issues
Management of HIV/Aids
Nutrition and Aids
Real life story
Symptoms & Diseases associated
Testing
The caregiver
The South African culture
Transmission of HIV
When Aids sets in
Women & HIV
XVI International Aids Conference
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres


© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.