Shuttleworth: Dag 5: Hy oefen om spierverlies te beperk
Last updated: Friday, May 04, 2007
Shuttleworth: Dag 5: Hy oefen om spierverlies te beperk
s
Wat gebeur vandag – Maandag, die vyfde dag - met Mark Shuttleworth se liggaam by zero swaartekrag in die ruimte?
link">Lees meer oor balans in die ruimte in Health24 se Body in Space reeks.
Advertisement
Liggaamsvog: ‘n vyfde minder Sy liggaam funksioneer nou “ruimte-normaal” op slegs 80 persent die volume van van sy “aarde-normale” totale liggaamsvog. Sy niere het aangepas, en hy voel goed. Hy is nie juis dors nie, en urineer nie juis baie nie.
Net 80 % van sy rooi- en witbloedselle oor Hy funksioneer nou ook op sowat 80 persent van sy “aarde-normale” volume rooi-
en witbloedselle. Dié veranderings pla hom nie juis in die ruimte nie.
Immuniteitstelsel aan't
verswak Die ruimtevaarders se immuniteitstelsel is reeds swakker. Hulle moet baie higienies optree om seker te maak hulle word nie siek nie. Die risiko word daagliks groter. Hart nou ‘n derde kleiner Shuttleworth se hart is nou waarskynlik reeds ‘n derde kleiner as voor die lansering. Maar die klein hart is “ruimte-normaal” en klop teen gewone hartspoed omdat dit kleiner bloedvolumes hanteer. Omdat sy beenspiere minder gebruik word, is sy hart se werk-las ook ligter. Hy oefen minstens twee en half uur per dag om te verseker dat sy hart nie verder krimp nie.
Die
ruimtevaarder voel nie siek weens sy vergrote hart nie.
Verloor Beenmassa Die verswakking van die skelet duur voort. Mark oefen twee en half uur per dag om die been- en
spierverlies te beperk. Hy moet “vasgeanker” word om te kan oefen, anders vlieg
hy met die geringste beweging deur die hele tuig.
Verloor spiermassa Ruimtevaarders kan selfs op kort
sendings 10 tot 20 persent van hulle spiermassa verloor. Die grootste verlies
aan spiermassa is in die rug- en kuitspiere.
Emosionele uitwerking
Die beknoptheid van 19 vierkante meter in die tuig en die spanning weens die groot gevaarsituasie kan nou stadigaan probleme begin veroorsaak.
Interne horlosie
Ruimtevaarders slaap sowat 6 ure per dag. Die tuig wentel elke 90 minute om die aarde, en hulle leef in siklusse van 45 minte lig, 45 minute donkerte. Byna die helfte van alle medikasie wat ruimtemanne neem, is om te help om te slaap. Hulle kan begin moeg voel indien hulle nie genoeg slaap nie.
Bookmark with:
What are social bookmarks?