Wat gebeur vandag – die derde dag in die ruimte - met Mark Shuttleworth se liggaam by zero swaartekrag in die ruimte?
Ruimtesiekte Met die ruimtetuig buite die aantrekkingskrag van die aarde, dryf die ruimtevaarders in die tuig, loop hulle skuins teen mure en onderstebo teen die dak loop. Hulle kan baie swaar gewigte met die punte van hulle vingers oplig.
Advertisement
Die liggaam was die eerste twee dae baie verward en het nie geweet wat is onder en bo nie. Die brein en balansorgane in die binne-oor pas nou vinnig aan en die gevoel van naarheid en duiseligheid is reeds heelwat minder.
Liggaamsvog: steeds pofgesig Weens zero swaartekrag, sak die liggaamsvloeistowwe nie af na die voete nie,
maar versamel in die kop en borskas. Die ruimtevaarders se gesigte was die eerste twee dae erg pofferig en geswel, en hul neuse en sinusse geblok – asof hulle verkoue
het.
Die niere probeer nou om van die pofferigheid ontslae te raak, deur die niere toe te laat om groot hoeveelhede vog te begin uitskei. Hulle word ook minder dors en drink minder vog.
Die geweldige uitskeiding van liters vog in die vom van urine laat die pofgesig sak, maar in die proses verloor die liggaam soveel vog dat die liggaam se totale vogvolume (en dus ook ‘n kleiner totale bloedvolume) krimp. Die effekte van die geweldige urinering word nou stadig waarneembaar in die liggaam: die daling in die vogvolume.
Verloor rooi- en
witbloedselle Weens die groot vogverlies, verloor die ruimtevaarders ook bloedvolume, insluitende rooi- en witbloedselle. Dié veranderings pla hulle nie juis in die ruimte nie.
>
Hartvergroting stabiliseer Die aanvanklike
groter volume vog en bloed in die boonste deel van die lyf, het die hart die eerste twee dae laat vergroot en stadiger laat klop. Teen sowat die derde dag verander die hart se grootte weereens.
Sodra die bloedvolume daal – binne 2 – 3 dae - krimp die hart spoedig met tot ‘n derde. Die ruimtevaarder se hartklop word weer effe vinniger en stabiliseer op min of meer die hartspoed vóór lansering.
In die gewiglose ruimte gebruik die ruimtevaarder min sy beenspiere, en die hart hoef dus nie so hart te werk soos op aarde nie. Ruimtevaarders doen doelbewus soveel oefening moontlik om die hartkrimping tot die minimum te beperk.
Die ruimtevaarders voel nie siek weens hul vergrote harte nie. Hulle voel normal is nie bewus van hul krimpende hart nie. Dit is “ruimte-normaal”.
Immuniteitstelsel aan't
verswak Ruimtevaarders se immuniteitstelsel funksioneer anders in
die ruimte as op aarde. Die liggaam se T-“vegter” selle vermeerder stadiger, en
is baie ondoeltreffender, en dié proses beteken ‘n verswakte immuniteitstelsel
en swakker weerstand teen siektes. Die drie ruimtevaarders se speeksel bevat
moontlik elke dag meer en meer virusse en bakteriee.
Verloor Beenmassa Die verswakking van die skelet het reeds op die eerste dag begin en
duur voort. Verswakking van die skelet is ‘n ernstige newe-effek van reis in die
ruimte.
‘n Ruimtevaarder kan tot 1 persent van sy beenstruktuur
per maand en ook beenspiermassa in die ruimte verloor.
Mark oefen twee en half uur per dag om die been- en
spierverlies te beperk. Hy moet “vasgeanker” word om te kan oefen, anders vlieg
hy met die geringste beweging deur die hele tuig.
Verloor spiermassa Ruimtevaarders kan selfs op kort
sendings 10 tot 20 persent van hulle spiermassa verloor. Die grootste verlies
aan spiermassa is in die rug- en kuitspiere.
Verlies aan eetlus Byna alle
ruimtevaardes ondervind weens die vogverkuiwings en –verlies, en
ruimte-bewegingsiekte, ‘n gebrek aan eetlus. Hulle voel waarskynlik steeds glad nie
honger nie, maar moet die voorbereide kos eet om voedingstowwe in te neem.
Bookmark with:
What are social bookmarks?